Brandstofprys: Verlenging van heffingsamnestie word nog oorweeg
Die Namibiese kabinet oorweeg nog of die verligtingsmaatreëls in verband met die brandstofprys verleng of verwyder moet word. Die maatreëls is in Mei daargestel vir drie maande. Die ministerie van myne en energie het voorlegging by die kabinet ingedien oor of die heffingamnestie met nog drie maande gehandhaaf en verleng kan word of om dit verder te verminder indien die situasie vererger. […]
Staking: Staatsamptenare stem die week
Staatsamptenare sal Donderdag en Vrydag stem oor of hulle oorgaan na ‘n staking of nie. Meer as 100 000 amptenare, wat onderwysers insluit sal onder die Nantu en Napwu vaandels stem. Die onafhanklike vakbond vir staatsamptenare, bekend as die PSUN, het ook sy lede aangemoedig om deel te neem aan die stemmery en om ten gunste van ‘n staking […]
Groot eer vir rolspelers in Namibiese toerisme
Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, is genomineer as Gasvryheid-ikoon van Afrika in die Pyne-toekennings vir 2022. The Olive Hotel in Windhoek is ook as Inheemse Hotel van die Jaar en die Sossusvlei Desert Lodge se spa as Spa van die Jaar genomineer. Namibiërs kan tot 14 Augustus aanlyn stem. Die […]
K2 is bereik, vir die eerste keer deur Suid-Afrikaners
Avonturiers Warren Eva en John Black het die eerste Suid-Afrikaners geword wat die piek van een van die gevaarlikste berge ter wêreld, die Savage Mountain K2 in Pakistan, kon bereik. Die reis was nie ‘n maklike een nie en is ‘n paar keer vertraag as gevolg van slegte weer, maar uiteindelik het Black en Eva […]
Aap-pokke kan beheer word met regte ingrypings
Dr. Tedros Adhanom Gebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die aap-pokke uitbreking kan onder beheer gebring word met geteikende ingrypings. Die WGO het die uitbreking as ‘n wêreldwye gesondheids-noodtoestand verklaar.
Rhoode sê Geingob het heli gestuur om hom by grens te haal
Die voormalige hoof van President Cyril Ramaphosa se sekuriteit, Wally Rhoode, het in sy antwoord aan vrae van die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane, gesê President Hage Geingob het Ramaphosa wel bygestaan na die rooftog op sy Limpopo-plaas. Rhoode sê dat hy na “niemandsland”, tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse grens, vertrek het om in opdrag van Ramaphosa met […]
Amunime het blykbaar Amupanda vir beweerde korrupsie gekla
Die Affirmative Repositioning-beweging het bevestig dat sy hoof van verkiesings, Paulus Nakathanga, en woordvoerder Simon Amunime geskors is. Dit volg op ‘n brief wat hulle aan die Teenkorrupsie-kommissie geskryf het waarin hulle beweer dat die leier dr. Job Amupanda omkoopgeld aanvaar het. Amunime het hul skorsing aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Amupanda het by ‘n […]
Liz en Rishi sal Rwanda-plan vir migrante hou
Die twee oorblywende Tory-kandidate, Liz Truss en Rishi Sunak, het beloof om voort te gaan met die regering se omstrede Rwanda-asielstelsel. Die regering sê die stelsel waarvolgens asielsoekers na Rwanda teruggestuur word, sal keer dat migrante uitgebuit word. Sunak sê hy sal alles in sy vermoë doen om dit te laat werk, terwyl Truss sê […]
Banyana-spelers verdien minder as Bafana-spelers
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het kommer uitgespreek omdat Banyana Banyana-spelers steeds minder as hul manlike eweknieë betaal word. Banyana Banyana is as die wenners van die Afrikabeker vir Vroue gekroon nadat hulle Marokko Saterdag verslaan het. Parlementswoordvoerder, Moloto Mothapo, sê […]
Boere in Dordabis-omgewing hoop veldbrande bly weg
Boere in die Dordabis-omgewing leef tans sonder enige groot uitdagings van veldbrande in vergelyking met die vorige jaar. Verlede jaar het baie boere skade gely weens veldbrande wat gelei het die verlies van duisende hektaar weiding, eiendom, vee en wild. Iris Stehn, ‘n boer in die Dordabis-omgewing, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle hoop dat […]