Verergerende korrupsie ‘net publiek se persepsie’
Afrobarometer se jongste opname toon dat twee derdes van Namibiërs sê korrupsie in die land word erger, hoewel hierdie mening die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het. Die meeste landsburger burgers sê die regering doen nie goeie werk in die bekamping daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Noa, die direkteur-generaal van die […]
Vyf noordelike streke kry 20 boorgate
Die omgewingsake-ministerie het 20 boorgate in die noordelike streke aan die landbou en water-ministerie oorhandig. Die boorgate is vir 14 miljoen Namibiese dollar in die Omusati, Ohangwena, Kavango-Wes, Kunene en Zambezi-streke geboor en geïnstalleer. Dit sal toegang tot drinkwater verskaf aan byna 7 000 mense, 805 huishoudings en 34 289 stuks vee, en in die […]
Ongwediva se behuisingswaglys het 4 901 name op
Die uitvoerende hoof van die Ongwediva-dorpsraad, Damian Egumbo, het onthul dat daar 4 901 mense op die dorp se behuisingswaglys is. Hy sê 3 040 van die aansoekers is in die lae-inkomste kategorie, 1 628 in die hoë-inkomste kategorie en 233 in die middel-inkomste kategorie. Die dorpsraad het 13 hektaar grond aan Development Workshop Namibia […]
Knopvelsiekte in Okakarara-area aangemeld
Die Direktoraat Veeartsenydienste maan beesboere om hul vee teen knopvelsiekte in te ent, nadat gevalle in die Otjituuo en Okamatapati areas naby Okakarara in die Otjozondjupa-streek aangemeld is. Agt beeste in verskillende dorpies het die siekte onder lede. Dit is ‘n virus wat beeste aantas en word oorgedra deur bloedvoedende insekte. Die direktoraat het beheermaatreëls […]
18-jarige in hegtenis na jong kinders se moorde
Die polisie in Mpumalanga het die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza in ‘n vlak graf in Pienaar gevind. Die woordvoerder, Donald Mdhluli, sê sy is vroeër die week as vermis aangemeld. Intussen is ‘n 18-jarige seun in hegtenis geneem in verband met die moord op die meisie en ook dié op die sesjarige Junior […]
Verandering begin dadelik: Starmer
Met net twee distrikte se verkiesingsuitslae nog uitstaande, het Brittanje se Arbeidersparty ‘n weghol-oorwinning behaal met 412 setels. Die Konserwatiewe Party, wat 14 jaar aan bewind was, het net 121 setels gewen. Die Arbeiders se Keir Starmer het reeds die leisels oorgeneem as die nuwe eerste minister. Hy het sy eerste toespraak in hierdie hoedanigheid […]
Samoa verras Italië in Apia
Rugby: Samoa het Italië verras en die besoekers met 33-25 in Apia gewen, aan die begin van ‘n naweek propvol toetse. Die eilandbewoners het ‘n agterstand van 10-punte ingehaal en vier drieë aangeteken teenoor die Azzurri se drie. Italië was vooraf die gunstelinge nadat hulle gedurende die Ses Nasies met Wallis en Skotland afgereken het. […]
Nanso vereis van lede om as kiesers te registreer
Met die verkiesing op pad en kiesersregistrasie wat tans aan die gang is, noop dit jeug-organisasies om die jeug te motiveer om te registreer. Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president, Lucia Ndishishi, het aangekondig dat dit ‘n vereiste vir jong mense wat lede is van die organisasie om te registreer. Sy het die aankondiging […]
Johannesburg skop vas oor krag-heffing
Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, hou vol die nuwe 200 Suid-Afrikaanse rand-heffing op elektrisiteit sal bly ten spyte van enorme teenkanting van die publiek. Die heffing kom by die 12,72-persent tariefverhoging wat ook hierdie maand in werking tree. Gwamanda sê die nuwe elektrisiteitsheffing is ʼn noodsaaklike ingryping om regverdigheid en gelykheid in die stad se […]
Biden gaan weer probeer in ABC News-onderhoud
Amerikaanse president Joe Biden gaan deelneem aan ‘n televisie-onderhoud wat fyn dopgehou sal word vir tekens of sy geestesskerpte misluk. Biden sal na Madison, Wisconsin, reis om demokratiese kiesers byeen te bring. Tydens die reis sal ABC News ‘n onderhoud met hom voer. Dit vorm deel van ‘n vlaag van gebeure oor die volgende week […]