Junie was warmste Junie ooit
Junie was warmer as enige ander Juniemaand op rekord en die 13de opeenvolgende maand met temperature wat 1,5-grade Celsius hoër is as die gemiddeld tussen 1850 en 1900. Dit is volgens die Europese klimaatsdiens, Copernicus. Wêreldleiers het in 2015 die Parys-verdrag onderteken en beloof om te keer dat temperature wêreldwyd met meer as 1,5-grade Celsius […]
John Cena tree volgende jaar af
Die Amerikaanse ster John Cena het planne aangekondig om volgende jaar sy glorieryke loopbaan te beëindig. Die 47-jarige sê hy sal groet by die Royal Rumble, Elimination Chamber, en WrestleMania 41 in Las Vegas. Cena sê hy is nou meer as 20 jaar betrokke by World Wrestling Entertaining-byeenkomste en het ongelooflike welvaart en uiterste swaarkry […]
GRN se binnelandse skuld groei weer
Namibië se binnelandse skuld het tot 119,5 miljard Namibiese dollar in Junie gegroei, ‘n styging van 1,9 persent teenoor Mei vanjaar, en 10,7 persent op ‘n jaagrondslag. Staatseffekte het die styging weerspieël en het met 2,2 persent gestyg. Die skuld beslaan tans 51,3 persent van die BBP. Die vlakke is redelik konstant sedert Januarie 2022.
SA-skole heropen, beroep vir ondersteuning
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, doen ‘n beroep gedoen op belanghebbendes om pogings te verskerp om ‘n bevorderlike omgewing vir onderrig en onderwys in die derde kwartaal te skep. Die skole heropen môre vir die laaste kwartaal voordat leerders hul eindeksamen aflê. Gwarube sê ook, gemeenskappe moet skole ondersteun en nie ontwrig nie, […]
Nog Demokrate sê Biden moet uittree
Nog Demokrate vra die Amerikaanse president, Joe Biden, om sy herverkiesingspoging te laat vaar. Angie Craig het die vyfde Demokraat in die Kongres geword wat die partyleier openlik gevra het om uit te tree weens kommer oor sy vermoë om oud president Donald Trump die stryd aan te sê. Craig en andere, onder wie Lloyd […]
Nuwe beurs vir gesondheidsorg-studies
Dr. Esperance Luvindao, ‘n mediese dokter en gesondheidsfilantroop, het die Dr. Esperance Luvindao Healthcare-beurstoekenning in samewerking met die Osaat Africa Health Foundation bekendgestel. Die beurs is om aspirant-gesondheidsorgstudente finansieel te ondersteun om hul opvoedkundige aspirasies na te streef. Dr. Luvindao gee meer inligting oor die beurs.
Oshikoto het die duurste landbougrond
Namibië se kommersiële landbougrond het ‘n styging van 21,1 persent in pryse oor die afgelope agt jaar aangeteken. The Brief berig dat die Namibiese Statistieke-agentskap se prysindeks-bulletin vir 2023 toon dat in 2015 was die gemiddelde prys vir kommersiële landbougrond in 1 376,50 Namibiese dollar per hektaar en dit het oor die jare ‘n bestendige styging […]
FW se oudste seun, Jan, sterf
Die oudste seun van wyle president en Nobelpryswenner FW de Klerk, Jan de Klerk, is aan ‘n hartaanval oorlede. Hy was een van De Klerk se drie kinders saam met sy eerste vrou, Marike. Die FW de Klerk-stigting sê Jan, ’n boer, was 30 jaar gelede een van die baanbrekers in Suid-Afrika se eerste regering […]
‘Zim het geen demokrasie nie’
Die Zimbabwiese Nasionale Weermag het verlede week gesê burgers sal verplig word om in die 2028 algemene verkiesing te stem, en mense sal na stemlokale gedwing word. Die regering het ook opposisiepartye en burgerlike samelewingsgroepe ernstig gewaarsku oor wat dit noem die aanhitsing van onrus. Staatstoerusting sal glo gebruik word om wet en orde te […]
Sinner en Alcaraz vorder verder by Wimbledon
Die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, en die verdedigende kampioen van Spanje, Carlos Alcaraz, is deur na die Wimbledon-kwarteindronde. Sinner het die Amerikaner, Ben Shelton, met 6-2, 6-4, 7-6 afgeransel terwyl Alcaraz die Fransman, Ugo Humbert, met 6-3, 6-4, 1-6, 7-5 verslaan het. In die vroueafdeling het Coco Gauff van Amerika met 6-4, 6-3 teen […]