Engeland klop Protea-vroue in tweede T20
Krieket: Die Protea-vrouespan het so byna vir ʼn opskudding gesorg teen Engeland in die tweede Internasionale T20-wedstryd in Worcester, maar Engeland was uiteindelik net te goed en te ervare. Die Proteas het 148 vir ses paaltjies in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken waarna Engeland klinies gekolf het en 151 vir vier paaltjies bereik het, met […]
Kinders vind baba-fetus in plastieksak op ashoop
‘n Vier tot ses maande oue fetus van ‘n meisie is by ‘n vullisgebied tussen die DRK- en Ombili-informele nedersettings op Otjiwarongo gevind. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, het ‘n groep kinders op twee plastieksakke met bloedvlekke afgekom wat vermoedelik gebruik is om die liggaam toe te draai […]
Omstrede ANC-politikus wys benoeming van die hand
Die omstrede ANC-politikus Zandile Gumede wat by korrupsie betrek word, het ‘n benoeming om as ANC-tesourier in KwaZulu-Natal te dien, van die hand gewys. Dit terwyl Sihle Zikalala en Sboniso Duma sake sal uitspook om as ANC-voorsitter in die provinsie te dien. Gume moes noodgedwonge haar benoeming verwerp weens die ANC se beleid van opsy […]
WGO verklaar aappokke as gesondheidsnoodgeval
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die aappokkie-uitbreking as ‘n wêreldwye gesondheids-noodgevalverklaar. Dr. Tedros Adhanom Gebreyesus, direkteur-generaal van die WGO sê meer as 16 000 gevalle is al in 72 lande aangemeld. Gevalle van die siekte is in Amerika vir die eerste keer by ‘n kleuter en ‘n baba geïdentifiseer. Tot op hede is vyf mense aan aappokke […]
Banyana Banyana is kampioene van Afrika
Sokker: Suid-Afrika se nasionale vroue-sokkerspan, Banyana Banyana, is nou die kampioene van Afrika nadat hulle die 2022 Afrika Nasiesbeker vir Vroue verower het. Daarmee kwalifiseer hulle ook vir aanstaande jaar se Vroue-wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland. Banyana Banyana het die kroon gespan op ʼn onoorwonne rekord in die toernooi deur Marokko gisteraand in die eindwedstryd […]
IPPR sê wetsontwerpe sloer in parlement
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gaan wetsontwerpe te stadig deur die parlement. Die Nasionale Vergadering gaan tot 6 September in reses. Die Namibiese parlement het oor vyf wetsontwerpe gedebatteer en 27 kennisgewings van vrae is ter tafel gelê, waarvan 22 verval het en vyf behandel is. Verskeie komitee-verslae en 15 mosies is ook hanteer. […]
Handel tussen SA en Ivoorkus verbeter
President Cyril Ramaphosa sê handel tussen Suid-Afrika en Ivoorkus verbeter geleidelik. Ramaphosa was die spreker tydens ʼn Sake-forum tussen Suid-Afrika en Ivoorkus in Pretoria. Suid-Afrikaanse uitvoere na Ivoorkus het herstel na ʼn afname in 2019 en die waarde van invoere uit dié land het die afgelope vyf jaar verdubbel. Ramaphosa sê verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye doen […]
SA vervoerminister: Vat korruptes in Prasa vas
Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het die Padvervoer-agentskap opdrag gegee om teen korrupsie by die eenheid op te tree. Hy het gewaarsku die Prasa-direksie sal met doeltreffende gevolge-bestuur, beslissend teen wangedrag en korrupte bedrywighede optree. ʼn Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na onreëlmatige kontrakte by Prasa het 44 werknemers by oortredings betrek en volgens Mbalula […]
Brandberg Backyard Ultra in aksie op Uis
Die Brandberg Backyard Ultra vind tans op Uis ten bate van die Save the Rhino Trust plaas. Dit is die eerste van sy soort in Namibië, al word dit al ‘n geruime tyd in ander dele van die wêreld gehou. Die organiseerder, Riana Scholtz, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Invoer-inspeksiesentrum op Walvisbaai brei uit
Die nuwe Namibiese Standaarde Invoer-inspeksiesentrum op Walvisbaai is teen ‘n koste van 36 miljoen Namibiese dollar uitgebrei. Die inspeksie-sentrum het sy bedrywighede en inspeksie-laboratorium uitgebrei om dienste aan die vissery- en verwante nywerhede te verbeter. Dit maak voorsiening vir inspeksies op bevrore en verkoelde vis, asook op blikkiesvis. Inspeksie vir veral ingemaakte vis en vleis, […]