Nege Namibiese atlete reeds in Birmingham vir Statebondspele

‘n Groep van nege Namibiese atlete, ‘n gids en spanbeamptes met ‘n mediese span het in Birmingham, Engeland vir die Statebondspele in 2022 aangekom. Namibiese atlete sal aan atletiek, para-limpiese atletiek, fietsry, boks, rolbal, swem, driekamp, stoei en gimnastiek deelneem by die kompetisie wat op Donderdag, 28 Julie begin en op 8 Augustus eindig. Namibië […]

Read More

Affirmative Repositioning skors twee hoës

Die Affirmative Repositioning-beweging se besluitnemingsliggaam, die interim nasionale aktiviste-raad, hou die naweek ‘n vergadering op Walvisbaai om belangrike kwessies van die beweging te bespreek, sê die leier, dr. Job Amupanda. Die beweging hou vandag ‘n mediakonferensie waartydens besluite aangekondig sal word. Die woordvoerder, Simon Amunime, en hoof van verkiesings, Paulus Kathanga, is volgens berigte geskors.

Read More

Plaaswerker vas ná sy meisie weens beserings beswyk

‘n Plaaswerker in die Okahandja-distrik is in hegtenis geneem nadat sy meisie aan inwendige bloeding beswyk het weens beserings wat sy glo opgedoen het in ‘n aanval van die 41-jarige man. Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek, sê die oorledene is deur haar naasbestaandes as die 27-jarige Rolina Witbooi geïdentifiseer. Witbooi en […]

Read More

WGO se direkteur-generaal: Staan op teen stigma van siektes

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, doen ʼn beroep op burgerlike organisasies, insluitende die wat ervaring het van werk met mense met vigs, om met die WGO saam te werk om stigma en diskriminasie te beveg. Ghebreyesus het gepraat tydens ʼn media-sessie oor die huidige uitbreking van aappokke, wat vroeër tot ʼn wêreldwye openbare […]

Read More

Kankervereniging se nasionale uitreik-program skop in Hardap af

Die Kankervereniging van Namibië gaan sy nasionale uitreik-program môre in die Hardap-streek afskop. Die vereniging is môre vanaf half-agt die oggend tot drie-uur die middag by die Rietoog-gemeenskapskliniek in die Rehoboth-distrik. Vir 100 vroue sal gratis papsmeer-toetse vir servikale kanker en bors-ondersoeke vir borskanker gedoen word, en 50 mans sal gratis vir prostaatkanker getoets word. Woensdag […]

Read More

NamWater ken tender van N$2,78 miljoen aan Valco Valves & Pipes toe

NamWater het ‘n tender van 2,78 miljoen Namibiese dollar vir die voorsiening van roesvrye pyp-bande vir die vervanging van die waterpyplyn tussen Swakopmund en Schwarzekuppe in die Namib-woestyn aan Valco Valves & Pipes toegeken. Volgens die Tenderbulletin is vier tenders aangebied, maar die ander drie tenderaars, naamlik Elwiwa, Haw Retailers en Tube-O-Flex Namibia is weens verskeie […]

Read More

VF Plus: Mantashe nie geskik om energiekrisis op te los

Die Vryheidsfront Plus sê die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, is nie die regte persoon om die energiekrisis in Suid-Afrika op te los nie. Die party het gereageer op Mantashe se stelling dat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, nie die regte persoon is om die nutsmaatskappy reg te ruk […]

Read More

Marokko leen groot by Afrika Ontwikkelingsbank

Die president van die Afrika Ontwikkelingsbank-groep, Akinwumi Adesina, sê die Koninkryk van Marokko is ʼn gewaardeerde vennoot van die bank met ʼn groot portefeulje topvlak-bedrywighede. Adesina het ʼn vierdaagse konferensie amptelik aan Marokko Vrydag afgesluit. Die bank is reeds meer as 50 jaar in Marokko bedrywig, veral op die gebied van gesondheidsorg, boerdery, energie, water, […]

Read More

Namibiese bruin hiëna-navorser vanaand op die kassie

Die bekende Suid-Afrikaanse vervaardiger van die dokumentêre natuurrolprent, Stroop, en TV-aanbieder, Bonné de Bod, kuier in vanaand se episode van haar natuurlewe-program, Bewonder en bewaar, in die Skedelkuspark by die Namibiese bruin hiëna-navorser, Emsie Verwey. Verwey gaan kykers ‘n blik gee op dié sku roofdier, wat dikwels misverstaan word en as lelik beskryf word. Skakel […]

Read More

Namibiërs staan in die ry vir Pyne-toekennings 2022

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, is genomineer as Gasvryheid-ikoon van Afrika in die Pyne-toekenings vir 2022. The Olive Hotel in Windhoek is ook as Inheemse Hotel van die Jaar en die Sossusvlei Desert Lodge se spa is as Spa van die Jaar genomineer. Namibiërs kan tot 14 Augustus vir die […]

Read More