Nampol ondersoek verkragtingsaak, 14-jarige is swanger

Die Namibiese polisie in die Ohangwena-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n 19-jarige man na bewering ‘n 14-jarige meisie by die Onekwaya-nedersetting verkrag het. Volgens die mag se weeklikse misdaadverslag het die voorval na bewering reeds in Februarie plaasgevind. Die slagoffer is volgens berigte net minder as ses maande swanger. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en […]

Read More

Haufiku sê oor aap-pokke

Namibiese medici verwelkom die besluit van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat die uitbreking van aap-pokke as ‘n wêreldwye gesondheidsnoodgeval verklaar het. Dr. Tedros Adhanom Gebreyesus, direkteur-generaal van die WGO sê byna 16 000 gevalle is al in 75 lande aangemeld. Nog net twee ander siektes het al ooit as ‘n gesondheidsnoodgeval gekwalifiseer, naamlik Covid-19 en polio. Die […]

Read More

SA se taxi-verligtingsfonds is nie slenter nie

Die Suid-Afrikaanse vervoerdepartement ontken bewerings dat die buurland se taxi-verligtingsfonds ‘n skelmstreek is en dat wettige taxi-eienaars wat kwalifiseer, ontmoedig word om daarvoor aansoek te doen. Die fonds is gestig om taxi-eienaars te help met die negatiewe uitwerking van die nasionale inperking wat in Maart 2020 ingestel is om Covid-19-verspreiding te bekamp. Die departement se […]

Read More

Koskrisis is deur die Weste veroorsaak – Rusland

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, verwerp bewerings dat Moskou verantwoordelik is vir die wêreldwye koskrisis. Hy besoek tans Afrikalande soos Egipte, Uganda, Ethiopië en die Kongo. Oekraïne en Rusland verskaf gewoonlik meer as 40 persent van Afrika se koring. Lavrov sê Westerse nasies verdraai die waarheid oor die uitwerking van sanksies op wêreldwye voedselsekerheid. Hy beskuldig […]

Read More

Cyril sê beurtkrag ontvang aandag

President Cyril Ramaphosa het herhaal dat die buurland se regering besig is om bykomende maatreëls te finaliseer en hulle sal dit binnekort aankondig om beurtkrag op die medium termyn te beëindig. Die buurland het onmiddellik tussen vier- en ses-megawatt bykomende elektrisiteit per jaar nodig. Ramaphosa sê energiesekerheid is dringend nodig:

Read More

Katrina se seun se plaas berus by Martha Imalwa

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat die saak van oud-onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa se seun Denzil wat ‘n hervestigingsplaas in die Hardap-streek, toe sy moeder goewerneur van die streek was, ontvang het, aan die aanklaer-generaal oorhandig is. Hy was 24 jaar oud toe hy die plaas in 2015 ontvang het. Die ondersoek is geloods omdat Hanse-Himarwa, as […]

Read More

Stad Windhoek vergader met gemeenskappe

Stad Windhoek begin met ‘n reeks gemeenskaps-vergaderings om met die gemeenskappe te praat en uit te vind wat hul uitdagings is. Die vergaderings het ook ten doel om uit te vind met watter dienste die gemeenskappe tevrede is. Die vergaderings het hierdie naweek begin, maar dit duur tot Augustus. Tot dusver is vergaderings in die […]

Read More

Winde sê Kaapse jeug het die vaardighede om Eskom by te staan

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie het die nodige vaardighede om Eskom te help, en die provinsiale regering is meer as gewillig om te help waar hy kan. Die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings bedryf geakkrediteerde jeugbemagtigingsprogramme wat fokus op die opleiding van jongmense in uiteenlopende ambagte. Winde sê van 2019 tot 2022 […]

Read More

17 migrante van Haïti verdrink op pad VSA toe

Sewentien mense is dood en 25 gered toe ‘n boot met migrante uit Haïti naby die Bahamas omgeslaan het. Onder die slagoffers is ‘n jong kind, 15 vroue en ‘n man. Owerhede sê daar was waarskynlik meer as 60 mense aan boord en talle word dus vermis. Twee mense van die Bahamas is in hegtenis geneem omdat […]

Read More

Publiek sal voortaan aktiwiteite van AR bepaal

Tydens ‘n vergadering wat die Affirmative Repositioning-beweging op Walvisbaai gehou is om die lot van die hoof van verkiesings, Paulus Nakathanga en woordvoerder Simon Amunime se skorsing te beslis, het die beweging die geleentheid gebruik om Namibiërs in te lig dat hy voortaan deur die mense gelei sal word, eerder as deur die leierskapstruktuur. Aktivis […]

Read More