Punjab klop Eagles, loop 2-0 voor

Punjab het die Richelieu Eagles met 87 lopies op die Wanderers-veld geklop om ‘n 2-0 voorsprong in die Castle Lite-eendagreeks op te bou. Punjab was 256 almal uit en het Namibië tot 169 almal uit beperk. Die aanvangskolwer, Mann Pukhraj, het met 73 lopies van 103 balle die toon aangegee vir Punjab se oorwinning. Die […]

Read More

Namibië Instituut vir Demokrasie, Verkiesingskommissie vergader

Met sowat vier maande oor voor die verkiesing, het die Namibië Instituut vir Demokrasie en die Verkiesingskommissie van Namibië vergader om kiesersregistrasie en kiesersopvoeding te bespreek. Die vergadering was ook om die twee liggame se verhoudings uit te bou deur demokratiese prosesse deur samewerking te versterk, en te verseker dat elke burger se stem gehoor […]

Read More

Korrektiewe Dienste-vakbond bekommerd oor dwelms in tronke

Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-vakbond het kommer uitgespreek oor dwelmverspreiding in tronke na die inhegtenisneming van twee dwelmmuile op pad na die Helderstroom-korrektiewe eenheid in die Wes-Kaap. Die vakbond sê toenemende bendebedrywighede en korrupsie bedreiging die rehabilitasiestelsel. Woordvoerder, Alude Jizana, doen ‘n beroep vir verbeterde veiligheidsmaatreëls, samewerking met wetstoepassing en ondersteuningsprogramme vir die herstel van verslaafdes […]

Read More

Gewelddadige aanvalle ruk Frankryk voor verkiesing

Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, het onthul meer as 50 kandidate en aktiviste is fisies aangeval in die aanloop tot môre se gespanne finale ronde van die parlementêre verkiesing. In die jongste voorvalle is regeringswoordvoerder Prisca Thevenot, haar adjunk, Virginie Lanlo en ‘n party-aktivis wreed aangeval terwyl hulle verkiesingsplakkate opgehang het in […]

Read More

Protea-vroue klop Indië met 12 lopies in eerste T20

Krieket: Die Protea-vroue het ‘n voorsprong van 1-nul oor Indië in die reeks van drie T20s na ‘n oorwinning met 12 lopies in die eerste wedstryd in Chennai. Suid-Afrika het ‘n puik 189 vir vier aangeteken danksy 81 deur Tazmin Brits en 57 deur Marizanne Kapp. Hulle het die gasvroue daarna beperk tot 177 vir […]

Read More

Namibië, Botswana loods burgerlike-militêre samewerking

Die eerste burgerlike-militêre-samewerking bewusmakingsveldtog, waarby spanne van Namibië en Botswana betrokke is, sal volgende week afskop. Die veldtog sal 23 dorpe in Namibië en 21 dorpe in Botswana dek. Dit is daarop gemik om gemeenskappe wat langs die gemeenskaplike Namibië-Botswana-grens woon op te voed oor die belangrikheid van vreedsame naasbestaan ​​en goeie buurmanskap. Die veldtog […]

Read More

SA inflasieverwagtinge daal voor rente-beleidsvergadering

Suid-Afrikaanse inflasieverwagtinge vir die volgende twee jaar het afgeneem en dit help die sentrale bank se pogings voor sy beleidsvergadering. Volgens ‘n opname deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sal die gemiddelde inflasieverwagtinge oor die volgende twee jaar van 5,2-persent tot 4,9-persent daal. Alle maatskaplike groepe het hul voorspellings vir die drie-jaar-horison verlaag. Die vyf-jaar-inflasievoorspelling […]

Read More

Keir Starmer laai kabinet met vroue

Rachel Reeves het Brittanje se eerste vroulike finansminister geword toe die nuwe eerste minister, Keir Starmer, die eerste lede van sy kabinet aangekondig het. Sy is een van talle vroue in die uitvoerende gesag, wat ook Angela Rayner insluit as adjunk-eerste minister, Yvette Cooper as minister van Binnelandse Sake, Bridget Phillipson as minister van Onderwys, […]

Read More

Wêreld-watersport se baas getuig in opkikkertoets-ondersoek

Swem: Wêreld-watersport se uitvoerende direkteur, Brent Nowicki, is gedagvaar om te getuig in die Amerikaanse regering se strafregtelike ondersoek na 23 Chinese swemmers. Hulle het voor die Tokio Spele in 2021 positief getoets vir trimetazidien wat prestasie kan verbeter. Hulle is egter steeds toegelaat om deel te neem. Chinese amptenare blameer voedselbesmetting vir die positiewe […]

Read More

Erongo-leiers doen Copps 94.1 teen misdaad

Misdaad in die Erongo-streek was onder die loep in Vrydagaand se Copps 94.1 program. Francois Lottering was in Swakopmund aan diens en het al die besonderhede.

Read More