
Zim-burgers tronk toe oor kabeldiefstal - October 20, 2022
Drie Zimbabwiese burgers is in die Pretoriase Landdroshof tot tien-jaar tronkstraf elk gevonnis vir die besit van koperkabels en peuter aan noodsaaklike infrastruktuur. Die drie is in Maart in Tshwane in hegtenis geneem nadat hulle betrap is met gesteelde kabels. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, het wetstoepassers se volgehoue pogings geloof om die stad […]
Kanaal teen Angolese grens sal misdaad bekamp - October 20, 2022
Die uitvoerende hoof van NamWater Abraham Nehemia sê die kanaal wat deur die streeksleierskap van Ohangwena voorgestel is sal na aan die grens loop om veediefstal, die diefstal van motors en onwettige oorgrens verkeer te verhoed, sowel as om te dien as waterbron vir gemeenskappe om tuine aan te plant vir voedselsekerheid. Die eerste minister […]
R1,1m se skenking vir landelike veiligheid in SA - October 20, 2022
Die Agri Securitas-trustfonds in die buurland het ‘n skenking van 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang om landelike veiligheid te help verseker. Die skenking kom van Corteva Agriscience, Sanlam en NWK Beperk. Die fonds se voorsitter, Cobus van Zyl, sê Suid-Afrika se boeregemeenskap worstel met wrede plaasaanvalle wat die land se toekomstige voedselsekerheid in gevaar stel. […]
Liz Truss bedank - October 20, 2022
Na weke se chaos in die Britse regering en ‘n totale ommekeer in haar ekonomiese plan, het Liz Truss pas bedank as eerste minister van die Verenigde Koninkryk. Sy is vanoggend ingeroep deur die voorsitter van die 1922-komitee wat oorsig oor die Tories hou en Sir Graham Brady sê hy het 54 briewe van Tory-lede […]
Vier veranderings vir Haaie se kragmeting teen Ulster - October 20, 2022
Die Haaie se afrigter, Sean Everitt, het vier veranderings aan sy span aangebring vir Saterdag se Verenigde Rugby Kampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Durban. Die Springbokke Ox Nché, Bongi Mbonambi, Siya Kolisi en Makazole Mamimpi is terug in die opdrafspan, terwyl die gashere ook op internasionale spelers soos Eben Etzebeth, die kaptein, Thomas du Toit, en […]
Four Paws staan Oekraïnse troeteldiere by - October 20, 2022
Four Paws, die internasionale dierewelsynsorganisasie, het ‘n peiling gedoen van die stand van sake in verband met troeteldiere in die Oekraïne. Die uitdagings blyk om dieselfde te wees soos Namibië ervaar en volgens Elize Parker van Four Paws in Suid-Afrika, sal gratis sterilisasie, onder andere, baie help.
Statistiese standaarde bekend, en is uiters belangrik - October 20, 2022
Daar is ‘n groeiende behoefte aan kwaliteit en tydige statistieke om die publiek te ondersteun en beleidsmaking in te lig. Dit is die mening van die statistikus-generaal Alex Shimuafeni. Statistieke word as uiters belangrik geag vir die regering om genoegsame inligting te hê om die regte beleid daar te stel. Daarom het Shimuafeni vanoggend vier […]
Eskom maak beurtkrag skedule vir naweek bekend - October 20, 2022
Eskom sê beurtkrag sal die naweek voortduur. Dit volg nadat vyf opwekkingseenhede oornag onklaar geraak het, wat die huidige opwekkings-tekorte vererger het. Fase 3-beurtkrag sal voortgaan en tot môreoggend 5-uur van krag wees. Dit sal dan in die dag opgeskort word. Fase 3-beurtkrag sal weer ingestel word vanaf 4-uur môremiddag tot 5-uur Saterdagoggend. Eskom se […]
Truss se moeilikheid verdiep, 54 vra dat sy moet gaan - October 20, 2022
Die Britse premier Liz Truss vergader op die oomblik met die 1922-komitee voorsitter Sir Graham Brady na hy 54 briewe ontvang het van lede van die Konserwatiewe Party wat eis dat Truss moet bedank. Die komitee doen oorsig oor die Konserwatiewe Party se sake. Na die chaos met Truss se ekonomiese plan sowel as die […]
Eagles se wêreldbeker droom lê aan skerwe - October 20, 2022
Die Eagles se wêreldbeker droom lê aan skerwe. Namibië het met sewe paaltjies teen die Verenigde Arabiese Emirate verloor. Die Verenigde Arabiese Emirate, wat eerste gekolf het, het teen rustyd 148 vir 3 behaal. Dus kwalifiseer die Eagles nie vir die Super 12’s nie en Nederland dring deur.