Wimbledon se vroue-afdeling nou wyd oop

Tennis: Wimbledon se vroue-afdeling kan enigiets oplewer nadat die voorste twee gekeurde spelers die naweek uitgeskakel is, naamlik die wêreld nommer een, Iga Swiatek van Pole, en nommer twee, Coco Gauff van Amerika. Slegs twee van die top-tien is oor – die vierde gekeurde Elena Rybankina van Kazakstan en die sewende gekeurde Jasmine Paolini van […]

Read More

Nuwe Nanso-president het groot planne

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het by sy 18de elektiewe kongres vir Dorothea Nangolo, die organisasie se woordvoerder, as die nuwe president verkies. Nangolo neem die plek van Lucia Ndishishi in. Nanso het ‘n perskonferensie vir môre by die Nasionale Jeugraad geskeduleer om die uitkomste van die kongres aan te kondig. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Howe het laaste sê oor anti-gay wette se grondwetlikheid

Dit is ‘n jaar sedert die Nasionale Vergadering die anti-gay wetsontwerpe wat deur Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo ingedien is om die term gade te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig, goedgekeur het. Die president het hulle nog nie onderteken nie, maar verlede week het binnelandse sake-minister Albert Kawana, nog ‘n wysigingswetsontwerp in die Nasionale […]

Read More

NEFF veg teen Verkiesingskommissie in hoërhof

Die Namibia Economic Freedom Fighters het hofstukke teen die Verkiesingskommissie van Namibië ingedien weens hul deregistrasie as ‘n politieke party. Die party se adjunkleier, Kalimbo Iipumbu, het die verwikkeling met Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die party is gederegistreer omdat hulle nie hul finansiële state ingedien het nie, soos wat wetlik vereis word. Iipumbu hou vol […]

Read More

ReconAfrica begin boor aan Naingopo-eksplorasieput

ReconAfrica het aangekondig dat hulle boorwerk begin het op die hoë-impak Naingopo-eksplorasieput in PEL 73 in noordoos Namibië. Die firma se president en uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die put sal na verwagting ‘n totale diepte van 3 800 meter bereik en 90 dae neem om te boor. Hy sê dit kan ‘n totale potensiële […]

Read More

Hoekom is kiesersregistrasie-regulasies nou eers in Gazette?

Die Verkiesingskommissie van Namibië het op 5 Julie die nuwe regulasies vir kiesersregistrasie asook vir die registrasie van politieke partye, verenigings en organisasies in die Staatskoerant gepubliseer. Die kommissie het ook amptelik die vorige regulasies wat in Mei 2015 in die Gazette gepubliseer is, herroep. Die algemene registrasie van kiesers het egter reeds op 1 […]

Read More

Namibië moet na nasionalisme beweeg: Nudo eks-leier

Daar is ‘n aanname dat die Nasionale Eenheid Demokratiese Organisasie, Nudo, eksklusief vir ‘n spesifieke etniese groep is. Nudo se voormalige president, dr. Esther Muinjangue, sê egter dat die party oop is vir almal. Muinjangue het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon dat Namibië moet beweeg na nasionalisme.

Read More

The Kiffness samel groot geld in vir 8-jarige seuntjie

‘n Suid-Afrikaanse musikant het meer as 600 000 Suid-Afrikaanse rand ingesamel vir hulp aan die agtjarige Rylyn Clark wat al bykans twee jaar aan Lyme-siekte ly. David Scott, alom bekend as The Kiffness, gebruik gereeld sy invloedryke platform vir liefdadigheidsake. Scott, bekend vir vermengings wat vinnig op sosiale media versprei, sê hy is diep geraak […]

Read More

Macron verwerp eerste minister se bedanking

Frankryk se president Emmanuel Macron het sy eerste minister, Gabriel Attal, gevra om vir eers in die rol te bly. Attal het sy bedanking ingedien na die verkiesing, wat deur die linkse New Popular Front oorheers is. Macron sê Attal se aanbly sal stabiliteit verseker. Hy het ‘n rol te speel in wat moeilike onderhandelinge […]

Read More

Rassie waarsku teen Iere in tweede toets

Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is verlig hulle het Ierland vir die eerste keer onder sy aanvoering ondergekry. Na drie loesings teen die Iere het die Bokke tevrede gestel met ‘n 27-20 oorwinning op Loftus Versfeld. Die twee spanne pak mekaar weer Saterdag in Durban en Ierland sal alles in die stryd werp […]

Read More