
SA se hoenderpryse: Arm huishoudings kry weer die swaarste - April 21, 2022
Die voorgestelde verhoging in die prys van hoender in Suid-Afrika gaan verbruikers wat reeds finansieel sukkel, swaar tref en die regering behoort dadelik in te gryp. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Informele Handelaars wat meer as 2 miljoen informele- en mikro-besighede regoor die land verteenwoordig. Hulle vra die buurland se regering […]
Robyne kan Mosambiek geweld vererger - April 21, 2022
Die stryd teen Islamitiese ekstremiste in Mosambiek kan nog ‘n nare wending neem as robyne die spilpunt van konflik word. Die standpunt is vervat in ‘n verslag van die Sentrum vir Demokrasie en Ontwikkeling wat meen dat onwettige mynbou toeneem in die land. Cabo Delgado is reeds ‘n brandpunt van konflik as gevolg van olie […]
Russiese oligarg kritiseer Putin vir ‘slagting’ - April 21, 2022
‘n Russiese oligarg het sy land se regering kritiseer vir wat hy beskryf as die menseslagting in die buurland, Oekraïne. Oleg Tinkov is die stigter van die aanlyn bank Tinkoff en besit ook die fietryspan Tinkoff-Saxo. Hy skryf op Instagram hy kan nie enige voordele in die konflik sien nie. Daar word berig Tinkov is […]
Bank Windhoek waarsku oor nuwe skuld - April 20, 2022
Bank Windhoek het verbruikers gewaarsku dat rentekoerse verder verhoog sal word. Die repokoers het ‘n direkte impak op inflasie en hoe hoër die koers, hoe laer is inflasie. Bank Windhoek se hoof tesourier Claire Hobbs, waarsku verbruikers om versigtig te wees met enige skuld wat hulle aangaan.
Duitsland skenk N$650m vir beroepsopleiding - April 20, 2022
Die Duitse en Namibiese regerings sal môre ooreenkomste, waarvan die bepalings in 2021 ooreengekom is, onderteken. Luidens ‘n verklaring van die Duitse ambassade dek die ooreenomste agt programme ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar wat finansiering van projekte oor toegang tot tegniese en beroepsonderwys, bevordering van klei-n en mediumgrootte ondernemings, en die vestiging van […]
Durban-hawe weer op dreef - April 20, 2022
Durban-hawe, waar bedrywighede verlede week deur erge oorstromings in KwaZulu-Natal ontwrig is, is weer funksioneel en ‘n agterstand van duisende houers sal binne vyf tot ses dae opgeklaar word. Daar word berig dat die oorstromings erge skade aangerig het aan paaie wat na die Durbanse hawe lei, een van die besigste skeepsterminale in Afrika en […]
SA se Solidariteit Fonds herlei fondse na KZN - April 20, 2022
Die Solidariteit Fonds in Suid-Afrika, wat in 2020 op die been gebring is om Suid Afrikaners tydens die inperkings finansieel by te staan het aangekondig dat hy nou fondse sal herlei… om inwoners van die KwaZulu-Natal-provinsie, wat deur vloede en oorstromings geraak is, by te staan. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt, het meer.
Tabak, onderwys en grane stoot SA-inflasie op - April 20, 2022
Suid-Afrikaners ervaar tans hoër inflasie as Namibiërs met tabakprodukte, onderwys en grane en vleis wat die meetse bygedra het tot dit syfer van 5,9 persent, op van 5,7 persent in Februarie. FNB Suid-Afrika se ekonoom Koketso Mano het die besonderhede…
Geen landwye onderbreking nie – De Ruyter - April 20, 2022
Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die kragvoorsiener doen alles in sy vermoë om opwekkingseenhede weer in diens te stel en hou die kwesbare kragstelsel fyn dop. De Ruyter het ‘n kort oorsig oor die kragstelsel gegee en sê die stelsel verbeter en die kragonderbrekings sal môre hersien word. Die land is tans […]
Energie: Dis die regering se plig - April 20, 2022
Reaksie word ontvang op kommentaar deur die minister van myne en energie Tom Alweendo dat 20 miljard Namibiese dollar jaarliks nodig is vir die vasteland om sy eie energie teen 2030 te voorsien. Sonder energie is daar geen ontwikkeling nie. Ted Blom, die Suid-Afrikaanse energiekenner sê dit kom neer op ideologie omdat dit die regering […]