Sinner, Alcaraz vandag in aksie in Wimbledon laaste 16
Tennis: Die twee mans-gunstelinge op Wimbledon, die wêreld nommer-een Jannik Sinner van Italië en die derde-gekeurde verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, bly op koers vir ‘n botsing later in die toernooi. Sinner speel vandag in die ronde van 16 teen die Amerikaner Ben Shelton nadat hy Miomir Kecmanovic van Serwië in die derde ronde […]
Groter konstruksie-begroting gee boubedryf hoop
Volgens die Tender Bulletin het die regering sy begroting vir konstruksie, opknappings en verbeterings in die 2024/2025 boekjaar met ‘n ongekende 42 persent verhoog. Die 3,2 miljard Namibiese dollar wat toegeken is, is egter laer as in agt van die afgelope 12 jaar. Dit is ook die tweede agtereenvolgende jaar dat die begroting vir openbare […]
ATM wil Phala Phala-verslag laat tersyde stel
Die African Transformation Movement het hofstukke by die Hooggeregshof in Gauteng ingedien om openbare beskermer Kholeka Gcaleka se Phala Phala-verslag tersyde te laat stel. ATM se president, Vuyo Zungula, voer aan Gcaleka se ondersoek na president Cyril Ramaphosa se optrede was gebrekkig en is beïnvloed deur ‘n belange-botsing. Hy beweer die uitkoms was vooraf bepaal […]
Israeliese intelligensie-hoof hervat Hamas samesprekings
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy intelligensiehoof na Katar gestuur om samesprekings met Hamas te hervat wat vroeër vasgeval het. Die hoof van Mossad, David Barne, se vertrek het die hoop laat opvlam vir ‘n skietstilstand in Gaza en die afname van spanning op die grens tussen Israel en Libanon. Dit volg nadat […]
WP, Bulle takel mekaar vanmiddag
Rugby: Die aartsvyande Westelike Provinsie en die Bulle sluit vanmiddag die eerste naweek van die Curriebeker-Premiersafdeling in Kaapstad af. Afskoptyd op die Kaapstad-stadion is om 3. Gister het die Cheetahs die Pumas 82-20 afgeransel in hulle kragmeting in Bloemfontein. Die tuisspan het sewe drieë en ‘n strafdrie behaal en die Pumas kon net antwoord met […]
Uis-Hentiesbaai teerpad benodig nog fondse
Die teer van die Uis-Hentiesbaai-pad is 52 persent voltooi, ondanks verskeie vertragings. Die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sê die projek was veronderstel om vanjaar voltooi te wees, maar was onderbefonds. Die 96km-lange pad is deel van die regering se visie om Namibië se westelike korridor te versterk. Die bedoeling is om die Walvisbaai-hawe […]
OPOD ondersoek polisie-aanval na nagskofwerker se dood
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n polisie-aanval op ses mans wat in Mei in Midrand, Gauteng, teruggekeer het na nagskofte. Gewapende polisielede het die minibus-taxi aangeval wat hulle vervoer het vanaf ‘n logistiekmaatskappy. Twee mans is geskiet en die ander aangerand. Die 22-jarige Lifalethu Mashazi is Woensdag dood nadat hy sedert die aanval in ‘n koma […]
Titanic, Avatar vervaardiger Jon Landau oorlede
Jon Landau, die Oscar-bekroonde vervaardiger van sommige van die wêreld se flieks wat die meeste geld verdien het van alle tye, insluitend Titanic en Avatar, is op 63-jarige ouderdom oorlede. Landau was die jarelange vervaardigingsvennoot van die filmmaker James Cameron. Hy is Vrydag dood nadat hy meer as ‘n jaar met kanker geleef het. Hy […]
Springbokke vier oorwinning oor Ierland in eerste toets
Rugby: Die Springbokke Ierland met 27-20 verslaan in die eerste van twee toetse, wat op Loftus Versfeld in Pretoria gespeel is. Suid-Afrika was rustyd 13-8 voor, voor die besoekers teruggeveg het. Die televisie-wedstrydbeampte, Ben Whitehouse, het opspraak gemaak met ‘n paar deurslaggewende beslissings, insluitend om Cheslin Kolbe se omstrede drie toe te ken. Die Springbokkaptein, […]
Orpa stoei steeds met RedForce-aanstelling
RedForce, die Windhoek-gebaseerde skuldinvorderings- en bestuursmaatskappy, is kort-kort in die nuus weens betogings teen sy skuldinvorderingsmetodes. Verskeie munisipaliteite, insluitend Windhoek, Okahandja, Walvisbaai en Grootfontein, het RedForce aangestel om uitstaande agterstallige munisipale skuld te verhaal. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het onlangs ‘n mosie geïnisieer om te ondersoek hoe RedForce aangestel is. Coetzee is […]