Afrika-jeug word in landbou-projek ondersteun
Heifer International het die Dubbed Digital Agriculture Champions-projek onthul wat digitale tegnologiese oplossings bied vir uitdagings waarmee kleinboere in Afrika te kampe het. Die senior vise-president vir Afrika-programme by Heifer International, Adesuwa Ifedi, sê die organisasie is daartoe verbind om die jeug te mentor om digitale opname-entrepreneurs te word. Ifedi sê die gevorderde tegnologie poog om aandag te gee aan uitdagings in die landbousektor ná die pandemie […]
Blitsbok-nuweling gereed om impak te maak
Rugby: Die Springbok sewesspan is in Toulouse vir die Frankryk Sewes. Blitsbok-ster Selvyn Davids is laat onttrek uit die groep, met die jong Dalvon Blood wat sy plek oorgeneem het. Blood hoop om sy debuut te maak in Toulouse, en volgens hulpafrigter Renfred Dazel, verdien Blood sy kans.
Swakopmund se konstruksiebedryf groei in April
Gedurende April 2022 is altesaam 95 bouplanne in Swakopmund volgens Simonis Storm goedgekeur, vergeleke met 34 in die vorige maand en 38 in April 2021. Goedgekeurde planne het ‘n totale waarde van byna 120 miljoen Namibiese dollar en sluit 94 residensiële planne en een instellings in. Theo Klein van Simonis Storm is aan die woord.
Minder bouplanne in Windhoek in April goedgekeur
Volgens Simonis Storm is altesaam 188 bouplanne gedurende April 2022 in Windhoek goedgekeur, vergeleke met 247 in die vorige maand en 268 in April 2021.Die goedgekeurde planne het ‘n gesamentlike waarde van 107,6 miljoen Namibiese dollar en sluit 114 planne vir aanbouings, een kommersieel, 58 huise in. Theo Klein van Simonis Storm…
Agra se speenkalf-kompetisie skop in Junie af
Die 2022 Agra speenkalf-kompetisie vind vanjaar vir die elfde keer in ‘n moderne formaat plaas. Daar sal 21 veilings vanaf 21 Junie tot 15 September regoor Namibië vanaf Karasburg tot Grootfontein plaasvind. Daar sal ook vier nuwe veilingsplekke wees, naamlik Talismanus, Okanjatu, Okakarara en Aminius. Vanjaar sal drie nasionale wenners aangekondig word. Die streekwenners, asook die algehele kampioene sal by die gesogte jaarlikse gala-geleentheid […]
DA: Gauteng se 2,6 miljoen trek geen voordeel uit oorlogskamer
Die DA in Gauteng sê die 2,6 miljoen werklose inwoners van die provinsie trek geen voordeel uit die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling se oorlogskamer wat onder premier David Makhura gestig is nie. Altesaam 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is daaraan bestee. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê dit beteken werklose inwoners, veral die jeug, sal steeds sukkel […]
Byna 450 massa-skietvoorvalle in Kaapstad tussen Junie 2019 en Des 2021
Die jongste statistiek toon daar het tussen Junie 2019 en Desember 2021, 442 massa-skietvoorvalle in die Wes-Kaap plaasgevind. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die polisie is besig om planne in werking te stel om massa-skietvoorvalle in die provinsie uit te roei deur polisie-sigbaarheid te verhoog en meer as 200 polisiebeamptes vanaf ander provinsies te […]
Betogers oorhandig petisie aan NamRA
Kommissaris Sam Shivute van NamRA het betogers van die NEFF en AR ontmoet om hul petisie te ontvang. As deel van hul eise, soos voorgelees deur NEFF se vise-president Kalimbo Iipumbu, wil hulle hê dat NamRa ontbind word en as ‘n departement in die ministerie van finansies herintegreer word. Die groep wil verder hê dat die salarisse van NamRa-bestuurders met 40 persent gesny word […]
NWR vaar 44% beter in 2021-boekjaar
Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama het aangekondig dat NWR sy verliese van 174 miljoen Namibiese dollar in die jaar 2020 tot 97 miljoen dollar in die boekjaar 2021 verminder het, ‘n verbetering van 44 persent of 77 miljoen dollar. Hy het gesê hulle het nuwe strategieë in plek gestel om […]
Skuld-afskrywings tot einde van maand in Kaapstad beskikbaar
Die Stad Kaapstad moedig diegene aan wat kwalifiseer vir sy geskiedkundige skuldafskrywings-aansporing om voor die einde van die maand om bystand aansoek te doen. Meer as twee miljard Suid-Afrikaanse rand se skuld is reeds afgeskryf. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê dit is deel van hulle goedgekeurde spesiale bystand-projek om kliënte te […]