Amerikaanse onder-sekretaris: Wildsmokkelary ‘n wêreldwye krisis
Die Amerikaanse onder-sekretaris vir burgerlike veiligheid, demokrasie en menseregte, Uzra Zeya, het haar besoek in Namibië by die Osire-vlugtelingskamp en die Waterberg Platopark in die Otjozondupa-streek afgesluit. By Waterberg het sy eerstehands ervaar hoe Amerika en Namibië saamwerk om Namibië se natuurlike hulpbronne en bedreigde wild teen onwettige handel te beskerm. Zeya sê onwettige wildhandel […]
DA verwelkom Mandisa Maya as adjunk-hoofregter
Die DA het Mandisa Maya se aanstelling as adjunkhoofregter van Suid-Afrika verwelkom. Die party het Maya die beste toegewens in haar belangrike rol en vertrou sy sal die onafhanklikheid van die regbank en die beginsel van grondwetlikheid handhaaf. ‘n Sterk, onafhankllike regbank is die ruggraat van ‘n vry en regverdige samelewing waar almal gelyk is […]
Een vas na drie doodgeskiet is by gradeplegtigheid
Die polisie het een verdagte in hegtenis geneem nadat drie mense doodgeskiet is tydens ‘n gradeplegtigheid by die Ateneo de Manila Universiteit in die Filippyne. Quezon se polisiewoordvoerder, Remus Medina, sê die skietery was moontlik ‘n sluipmoord. Die voormalige burgemeester van Lamitan, Rose Furigay, is geskiet toe sy op die punt was om haar dogter […]
DA: Regering staan in pad van diegene wat kragkrisis wil oplos
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa en sy regering staan in die pad van diegene wat in staat is om die kragkrisis op te los. Hy het sy party se kritieke beleids-ingrypings uiteengesit om die kragkrisis in Suid-Afrika op te los. Steenhuisen meen as die nasionale regering toelaat dat munisipaliteite ‘n rol speel, […]
Goewerneurs kom byeen in Zambezi
Streeksgoewerneurs van regoor die land is tans in die Zambezi-streek vir hul jaarlikse goewerneurs-forum om kwessies wat verband hou met streeks-koördinering en -bestuur aan te pak. Die forum wat vandag afgeskop het, word gehou onder die tema: “Versterking van streeksbestuur.” Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het gesê die ministerie erken die […]
DA: Werksgeleenthede in die weegskaal weens beurtkrag
Die DA in Gauteng sê duisende werksgeleenthede in die provinsie is tans in die weegskaal weens die voortdurende beurtkrag wat Eskom toepas. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie en moontlike beleggings-geleenthede in die privaat sektor. Dorianne Arendse van die DA sê die Gautengse Infrastruktuur-agentskap, wat die opdrag het om beleggings-geleenthede uit die privaat […]
Klere- en mode-sektor dra steeds goed by tot Kaapstad se ekonomie
Die Stad Kaapstad sê die klere- en mode-ontwerp-sektor dra steeds baie by tot die Moederstad se ekonomie en moet in jong entrepreneurs belê om volhoubaar te bly. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê organisasies soos die Kaapse Klere- en Tekstiel-groep en die Kaapstadse Mode-raad bevorder die klere- en tekstielbedryf baie goed.
VN: 15 kinders verdrink in Bangladesj
Die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds het bevestig 15 kinders het verdrink in kitsvloede in Bangladesj. UNICEF se verteenwoordiger, Sheldon Yett, sê 3,5 miljoen kinders benodig dringend skoon drinkwater namate die risiko van water-oordraagbare siektes toeneem. Yett sê 2 700 gevalle van diarree is aangemeld. Hy sê die omstandighede is haglik aangesien groot gebiede heeltemal […]
NTTU se protesaksie begin môre, soos beplan
Die beplande protesaksie deur die Namibiese Vervoer en Taxi-unie sal môre soos beplan, begin. Die unie eis ‘n 40 persent verhoging in tariewe en sê ‘n verhoging is twee jaar gelede gegee en intussen het alles duurder geword, brandstof en onderhoud ingesluit. Die NTTU se president, Werner Januarie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Net agt Namibiese burgers in Oman oor, ministerie se pogings duur voort
Daar is volgens berigte net agt Namibiese burgers in Oman na hulle vroeër deur ‘n mensehandel-sindikaat na die land gelok. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkings, Penda Naanda, is 23 veilig gerepatrieer Naanda sê een van die slagoffers is baie erg mishandel.