Noorde-boer sê hoe hy water spaar
Seven Growers in Franschhoek in die Wes-Kaap werk aan metodes om die gebruik van te veel water vir die besproeiing van bloubessies te verminder. Die mede-eienaar, Wikus Strauss, sê aangesien die uitbreiding van water- en grondbronne stagnant is, is die sleutel tot volhoubare groei om minder water te gebruik. Hy sê hy het van sy […]
Oekraïnse President beskuldig Rusland van barbarisme ná aanval op Odesa
Die President van Oekraïne, Volodomyr Zelensky, het Rusland van barbarisme beskuldig na ʼn missiel-aanval op die hawestad, Odesa. Die belangrike ooreenkoms om Oekraïne se graan-uitvoere te hervat, wat net ure voor die aanval onderteken is, is nou in die weegskaal. Moskou het nie na die aanval gereageer nie en volgens Kiëf is voorbereidings steeds aan […]
Leclerz van Ferrari spring eerste weg in Franse Grand Prix
Motorsport: Charl Leclerq van Ferrari is in die eerste wegspringplek vir vanmiddag se Franse Grand Prix, die 12de ronde van die F1 Wêreldkampioenskap vir 2022. Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, van Red Bull is langs hom, gevolg deur sy spanmaat, Sergio Perez, in die derde plek. Die voormalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton begin in die vierde […]
Tekort aan papier is iets van die verlede
Die situasie by Windhoek Stationers oor die vrees vir ‘n tekort aan papier is nou iets van die verlede, aangesien die situasie weer besig is om na normaal terug te keer. Dit volg nadat die erge vloede in KwaZulu-Natal die voorsieningsketting-uitvoer na verskeie lande, insluitend Namibië, beïnvloed het. Dominic Gresse een van die eienaars by […]
DA eis verhaling van verlore Digital Vibes-geld
Die DA doen ʼn beroep op die departement van gesondheid om alle geld wat met Digital Vibes verloor is, te verhaal. Dit volg nadat drie amptenare, wat by die skandaal van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand betrek is, gestraf is. Michelle Clarke van die DA sê finale waarskuwings en verminderde salarisse is onvoldoende; swaarder strawwe is […]
Kitsvloede eis 22 lewens in Iran
Minstens 22 mense is dood in kitsvloede wat veroorsaak is deur swaar reën in Iran se suidelike provinsie Fars. Ten ministe een person is vermis, het Khalil Abdollahi, hoof van die provinsie se krisisbestuursafdeling, aan die nuusagentskap Tasnim, gesê. Hy het gesê 55 mense is gered in die vloed wat 15 motors meegesleur het. Die […]
Duane Vermeulen en Francois Steyn terug in Bok-kamp
Rugby: Die Springbokke het twee ervare spelers, Duane Vermeulen en Francois Steyn vir die nasionale groep herroep, vir die tuiswedstryde van die Rugby-kampioenskap. Afrigter Jacques Nienaber het besluit om ʼn vergrote groep van 41 spelers aan te wys vir die eerste deel van hierdie vertoonstuk van die suidelike halfrond. Vermeulen het knie-chirurgie ondergaan en Steyn […]
Namibiese omgewingsministerie woon Afrika Beskermde en Bewaringsgebiede Kongers in Rwanda by
Die Namibiese omgewingsministerie het die Wêreld-bewaringsorganisasie se eerste Afrika Beskermde en Bewaringsgebiede Kongres in Kigali, Rwanda, bygewoon. Meer as 2400 deelnemers van 53 Afrika- en 27 ander lande het die kongres bygewoon wat deur die regering van Rwanda, die Wêreld-bewaringsorganisasie en die African Wildlife Foundation aangebied is. Onder die tema “Vir Mense en Natuur” het […]
Leefstyl-oudits vir SA staatsamptenare: 34 uit 47 voltooi
Daar is ‘n groot verbetering in voldoening sedert die aanvang van leefstyl-oudits vir Suid-Afrikaanse staatsamptemare. Tot dusver het 34 uit 47 nasionale departemente aangedui hulle is besig om die oudits af te handel. Staatsdiens-kommissaris, Henk Boshoff, sê hulle het reeds botsings van belange teëgekom en gevind daar is ‘n toename in korrupte bedrywighede.
Missiele tref Odesa ondanks ooreenkoms oor graan-uitvoere
Missiele het die belangrike Oekraïnse hawestad Odesa getref ‘n dag nadat Oekraïne en Rusland ‘n mylpaal-ooreenkoms bereik het om die hervatting van graanuitvoer moontlik te maak. Twee missiele het Odesa Saterdag getref, het die weermag van Oekraïne gesê. Rusland het ingevolge die ooreenkoms ingestem om nie hawens te teiken terwyl besendings graan vervoer word nie. […]