Een vas na drie doodgeskiet is by gradeplegtigheid

 Die polisie het een verdagte in hegtenis geneem nadat drie mense doodgeskiet is tydens ‘n gradeplegtigheid by die Ateneo de Manila Universiteit in die Filippyne. Quezon se polisiewoordvoerder, Remus Medina, sê die skietery was moontlik ‘n sluipmoord. Die voormalige burgemeester van Lamitan, Rose Furigay, is geskiet toe sy op die punt was om haar dogter […]

Read More

DA: Regering staan in pad van diegene wat kragkrisis wil oplos

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa en sy regering staan in die pad van diegene wat in staat is om die kragkrisis op te los. Hy het sy party se kritieke beleids-ingrypings uiteengesit om die kragkrisis in Suid-Afrika op te los. Steenhuisen meen as die nasionale regering toelaat dat munisipaliteite ‘n rol speel, […]

Read More

Goewerneurs kom byeen in Zambezi 

Streeksgoewerneurs van regoor die land is tans in die Zambezi-streek vir hul jaarlikse goewerneurs-forum om kwessies wat verband hou met streeks-koördinering en -bestuur aan te pak. Die forum wat vandag afgeskop het, word gehou onder die tema: “Versterking van streeksbestuur.” Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het gesê die ministerie erken die […]

Read More

DA: Werksgeleenthede in die weegskaal weens beurtkrag

Die DA in Gauteng sê duisende werksgeleenthede in die provinsie is tans in die weegskaal weens die voortdurende beurtkrag wat Eskom toepas. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie en moontlike beleggings-geleenthede in die privaat sektor. Dorianne Arendse van die DA sê die Gautengse Infrastruktuur-agentskap, wat die opdrag het om beleggings-geleenthede uit die privaat […]

Read More

Klere- en mode-sektor dra steeds goed by tot Kaapstad se ekonomie

Die Stad Kaapstad sê die klere- en mode-ontwerp-sektor dra steeds baie by tot die Moederstad se ekonomie en moet in jong entrepreneurs belê om volhoubaar te bly. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê organisasies soos die Kaapse Klere- en Tekstiel-groep en die Kaapstadse Mode-raad bevorder die klere- en tekstielbedryf baie goed.

Read More

VN: 15 kinders verdrink in Bangladesj

Die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds het bevestig 15 kinders het verdrink in kitsvloede in Bangladesj. UNICEF se verteenwoordiger, Sheldon Yett, sê 3,5 miljoen kinders benodig dringend skoon drinkwater namate die risiko van water-oordraagbare siektes toeneem. Yett sê 2 700 gevalle van diarree is aangemeld. Hy sê die omstandighede is haglik aangesien groot gebiede heeltemal […]

Read More

NTTU se protesaksie begin môre, soos beplan

Die beplande protesaksie deur die Namibiese Vervoer en Taxi-unie sal môre soos beplan, begin. Die unie eis ‘n 40 persent verhoging in tariewe en sê ‘n verhoging is twee jaar gelede gegee en intussen het alles duurder geword, brandstof en onderhoud ingesluit. Die NTTU se president, Werner Januarie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Net agt Namibiese burgers in Oman oor, ministerie se pogings duur voort

Daar is volgens berigte net agt Namibiese burgers in Oman na hulle vroeër deur ‘n mensehandel-sindikaat na die land gelok. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkings, Penda Naanda, is 23 veilig gerepatrieer Naanda sê een van die slagoffers is baie erg mishandel.

Read More

Mr Price-baas kry R32,9m in bonus

Die Mr Price-groep het aan sy uitvoerende hoof, Mark Blair, ‘n bonus van 32,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken, in die vorm van ‘n toewysing in die maatskappy se verbeurde deelplan. Volgens Moneyweb is die bonus gelykstaande aan sy totale pakket vir verlede jaar en vanjaar. Die groep sê in ‘n verklaring Blair is reeds drie […]

Read More

Egipte wil teregstellings regstreeks uitsaai

’n Egiptiese hof vra vir ’n wetswysiging om die regstreekse uitsending van die teregstelling van die moordenaar van ’n vroulike student toe te laat. Volgens berigte, sal dit as ’n afskrikmiddel dien. Mohamed Adel is verlede maand skuldig bevind aan die moord met voorbedagte rade van mede-student Nayera Ashraf. Sy het blykbaar nie romanties in […]

Read More