Help met landgryp-probleem, vra Oshana-goewerneur
Die landbou-ministerie se prestasieoorsig werkswinkel het by Oshakati in die Oshana-streek plaasgevind. Die ministerie se bestuurspan het by die werkswinkel belangrike aktiwiteite en prestasies in die eerste kwartaal van die huidige finansiële jaar nagegaan. Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, het by die geleentheid gepraat oor toenemende gevalle van grond wat onwettig beset word.
SA Weermag-lede sterf glo van vuur in wagkamer
Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is vermoedelik aan koolstofmonoksied-vergiftiging in Noordwes dood. Hulle was aan diens as deel van Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede bekamp. Die SANW-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê voorlopige bevindings dui daarop dat hulle vermoedelik in ʼn houer in die wagkamer vuur gemaak het omdat die nag so koud was:
Orkaan Beryl tref Texas
Orkaan Beryl het vandag land bereik in die suidelike Amerikaanse staat, Texas, waar sommige inwoners ontruim is weens waarskuwings van vloede en kragonderbrekings. Die Amerikaanse Nasionale Stormsentrum sê Beryl het die dorp, Matagorda, bereik met windsnelhede van 130 kilometer per uur. Die Nasionale Weerdiens het ‘n tornadowaarskuwing uitgereik vir dele van Texas, insluitend Houston, die […]
Frankryk skors Jaminet oor rassistiese aanmerkings
Rugby: Die Franse heelagter Melvyn Jaminet is geskors nadat hy ʼn video met ʼn rassistiese opmerking op sosiale media geplaas het. Die 25-jarige speler het Saterdag in Mendoza van die bank af gekom tydens Frankryk se oorwinning oor Argentinië. Die Franse Rugbyfederasie veroordeel die opmerking as onaanvaarbaar en strydig met die basiese waardes van die […]
Konstruksie-werkers kry pensioenfonds
Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds het die verpligte voorsiening van ‘n pensioenfonds aan werknemers in die konstruksiesektor aangekondig, soos bepaal in die kollektiewe ooreenkoms tussen die Namibië Konstruksiebedryf-federasie en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu. Die ooreenkoms, wat op 6 Junie in werking getree het, skryf nie net salarisverhogings voor nie, maar ook dat werknemers in […]
M-pokke: Meld onmiddellik simptome aan
Die Stad Ekurhuleni sê hy is op hoë gereedheid nadat M-pokke in die land gediagnoseer is. Die Departement van Gesondheid het sedert Mei drie sterftes en 20 gevalle aangeteken, waarvan 15 mense reeds herstel het en vyf nog hospitaalbehandeling ontvang. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê inwoners word versoek om onmiddellik ‘n dokter te […]
Boeing pleit skuldig op bedrogklagte na MAX-ongelukke
Boeing het ingestem om skuldig te pleit aan sameswering om die Amerikaanse regering te bedrieg oor twee noodlottige vliegongelukke in Indonesië en Ethiopië waarby sy 737 Max-vliegtuig betrokke was. Die twee ongelukke in 2018 en 2019 was byna identies en het die lewens van 346 passasiers en bemanning geëis. Aanklaers het Boeing in 2021 aangekla […]
Onbillike praktyke in visvangbedryf ontbloot
Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n tweede ondersoek begin teen verskeie vismaatskappye wat maasbanker vang. Die maatskappye, wat vaartuie besit, het na bewering onbillike kooppryse opgelê in die bedinging van kwotagebruiksfooie met visregtehouers sonder vaartuie. Die maatskappye is ‘n tydperk van 30 dae gegee om vertoë in te dien, soos voorsien in Artikel 33 van die […]
Olie klim, wat word van brandstof in Augustus?
Berigte uit die buurland lui dat brandstofpryse dalk in Augustus kan styg. Die olieprys het gestyg en het vroeër amper 87 Amerikaanse dollar ‘n vat gehaal. Dis tans net onder 86 dollar. In die laaste 30 dae, het die kommoditeit met amper 10 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met petroleumekonoom Abednego Ekandjo van die […]
Theo’s Superstar het tot 2 Augustus om beslagleggingsbevel te keer
Theo’s Superspar in Otjiwarongo is in die moeilikheid nadat die Spar-groep dringende regstappe ingestel het om beheer oor van sy bates te neem. Business Express sê die maatskappy skuld die groep amper 42 miljoen Namibiese dollar vir goedere afgelewer en verkoop. Die groep beweer dat Theo’s Spar se handelsaktiwiteite tydens Covid aansienlik geraak is. Huurinvorderings […]