Boer slim met Farmwise
’n Namibies-ontwikkelde landboubordspeletjie, Farmwise, is met die ondersteuning van Nedbank Namibia bekendgestel. Die speletjie is ontwerp om op te voed en te vermaak , en simuleer die uitdagings en belonings van boerdery, wat begrip tussen boere, arbeiders en hul gesinne bevorder. Veertig persent van die speletjie se winste sal ‘n beursfonds vir kinders van lede […]
Namcol is ‘n opsie vir swak eksamen-prestasie
Altesaam 40 757 voltydse kandidate het verlede jaar vir die Gewone Vlak nasionale eksamens geregistreer, terwyl 12 031 kandidate vir die AS-vlak geregistreer het. Dit beteken nie eens die helfte van die kandidate wat die eksamen geskryf het, het vir AS-vlak gekwalifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Freedy Kaukunjua, die kommunikasie- en bemarkingsbestuurder […]
TotalEnergies wag nog vir vrede in Cabo Delgado
TotalEnergies sê sy reuse-gasprojek in Mosambiek, wat sedert 2021 opgeskort is ná ‘n jihadistiese aanval, sal eers hervat wanneer daar weer “vrede en veiligheid” in die Cabo Delgado-streek is. Die Franse onderneming het gereageer op ‘n Financial Times-verslag waarin gesê word hy het die begin van operasies weer “vertraag” oor veiligheids- en politieke risiko’s in […]
Britse seun, 14, vas vir moord op seun, 12
‘n Veertien-jarige seun is in hegtenis geneem weens vermoedelike-moord, ná ‘n noodlottige messteek in Birmingham. Die polisie is Dinsdag ontbied nadat daar berig is ‘n 12-jarige seun is in die maag gesteek. ‘n Lid van die publiek het die seun gesien en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is hospitaal toe geneem, maar […]
Man City se lyding duur voort
Die verdedigende kampioene, Real Madrid, het Red Bull Salzburg met 5-1 verpletter en kort een punt om outomaties te kwalifiseer vir die Kampioeneliga se laaste 16. Paris Saint-Germain het in die tweede helfte teruggeveg nadat hulle twee doele agter was. Hulle het Manchester City uiteindelik met 4-2 geklop. Die nederlaag beteken dat Pep Guardiola se […]
Meatco en LPO vergader 11 Februarie by Nipam
Meatco het aangekondig dat die spesiale ledevergadering Dinsdag, 11 Februarie om nege-uur gehou sal word by Nipam in die hoofstad. Dit kom na die Lewendehawe Produsente-organisasie in die lig van Meatco se twee mislukte pogings verlede jaar om ‘n algemene jaarvergadering te hou, gevra het vir ‘n Meatco-ledevergadering. Die LPO-voorsitter Jako van Wyk het hulle […]
Doro !Nawas terug in die hof
Die Doro !Nawas-bewarea is weer vanoggend in die hof met ‘n hersieningsaansoek om Ottilie Ndilimunde te verhoed om enige mynaktiwiteite in hulle gebied uit te voer. Die bewarea vra regter Doris Hans-Kaumbi om die omgewingskommissaris se besluit om Ndilumunde se omgewingsklaringsertifikaat goed te keur, en die mynkommissaris se uitreiking van ‘n eksplorasielisensie, as ongrondwetlik te verklaar […]
SAPD-beampte elke 72 uur van verkragting aangekla
Die DA versoek die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie om die senior bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te dagvaar na berigte dat beamptes elke 72 uur van verkragting aangekla word. Die party sê onmiddellike hervormings is nodig vir hierdie wangedrag, insluitend leefstyloudits en verbeterde misdaadintelligensie. DA-woordvoerder, Lisa Schickerling.
Nuwe brand in Kalifornië
ʼn Nuwe brand wat vinnig versprei, het in Los Angeles uitgebreek. Sowat 19 000 mense is beveel om te ontruim terwyl nog 15 000 gewaarsku is. Die Hughes-brand noord van Castaic versprei noord van die Palisades- en Eaton-brande wat vroeër die maand minstens 28 lewens geëis het. ʼn Tronk in die gebied met byna 500 […]
Unam sê weer nee vir gewone vlak gr-11’s
Unam se beleid vereis dat leerders graad 12 voltooi vir toelating tot sy programme, insluitend sy gereedheidskursusse. Graad 11-kwalifikasies, verteenwoordig deur die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak, is volgens Unam nie voldoende voorbereiding vir die eise van universiteitstudie nie. Dit word as ‘n vlak 3-kwalifikasie geklassifiseer, terwyl Unam se minimum vereiste vir Baccalaureusgraad-toetrede […]