ANC loof sport, kuns en kultuur se veerkragtigheid
Die ANC loof Suid-Afrika se sport, kuns en kultuur vir hulle veerkragtigheid en aanpasbaarheid, en vier prestasies soos die Protea-mans se eerste T20 Wêreldbeker-eindstryd en Amapiano se wêreldsukses. Die party sê in ‘n verklaring dit lig bydraes uit tot nasionale identiteit en demokrasie. Die ANC beloof om steeds die sektore te steun om ekonomiese groei […]
Kenia se Ruto stel besnoeiing, nog lenings voor
Kenia se president William Ruto het besnoeiings in besteding en bykomende lenings in ongeveer gelyke mate voorgestel om ‘n begrotingsgat van byna 2,7 miljard Amerikaanse dollar te vul. Dit is veroorsaak deur sy onttrekking van beplande belastingverhogings in die lig van landwye betogings. Ruto het in ‘n televisietoespraak gesê hy sal die parlement vra vir […]
Frankryk, Spanje deur na die Euro-halfeinde
Sokker: Frankryk en Spanje stamp Dinsdag koppe in die halfeindronde van Euro 2024. Frankryk het met 5 strafskoppe teen 3 oor Portugal geseëvier na 120 doellose minute. Joao Felix van Portugal was die enigste speler wat misgeskop het toe hy die raam van die doelhok getref het, terwyl Theo Hernandez van Frankryk vir die wenskop […]
Hardap baie leeg, maar genoeg water vir Mariental
Volgens NamWater se laaste dambulletin is die Hardapdam net 10,3 persent vol. Produsente by die groenskema kan al lank net 25 persent van hulle lande besproei, wat hulle in staat stel om hulle permanente oeste te behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Mariental dorpsraad se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, wat verduidelik wat sal […]
Reeks kouefronte tref SA vanaf hierdie naweek
Die SA Weerdiens het gewaarsku oor naderende kouefronte hierdie naweek, met temperature wat na verwagting dramaties sal daal. Sneeu word vanaf vandag oor die Wes-Kaapse berge voorspel, wat môre na die Oos-Kaap sal uitbrei. Dit sal ook die suide van Namibië beïnvloed, waar ligte sneeu moontlik is. Celeste Fourie van die Weerdiens sê die eerste […]
Hamas ‘gaan begin praat oor gyselaars se vrylating’
Hamas het ‘n Amerikaanse voorstel aanvaar om samesprekings te begin oor die vrylating van Israeliese gyselaars, insluitend soldate en mans. Dit kan gebeur 16 dae ná die eerste fase van ‘n ooreenkoms wat daarop gemik is om die Gaza-oorlog te beëindig. Die militante Islamitiese groep het ‘n eis laat vaar dat Israel hom eers verbind […]
Curriebeker premiers-afdeling in volle swang
Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker is in volle swang, met die Cheetahs wat vanmiddag die Griffons in Bloemfontein verwelkom. Môre dek Kaapstad die tafel vir die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle. Die Pumas het Griekwas gister 44-24 in Kimberley geklop, terwyl die Leeus met 26-25 oor die Haaie geseëvier het in […]
Plan vir Afrika-krag moeilik haalbaar
Die Wêreldbank en Afrika Ontwikkelingsbank het gesamentlik ‘n ambisieuse plan aangekondig om 300 miljoen mense in Afrika toegang tot bekostigbare elektrisiteit teen 2030 te verseker. Die gesamentlike verbintenis is ‘n belangrike stap om die uitdaging van toegang tot energie aan te spreek. Samewerkende pogings oor verskeie sektore, insluitend die finansiële sektor, regerings en die privaat […]
SA Tesourie het meer as R10-miljard se onbetaalde regeringsfakture
Die Nasionale Tesourie sê die nasionale en provinsiale regerings het nog nie meer as tien-miljard Suid-Afrikaanse rand se fakture uit die 2023/24-boekjaar betaal nie. Meer as 1 400 fakture is uitstaande ondanks wetgewing wat betaling binne 30 dae bepaal. Die hoofdirekteur, Moipone Ramoipone, bevestig die departemente van Justisie en van Openbare Werke as die ergste […]
Iran kry hervormer as president
‘n Hartsjirurg wat beskou word as ‘n hervormer is tot nuwe president van Iran verkies. Die 71-jarige Massoud Pezeshkian het die opvolg-verkiesing gewen teen die kragdadige konserwatiewe Saeed Jalili. Geen kandidaat het in die eerste ronde ‘n volstrekte meerderheid gekry nie. Pezeshkian het 53,3-persent van die stemme inge-oes, teenoor Jalili se 44,3-persent. Hy neem oor […]