
Emirates wil dienste na SA uitbrei - May 5, 2022
Die Dubai-gebaseerde lugredery, Emirates, sê dit het sedert die verslapping van die Covid-19-reisbeperkings ‘n dramatiese toename in die vraag na vlugte na en van Suid-Afrika ervaar. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, sê die redery kyk ook na uitgebreide samewerking met Airlink.
Reaksie op Kaaronda se verkiesing as nuwe Swanu-president - May 4, 2022
Voormalige Swanu-president Tangeni Iijambo is vol vertroue dat die land se oudste politieke organisasie in goeie hande is onder die rentmeesterskap van die voormalige vakbondlid, Evalistus Kaaronda. Kaaronda is die naweek op ‘n omstrede kongres buite Windhoek as Swanu-president verkies. Politieke analis, dr. Phanuel Kaapama, gee sy opinie aan Kosmos 94.1 Nuus oor die verkiesing […]
Eskom se netwerk onder erge druk - May 4, 2022
Eskom het bevestig hy probeer tans om ‘n stelsel onder erge druk te bestuur wat veroorsaak dat die land se kragnetwerk op noodreserwes funksioneer. Die kragvoorsiener se hoofbestuurder in die Opwekkingsafdeling, Rhulani Mathebula, sê agt eenhede het onklaar geraak, wat gelei het tot ‘n onbeplande verlies van 14-duisend-758 megawatt. Mathebula sê sekere eenhede verkeer in […]
Kommer oor SA se katoen-oes na swaar reën - May 4, 2022
Katoen Suid-Afrika sê weens hoë reënval en hael wat boere se lande beskadig het, sal katoenopbrengste vir die 2022-seisoen laer wees en met 13 persent val. Die bedryf bereken dit kan vanjaar slegs sowat 68 000 lintbale katoen lewer. Katoen word in Suid-Afrika hoofsaaklik in die noordelike dele van die land, in die Noord-Kaap, Noordwes, […]
Liverpool is deur na die Kampioenliga-finaal - May 4, 2022
Liverpool het sy hoop om hierdie seisoen ‘n ongeëwenaarde vierde liga-oorwinning te behaal, lewend gehou deur sy plek in die eindronde van die Kampioeneliga te verseker. Die sesmalige Europese kampioen het drie doele in die tweede helfte van die wedstryd teen Villarreal aangeteken vir ‘n oortuigende oorwinning van vyf-twee in die tweede been in El […]
NamRA oortref sy teiken vir invordering - May 4, 2022
Die Namibise Inkomste-agentskap, NamRA, het in die laaste boekjaar meer as 60,5 miljard Namibiese dollar ingevorder. Hy het 49,4 miljard dollar geteiken. Volgens die uitslae van sy elektroniese belastingverligtingsprogram, wat op 31 Januarie tot ‘n einde gekom het, het NamRA meer as 11 miljoen dollar in boetes laat vaar, met net minder as 47 500 […]
ANC sal traag wees om staatskapers te dissiplineer - May 4, 2022
Die politieke-ekonomiese kenner in Suid-afrika, Dale McKinley, sê hy twyfel of die ANC voor sy kongres in Desember sal optree teen lede wat by die verslae oor staatskaping betrek word. Deel vier van die verslag oor staatskaping is verlede week bekend gemaak en dek ses onderwerpe, waaronder Eskom en die Vrystaat-asbesskandaal. McKinley sê die verslae […]
Hongersnood vererger na Covid, met oorlog – VN - May 4, 2022
Die aantal mense wat honger in die gesig staar, het verlede jaar tot 193 miljoen gestyg namate konflik, klimaatsverandering en ekonomiese krisisse mense se lewensbestaan verwoes het. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê dit is nie net die konflik in Oos-Europa nie – byna 40 miljoen meer mense is in 2021 in “akute voedselonsekerheid” […]
Gerhard Mans snr. oorlede in fietsry-ongeluk - May 4, 2022
Gerhard Mans snr. is oorlede in ‘n fietsry-ongeluk vanoggend op die Westelike Verbypad. Die besonderhede van die ongeluk is nog onduidelik. Mans, 60 jaar oud, was Namibië se eerste rugby-kaptein na onafhanklikheid. Die span het op 24 Maart 1990 teen Zimbabwe uitgedraf en 33-18 gewen. In die span se tweede toets teen Portugal het Mans […]
Naretu teken ooreenkoms na talle struikelblokke - May 4, 2022
Die Namibian Revolutionary Transport Union, bekend as Naretu, en Formula Courier Services het ‘n ooreenkoms op Walvisbaai onderteken. Volgens die unie is werknemers van dié koerierdienste nou onder die beskerming van Naretu. Naretu bedank die bestuur vir die vreedsame onderhandelinge en hulle sien uit daarna om saam met hulle te werk en gesonde arbeidsverhoudinge te […]