Namibiese sinode van NG Kerk gee redes vir wegbreek van algemene sinode

Die Namibiese sinode van die NG Kerk het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy gaan hom losmaak van die kerk se algemene sinode as dié nie binne die volgende ses maande onderneem om sekere van sy besluite te herroep nie. Die Namibiese sinode met 45 gemeentes, die enigste streeksinode buite die NG Kerk van Suid-Afrika, […]

Read More

VN sê meer as 3,5 miljoen Oekraïnse burger het al gevlug

Die Verenigde Nasies sê meer as 3,5 miljoen Oekraïense burgers het uit die land gevlug sedert Rusland dit op die 24ste van verlede maand binnegeval het. Negentig persent is vroue en kinders. Die VN het lande geloof wat vlugtelinge inneem terwyl die konflik voortwoed. Die meeste vlugtelinge het in buurlande gaan skuiling soek, soos Pole, Slowakye, Roemenië […]

Read More

Inflasievoorspelling vir Namibië vir 2022 is 6,1% 

Simonis Storm in Windhoek het hul inflasievoorspelling vir Namibië vir 2022 aangepas vanaf 4,7 persent tot 6,1 persent. Hulle glo hierdie voorspelling is aan die konserwatiewe kant aangesien brent-ruolie ingereken is op 140 Amerikaanse dollar en ‘n gemiddelde rand-wisselkoers van 15,30 teenoor die Amerikaanse dollar. As enige van hierdie aanwysers meer versleg as na verwagting as gevolg van ‘n langdurige oorlog in die […]

Read More

Goanikontes Oase maan teen Swakoprivier wat loop

René Baard van Goanikontes Oase het bevestig die Swakoprivier kom weer af en loop sterk by Goanikontes. Volgens berigte kan vragmotors nie vanaf die Arandis-pad Goanikontes bereik nie. Vragmotorbestuurders word aangeraai liewer die D1991-pad deur die woestyn te gebruik. Baard gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

SA gesondheidsminister erken daar is uitdagings met herstelwerk aan Charlotte Maxeke-hospitaal

Die Suid-Arikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is uitdagings rondom die afhandeling van die herstelwerk aan die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. Hy sê hy kan nie die moontlikheid van korrupsie buite rekening laat nie en verwag ‘n volledige verslag oor die vordering met die herstelwerk. Phaahla sê die onlangse skade aan die nuut-opgeknapte noodeenheid dui […]

Read More

AfriForum kry dringende interdik om R50 miljoen aan Kuba te skenk

AfriForum het daarin geslaag om ‘n dringende interdik te bekom om die departement internasionale betrekkinge en samewerking te verhoed om 50 miljoen rand aan Kuba te skenk. Die hooggeregshof in Pretoria het teen die skenking beslis te midde van ‘n ernstige ekonomiese krisis. Reiner Duvenage van AfriForum sê hulle is tevrede met die uitspraak en […]

Read More

Oekraïnse President vra pous Franciskus om bemiddelaar te wees

President Wolodimir Zelensky van die Oekraïne het pous Franciskus gevra om te bemiddel in sy land se konflik met Rusland sodat menslike lyding verlig kan word. Zelensky sê hy het ‘n telefoongesprek met die pous gehad oor die moeilike humanitêre situasie. Onderhandelaars van Moskou en Kiëf gaan voort met samesprekings om die bloedige gevegte van byna vier weke te beëindig, […]

Read More

Namibiërs is nie baie gelukkig nie

Die Verenigde Nasies het hul World Happines-verslag oor die gelukkigste lande ter wêreld bekend gestel en Namibië lê 124ste op die ranglys van 146 lande. Finlanders is vir die vyfde agtereenvolgende die gelukkigste land ter wêreld, gevolg deur Denemarke en Swede. Suid-Afrika beklee die 101ste plek. Die verslag is saamgestel voor Rusland se inval op 24 Februarie in die […]

Read More

Gautengse gesondheidsdepartement het agterstand van 10 000 lykskouingsverslae

Die Gautengse gesondheidsdepartement beywer hom daarvoor om die agterstand met lykskouingsverslae te verklein. Daar is tans ‘n agterstand van meer as 10 000 verslae. Woordvoerder Kwara Kekana sê die Forensiese Patologie-diens werk nou saam met die Polisiediens en die departement justisie. Kekana sê die spanne voldoen aan eenvormige prosedure om objektiewe, onpartydige en wetenskaplik akkurate […]

Read More

Watersuiweringswerke en mynbedrywighede is hoof-waterbesoedelaars in SA

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê watersuiweringswerke en mynbedrywighede is die hoofbronne van waterbesoedeling in Suid-Afrika. Dit is bepaal deur 2017 se Watergehalte-bestuursbeleid- en strategieë vir Suid-Afrika. Mchunu sê beleid en standaarde is ingestel om die besoedeling in die sektore reg te stel. Hy sê die uitdagings waarmee die land te […]

Read More