Nersa sê TotalEnergies hou beleggings in SA gas-ontdekkings
Die Nasionale Energie-reguleerder het bevestig TotalEnergies hou by sy belegging in sy aansienlike gas-ontdekkings aan die suidkus. Volgens News24 sê Thulebona Nxumalo van Nersa die maatskappy het na aanvanklike planne om te onttrek, besluit om te bly na samesprekings met die regering en belanghebbers. Nxumalo sê dit volg op gissings nadat hulle vennoot, Corporation for […]
Braverman gee ‘idiotiese strategie’ skuld vir Tory nederlaag
Die voormalige Britse minister van Binnelandse Sake, Suella Braverman, pak die skuld vir die Konserwatiewes se nederlaag in die verkiesing op die gewese eerste minister, Rishi Sunak. Sy sê sy idiotiese strategie het kiesers soos gekke behandel. Die Arbeidersleier, Keir Starmer, is die nuwe eerste minister na sy party se oorweldigende oorwinning Donderdag. Braverman, wat […]
NRU Premierliga sorg weer vir aksie!
In plaaslike rugbynuus het die NRU Premierliga weer vir aksie gesorg. Die FNB Kudus het Trustco United met 20 – 15 geklop, en Unam het die Simonis Storm Dolphins met 57 – 0 kafgedraf. Rehoboth het Grootfontein 20 – 19 gewen. Beide Wanderers se eerste en tweede spanne het oorwinnings teen Western Suburbs behaal met […]
Mededingingskommissie vat Swakopmund-afvalbestuur aan
Die Namibiese Mededingingskommissie het bevind dat die Swakopmund munisipaliteit, Rent-A-Drum en die Finse maatskappy Molok se samewerking ‘n nadelige uitwerking op mededinging het. Die munisipaliteit maak uitsluitlik van Molok se diep-afvalversamelingstelsel gebruik. Hy vra ook verskaffers spesifiek vir die Molok-sakke, wat slegs van Rent-A-Drum verkry kan word. Die kommissie sê die munisipaliteit het ‘n produk […]
Alliansie vra verhoging in suikerbelasting
Die Alliansie vir Gesonde Lewens vra die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, om beleid voorop te stel wat hongersnood, voedsel-onsekerheid en vetsug teenwerk. Die woordvoerder, Zukiswa Zimela, onderstreep die instel van bewys-gegronde beleid, wat ‘n 20-persent verhoging insluit in die Gesondheidsbevorderingsheffing op suikerdrankies. Zimela het aan die SABC gesê die verhoging sal gesonder keuses aanmoedig en kritieke […]
Demokrate sit meer druk op Biden
Amerikaanse president Joe Biden se TV-onderhoud Vrydagaand blyk nie ‘n opstand binne sy eie party te onderdruk om sy herverkiesingsveldtog te beëindig nie. ‘n Vyfde Huis-demokraat, Angie Craig van Minnesota, het saam met kollegas ‘n beroep gedoen op die president om opsy te staan, en berigte dui daarop dat meer kan volg. In sy seldsame […]
Wallis uit wêreld top-10 na Wallabies-loesing
Rugby: Wallis sak môre terug na 11de op die wêreldranglys – die eerste keer ooit dat hulle uit die top tien sal wees. Dit volg nadat hulle 25-16 verloor het teen Australië in die eerste toets in Sydney, wat hulle agtste agtereenvolgende loesing was. Die Wallabies het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning […]
Pryse van landbougrond styg 21,1% in 8 jaar
Namibië se kommersiële landbougrondmark het die afgelope agt jaar ‘n styging van 21,1 persent in pryse gesien, volgens die Namibië Statistieke Agentskap. Volgens die agentskap se Landbougrond Prysindeksbulletin van 2015 tot 2023, was die gemiddelde prys vir kommersiële landbougrond in 2015 1 376,50 Namibiese dollar per hektaar. Dit het oor die jare bestendig gestyg en […]
Citizens Forum vra Cyril om staatsbegrafnisse te stop
Die organisasie Citizens Forum vra president Cyril Ramaphosa om staatsbegrafnisse te staak weens korrupsievrese. Dit volg nadat openbare beskermer Kholeka Gcaleka se verslag onthul het meer as 3-miljoen Suid-Afrikaanse rand is bestee aan die begrafnis van die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Makgoe. Gcaleka het afgekom op onreëlmatighede, wat insluit oorbesteding en ‘n gebrek aan […]
Frankryk stem in belangrike verkiesing
Frankryk is besig om te stem in ‘n parlementêre aanloopverkiesing wat die politieke landskap sal verander. Meningspeilings voorspel dat die verregse National Rally, of RN, die meeste stemme sal wen, maar waarskynlik nie ‘n meerderheid sal kry nie. So ‘n uitkoms kan die land weke voor die Olimpiese Spele in Parys in ‘n chaotiese parlement […]