Ondersteuning vir Trump daal onder Republikeine

‘n Nuwe peiling deur Reuters en Ipsos toon dat Republikeinse ondersteuning vir oudpresident Donald Trump ietwat teruggesak het. In ‘n opname wat vroeg in Junie gedoen is het ‘n kwart van respondente geglo dat Trump nie moet staan in die 2024 verkiesing nie maar, ‘n nuwe opname net na die agtste openbare verhoor van die […]

Read More

Beurtkrag kan enige tyd ingestel word – Eskom

Eskom het bekend gemaak elektriese foute het vanoggend daartoe gelei dat vyf opwekkingseenhede by die Kriel-kragstasie in Mpumalanga buite werking is. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die foute het gelei tot die verlies van 2 000 megawatt op die stelsel, wat beteken daar is ‘n groot moontlikheid dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word:

Read More

Stad Whk se uitvoerende hoof: Daar was baie ongerymdhede

Die voorsitter van Stad Windhoek se bestuurskomitee Larandja Ndeshihafela, het vanoggend meer inligting bekend gemaak oor die vertraging in die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte vir die munisipaliteit. Sy het verskeie ongerymdhede in die proses uitgelig en sê die komitee is nie tevrede nie. Die burgemeester, Sade Gawanas, het gepoog om die perskonferensie te stop […]

Read More

SA se skietgeweld – daar’s te veel vuurwapens en ammunisie

’n Kriminoloog in Suid-Afrika sê onwettige vuurwapens en die beskikbaarheid van onwettige ammunisie in die buurland het bygedra tot die onlangse styging in wapenverwante misdade. Guy Lamb sê die ANC-regering moet kyk na die verbetering van die reeds swak misdaadintelligensie in die land ná verskeie massaskietvoorvalle die afgelope weke, insluitend in die Wes-Kaap, Gauteng en […]

Read More

BLSA stel verslag op oor befondsing vir armes

Business Leadership South Africa sê alhoewel die lot van armes in die land haglik is en dringende maatreëls nodig is, is die oplossing nie dat die ekonomie ondermyn word nie. Die organisasie in samewerking met Business Unity SA, het ‘n verslag vrygestel oor befondsingsopsies vir ‘n basiese inkomstetoelaag. Business Leadership SA se uitvoerende hoof, Busi […]

Read More

Pat Benetar los liedjie oor skietvoorvalle

Die Amerikaanse sanger Pat Benatar sal nie meer haar liedjie “Hit Me with Your Best Shot” by vertonings sing nie, uit respek vir Amerikaanse gesinne wat deur massaskietvoorvalle geraak word. Benatar sê haar siening van die liedjie se lirieke, wat die woorde “fire away” insluit, het verander. Daar was meer as 350 massaskietvoorvalle regoor die Verenigde State sedert die begin van die jaar, volgens Gun Violence Archive. Die tong-in-die-kies-liedjie, geskryf deur Eddie Schwartz […]

Read More

Boris is steeds gewildste in Brittanje, wat nou?

Dit het onder die aandag van die Namibië Boere Droogtehulp gekom dat daar individue is wat die oDie voormalige Britse eerste minister Boris Johnson kry steeds meer ondersteuning van die lede van die Konserwatiewe Party as die twee kandidate vir sy pos, Rishi Sunak en Liz Truss. ‘n Tory-parlementslid James Cleverly, wat agter Truss staan, […]

Read More

20% van Namibië se woude in 30 jaar verwoes

Plaaslike berigte lui dat die omgewingsministerie dit sterk oorweeg om persone wat plantegroei op enige manier oes, te dwing om bome aan te plant en hulle te versorg. Dit kom na die aankondiging dat Namibië 20 persent van sy woude in die afgelope 30 jaar verloor het. Volgens die minister, Pohamba Shifeta, is vir volhoubare gebruik van die land […]

Read More

Droogtehulp kom slenter agter, sal nooit selfoonbetalings vra nie

Dit het onder die aandag van die Namibië Boere Droogtehulp gekom dat daar individue is wat die organisasie se naam gebruik om geld te steel. Die individu beweer dat hy van die organisasie is en vra mense om geld via selfoonbetalings te skenk. Die nommer wat gebruik word behoort nie aan die organisasie nie. Henriette […]

Read More

SABA-kanaal binnekort op die kassie

Die Suider-Afrikaanse Uitsaai-vereniging, SABA, se president en direkteur-generaal van die Namibiese Uitsaaikorporasie, Stanley Similo, het gesê die SABA TV-kanaal is gereed om binne die volgende drie maande bekend gestel te word. Volgens Similo is die idee van SABA TV om ‘n kanaal te hê wat alle soorte plaaslike inhoud van al die nasionale uitsaaiers binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap […]

Read More