Pres. Geingob loof Namibiese moeders
President Hage Geingob het alle moeders in Namibië ‘n geseënde Moedersdag toegewens. Sy tema vir vanjaar se Moedersdag is “Gender equality today for a sustainable tomorrow”. Hy het gesê ons eer ons moeders vir die opofferings wat hulle maak om gesinne, huise en ‘n beter Namibië te bou. Hy sê as ‘n nasie erken en vier ons Namibiese moeders en gaan voort om geslagsgelykheid […]
Wes-Kaapse premier veroordeel skietvoorval by Nuwe Somerset-hospitaal
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde veroordeel die skiet-tragedie by die Nuwe Somerset-hospitaal waarin twee pasiënte dood en ‘n polisiebeampte ernstig gewond is. ‘n Verdagte wat vir mediese behandeling na die hospitaal geneem is, het na bewering die beampte se vuurwapen gegryp en hom geskiet. Hy het daarna op twee pasiënte losgebrand wat op die toneel dood is. […]
Oekraïnse dansers vind nuwe tuiste in Spanje
Spanje se Nasionale Dansgeselskap help talle beroepsdansers wat ly weens die oorlog in Oekraïne. Verskeie klassieke dansers wie se lewens omgekeer is, is in staat gestel om by die dansgeselskap aan te sluit en ‘n nuwe tuiste te vind. Een van die dansers, Anastasia Kovalevska, sê sy kon haar nooit indink die dag voor die inval sou haar laaste repetisie […]
Bulle gaffel Griekwas met 48-38
Rugby: Die Bulle en die Griekwas het gisteraand in Pretoria vir ‘n vermaaklike Curriebekerwedstryd gesorg wat die tuisspan met 48-38 gewen het. Die Bulle het teen rustyd met 36-5 voorgeloop. Dertien drieë is in die wedstryd gedruk, met sewe deur die Bulle. In die naweek se ander kragmetings het die Poemas die Haaie in Durban […]
Busbestuurder skiet vermeende dief dood
‘n Busbestuurder van Econolux het homself aan die polisie oorgegee nadat hy ‘n vermeende dief in die vroeë oggendure in Galjoenstraat in Kuisebmond op Walvisbaai doodgeskiet het. Dit is nadat die oorledene en twee ander na bewering by die bus ingebreek het. Volgens polisiewoordvoerder, inspekteur Ileni Shapumba, het die 55-jarige busbestuurder, kort nadat hy die bus geparkeer het, ‘n geraas buite gehoor en ondersoek gaan […]
Openbare werke moet 28 brûe in KwaZulu-Natal bou
Vier distrikte in KwaZulu-Natal het die departement van openbare werke versoek om 28 brûe te bou na verlede maand se verwoestende vloede. Die ramp het meer as 400 lewens geëis en meer as 100 000 mense dakloos gelaat. Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê die projekte is gemik om met die verwydering […]
Vroue in Afghanistan moet weer burka dra
Afghanistan se Taliban-regering het vroue beveel om hul gesigte in die openbaar te bedek. ‘n Bevel van die groep se hoogste leier, Haibatullah Akhundzada, het gesê as ‘n vrou nie haar gesig buite die huis bedek nie, haar pa of naaste manlike familielid besoek sal word en moontlike tronkstraf of ontslag uit staatsposte in die gesig staar. Die blou burka wat verpligtend […]
Fraser-Pryce wens Christine Mboma beterskap toe ná liesbesering
Christine Mboma se droom om weer vir Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika, ook in die 100 meter-item te wen, het aan skerwe gespat. Die Namibiese Olimpiese silwer medalje-wenner het ‘n liesbsering opgedoen terwyl sy die 100 meter in Nairobi, Kenia, teen Fraser-Pryce gehardloop het. Dieselfde het verlede naweek in Gaborone met haar oefenmaat Beatrice Masilingi gebeur. Fraser-Pryce het die 100 meter in 10,67 sekondes by […]
Voorkom brande in informele nedersettings in die winter
Brande kom al hoe meer in informele nedersettings in Namibië voor waar sinkhuise vernietig word, veral tydens die winterseisoen. Inwoners maak vure in of naby hul sinkhuise om warm te bly. Vandeesweek was daar weer ‘n brand in die DRC informele nedersetting op Swakopmund waar vier sinkhuise vernietig is. Die hoof van brandveiligheid en -voorkoming […]
Action SA soek geen misdadigers in staatsdiens
Action Society het ‘n nuwe veldtog van stapel gestuur in ‘n poging om gewelddadige misdadigers te keer om vir staatsdiensposte oorweeg te word. Die burgerregte-organisasie doen ‘n beroep vir ‘n wysiging aan die Grondwet. Die wysiging sal verhoed dat ‘n veroordeelde persoon, ongeag die tydskaal of vonnis, in die staatsdiens kan dien. Die gemeenskapsveiligheidsdirekteur van […]