Openbare Beskermer se finale hofaansoek afgekeur
Die Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het geen regshulp oor om die parlement te verhoed om haar geskiktheid vir die amp te ondersoek ná gister se beslissing in die Konstitusionele Hof nie. Die land se hoogste hof het haar aansoek om sy vroeëre uitspraak wat die reëls wat die proses reguleer onderskryf te herroep, eenparig […]
Prinse Andrew, Harry en Meghan gaan nie op paleis-balkon verskyn
Prins Harry, sy vrou Meghan en Prins Andrew gaan nie Buckingham Paleis se bekende balkon met die Britse monarg deel vir die viering van haar platinum-jubileum vroeg volgende maand nie. Die paleis het die aankondiging gedoen na maande se bespiegeling oor die bewerings van seksuele misbruik teen Andrew en die hertog en hertogin van Sussex se besluit […]
Poemas klop Haaie, Cheetahs wen leeus
Rugby: Die Poemas het die Haaie gisteraand in Durban oortuigend met 20-10 in ‘n Curriebekerwedstryd geklop. Die Poemas het met dié uitslag ‘n bietjie ingehaal teen die Griekwas wat in die vierde plek is met slegs een-punt verskil tussen die twee spanne. In Johannesburg moes die Cheetahs alles uithaal vir hulle oorwinning van 35-26 oor […]
Byna N$1,4 miljoen geroof van kontantvervoerwa
Die Windhoek Stadspolisie het bevestig geen verdagtes is nog in hegtenis geneem ná gister se gewapende rooftog van ‘n kontantvervoerwa by die Puma-depot in die noordelike nywerheidsgebied in die hoofstad nie. Daar was volgens berigte vier rowers en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant ter waarde van byna 1,4 miljoen Namibiese dollar en […]
DA eis opheffing van maskermandaat in skole
Die DA doen ‘n beroep vir die opheffing van die masker-mandaat in skole. Dit volg nadat verskeie gesondheidskundiges herhaaldelik gesê het die risiko van die mandaat vir leerlinge weeg swaarder as enige moontlike voordele. Volgens Baxolile Nodada van die DA het die masker-mandaat in Suid-Afrika nie enige merkbare uitwerking gehad om die verspreiding van Covid-19 […]
Ontploffing ruk hotel in Havana
‘n Groot ontploffing het ‘n bekende hotel in Havana in Kuba geruk en verskeie verdiepings het ineengestort. Minstens vier mense is dood, berig plaaslike media en ooggetuies. President Miguel Diaz-Canel het op die toneel gesê die ramp by die Saratoga-hotel was nie weens ‘n bom nie en ‘n gaslekkasie is die waarskynlikste oorsaak. Verskeie mense is beseer.
Ster in rolstoel gaan SA in Slowenië verteenwoordig
Liggaamsbou: ‘n Rolstoel-gebonde liggaamsbouer van Kariega in die Oos-Kaap is gekies om Suid-Afrika volgende maand op die Sloweense Liggaamsbou-Wêreldbekerbyeenkoms te verteenwoordig. Max Kulati sê hy is opgewonde, hoewel befondsing vir sy reis ‘n uitdaging is. Rochelle van der Bank van die Internasionale Liggaamsbou- en Fiksheids-federasie sê die organisasie ontvang nie geld van die regering nie, omdat dit nie aan die vereistes […]
Inligtingsministerie wil gemeenskapsmedia beleidsraamwerk finaliseer
Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het gesê sy ministerie is besig om die gemeenskapsmedia beleidsraamwerk binne die huidige boekjaar te finaliseer wat die ontwikkeling van gemeenskapsmedia in die land versterk. Mushelenga het by die herdenking van die Wêreldpersvryheidsdag gesê die raamwerk sal veral gemeenskapsradio versterk, wat gemeenskappe op voetsoolvlak sal bemagtig. Hy het bygevoeg dat, aangesien toegang tot inligting een van die hoekstene van vryheid […]
Steenhuisen gee terugvoering oor sy Oekraïnse besoek
Terwyl Suid-Afrika se ANC-regering geweier het om Rusland se oorlog in die Oekraïne te veroordeel en ‘n neutrale stand aangeneem het, het die DA-leier John Steenhuisen besoek in Oekraïne afgelê. Hy sê die verwoesting in die Oekraïnse hoostad, Kiëf, is hartverskeurend. Hy gee terugvoering vanaf Kiëf ná afloop van sy besoek.
Stad Kaapstad heropen MyCiti-bushaltes
Stad Kaapstad se direktoraat vir stedelike mobiliteit heropen volgende week Saterdag MyCiTi se Grey- en Neptune-bushaltes weens die aanvraag vanaf passasiers. Die twee bushaltes was gesluit weens die Covid-pandemie en die gevolglike beperkings op beweging. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê hy glo die vraag sal aanhou groei, veral gegewe die […]