Nampol waarsku weer oor kontant
Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek om nie groot hoeveelhede kontant aan te hou nie. Dit kom na ‘n gewapende roof op ‘n plot net buite Okahandja. Meer as 1 miljoen Namibiese dollar se kontant en goedere is gesteel. ‘n 38-jarige vrou wat in die huis was, is aangerand en sê die drie […]
Portugese in SA toenemend ontvoeringsteikens
Die Portugese Forum is bekommerd oor die toename in ontvoerings van Portugese sake-eienaars vir ‘n losprys. Die polisie het verlede week twee sake-eienaars in Johannesburg gered. Vyf beweerde ontvoerders is aangehou na die vrylating van die tweede sakeman uit die Nancefield-hostel. Die voorsitter van die forum, Manny Ferreirinha, het aan die SABC gesê die voorvalle […]
Verregses vat nie Franse parlement nie
Peilings toon Frankryk se linksgesinde alliansie, New Popular Front, is op pad na oorwinning in die tweede ronde van die blitsverkiesing. Dit beteken die land kan moontlik ʼn parlement kry waar geen party ʼn volstrekte meerderheid het nie. Die New Popular Front het 182 setels gewen, terwyl president Emmanuel Macron se sentrale Ensemble-alliansie 163 setels […]
Thompson en Ferguson sal in die Ope speel
Die Amerikaner Davis Thompson en Ewen Ferguson van Skotland het hul plek in die 152ste Ope-Kampioenskap by Royal Troon beklink. Die 25-jarige Thompson het ʼn sewe-onder-baansyfer 64 aangeteken om die John Deere Classic in Illinois met vier houe te wen. Dit is sy eerste oorwinning in ʼn PGA-toer. Ferguson het intussen die BMW Internasionale Ope […]
Is dit groen of rooi waterstof
Die debat rondom groenwaterstofproduksie by die Hyphen-projek in die Tsau // Khaeb Nasionale Park duur voort. Die behoud van die unieke ekosisteme in die ongerepte nasionale park is op die spel, sowel as die potensiële skepping van ‘n winsgewende bedryf wat baie werksgeleenthede belowe. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, […]
Dwelmstransaksie loop lelik skeef in Simonstad
‘n Dwelmtransaksie waarby tot 700 kilogram kokaïen betrokke is, met die Bulgaarse mafia, ‘n Colombiaanse kartel en Wes-Kaapse bende, blyk om skeef te geloop het. News24 sê die polisie is doodstil oor die saak maar ‘n hoëvlak ondersoek is van stapel gestuur. ‘n Belangrike bendeleier van die 28’s blyk ontvoer te wees as vergelding vir […]
Koebaai aan Rwanda-plan
Brittanje gaan miljoene-pond verloor wat bestee is op die voormalige eerste minister Rishi Sunak se omstrede plan om asielsoekers in Rwanda te hervestig. Dit volg nadat die nuwe Arbeiders-premier, Keir Starmer die plan gekanselleer het nadat sy party Sunak se Konserwatiewes oorweldigend verslaan het in die verkiesing. Starmer sê net omtrent een-persent van asielsoekers sou […]
Hamilton vat Britse Grand Prix
Die sewemalige Britse wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het sy rekord verbeter toe hy die Britse Grand Prix die negende keer gewen het. Die Mercedes-renjaer het Max Verstappen van Red Bull se verbysteek-poging aan die einde gefnuik en sy eerste Formule Een-oorwinning sedert 2021 behaal. Lando Norris van McLaren was derde. Hamilton het met sy 104de Grand […]
IPC sê oor sanitêre doekies, of sê hy?
Met die verkiesing op hande moet die publiek weet wat politieke partye se standpunte is oor verskillende kwessies in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Independent Patriots for Change se woordvoerder, Imms Nashinge, oor die party se standpunt oor gratis sanitêre doekies. Hy sê dit word te duur vir die publiek om […]
Napha reageer op aantygings oor Mwezi-jag
Die omstrede trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober 2023, wat in die Skedelkus Nasionale Park geskiet is, is steeds in die nuus. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid, sê daar is ‘n gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid by die omgewingsake-ministerie, wat weier om op hul navrae te reageer. Smit […]