Wêrelddag vir Asma vandag herdenk - May 3, 2022

Vandag word Wêrelddag vir Asma herdenk. Asma is een van die algemeenste chroniese inflammatoriese afwykings. Die voorkoms daarvan wissel wêreldwyd tussen 5 persent en meer as 20 persent. Asma kom by alle ouderdomme voor en daar is geen geneesmiddel nie. Asma is ‘n ernstige uitdaging vir die openbare gesondheidsektor. Die Namibiese gesondheidsministerie se woordvoerder, Walters […]

Read More

DA sê kritiek oor Oekraïnse besoek is ongevraagd - May 3, 2022

Die DA-leierskap se besoek aan Kiëf en Lviv in die Oekraïne het vrae laat ontstaan en baie Suid-Afrikaners glo die geld kon aangewend word om bestaande uitdagings in die land die hoof te bied. DA-leier John Steenhuisen sê die teregwysing is ongevraagd en onbillik. Steenhuisen is op ‘n feitesending in die Oos-Europese land en glo […]

Read More

Prys van diesel en lampolie styg in SA - May 3, 2022

Suid-Afrikaanse motoriste sal môre ‘n daling in petrolpryse sien, maar ‘n styging in diesel. Volgens die departement van minerale bronne en energie sal die petrolprys vir 93- en 95-oktaan met 12 sent per liter verminder, terwyl diesel met 0,05-persent swael-inhoud met 98-sent verhoog word en diesel met 0,005-persent swael-inhoud met 92 sent. Die departement sê […]

Read More

Kaapstad-mark word opgeknap - May 3, 2022

Die Stad Kaapstad en die Kaapstad-mark het ‘n amptelike ooreenkoms onderteken wat die weg baan vir opknappings van ‘n multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dit sal klein sakemanne, opkomende boere en verbruikers bevoordeel. Volgens ‘n woordvoerder van die stad, James Vos, is die mark noodsaaklik vir voedselverskaffing aan die stad se inwoners:

Read More

Cassinga: Geen amptelike herdenking nie - May 3, 2022

Môre word Cassinga-dag plaaslik herdenk. Die dag onthou die ontslape Plan-soldate na die 1978 aanval by die militêre basis Cassinga by Omugulugwombashe. Terwyl daar geen aanduiding is van enige amptelike saamtrek nie, sê die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila daar sal op streeksvlak herdenkings wees.

Read More

Nigerië koop potas-voorraad uit noodvoorrade van Kanada aan - May 3, 2022

Nigerië moes in April noodvoorrade van Kanadese potas aankoop nadat die land nie die sleutel kunsmis-bestanddeel van Rusland kon invoer nie weens die impak van Westerse sanksies. Pryse het egter met 250 persent gestyg maar die land se landbou-owerhede sê hy het geen ander opsie gehad nie. Die Internasionale Monetêre Fonds het verlede week gesê […]

Read More

Steenhuisen vandag in Kiëf - May 3, 2022

Die DA-leier, John Steenhuisen, is op die oomblik in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf. Hy sê hy het gister in Lviv met verskeie leiers vergader en is van plan om ander leiers in beide stede te ontmoet. Steenhuisen sê die besoek is om die skade wat die oorlog aangerig het te bepaal en te sien hoe […]

Read More

Kuns in SA vir die ietermagô - May 3, 2022

‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar gaan sy werke uitstal om bewusmaking te verhoog en die ietermago in Gauteng te red. Robbie Rorich sê hy het perspektief gekry deur tyd saam met hulle deur te bring en wou ‘n platform skep waar kuns bewusmaking oor die natuur kan versterk. Rorich se onlangse oseaan-versameling het byna 1 miljoen Suid-Afrikaanse […]

Read More

Nabta en ministerie vergader 18 Mei oor taxi-tariewe - May 3, 2022

Terwyl brandstof vannag daal weier die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging om sy aansoek vir ‘n 15 persent verhoging te laat vaar. Daar sal nog vergader word met die ministerie van vervoer om die kwessie verder te bespreek. Brandstof het skerp gestyg in die afgelope jaar soos die sekretaris-generaal van die vakbond, Pendapala Nakathingo verduidelik.

Read More

NV het min politieke wil om bateverklarings af te dwing nie - May 3, 2022

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ondersoek ingestel na die verklaring van bates deur parlementslede. Die instituut het bevind dat daar geen werklike belangstelling is deur die Nasionale Vergadering om lede te dwing om hul bates te verklaar nie. Die meerderheid het teen Januarie vanjaar nog nie hul verklarings, wat in Februarie 2021 ingedien mos […]

Read More