Ramaphosa onderteken vyf proklamasies vir korrupsieondersoeke in regering

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vyf proklamasies onderteken wat die Spesiale ondersoek-eenheid magtig om korrupsie en wanadministrasie in ten minste 14 regerings-instellings en -departemente te ondersoek. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die departemente wat ondersoek word sluit in al die provinsiale gesondheidsdepartemente. Kganyago sê die ondersoeke sal fokus op onwettige optrede met betrekking […]

Read More

Bushiri’s se uitlewering in Malawi aangehoor

Die hoof-landdroshof in Lilongwe, Malawi, het Suid-Afrika se aansoek aangehoor vir ‘n bevel om die uitleweringsaangeleentheid van Shepherd en Mary Bushiri na die land se hoërhof te verwys. Uitspraak is tot 5 Augustus voorbehou. Suid-Afrika se minister van justisie en korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het die media vandag ingelig oor hoëprofiel uitlewerings- en wedersydse regshulp-aangeleenthede. […]

Read More

Wêreldrekords spat in Eugene

Atletiek: Armand Duplantis van Swede het op die Wêreldkampioenskap in Eugene, Oregon, in Amerika sy wêreldrekord in die paalspring weereens verbeter toe hy op ‘n hoogte van 6,21 meter oor die dwarsbalk is. Dit is die vyfde keer dat die 22-jarige Olimpiese kampioen die wêreldrekord verbeter. Afrika was ook suksesvol toe Tobi Amusan van Nigerië […]

Read More

Taxi-gebruikers gee hul reaksie oor protes-aksie

Die beplande protes-aksie deur die Namibiese Vervoer en Taxi-unie sal môre soos beplan, begin, en Kosmos 94.1 Nuus die reaksie van taxi-gebruikers gevra . Die unie eis ‘n 40 persent verhoging in tariewe en sê ‘n verhoging is twee jaar gelede gegee en intussen het alles duurder geword, brandstof en onderhoud ingesluit. Taxi-gebruikers het gesê […]

Read More

Dis wárm in Birmingham, sê Namibiese atlete

Die erge hittegolf in die Verenigde Koninkryk kan daartoe lei dat sommige items van die Statebondspele in Birmingham na vroeg soggens of laat saans verskuif kan word. Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee se Abner Xoagub sê Namibiese atlete sal moet aanpas by die omstandighede, alhoewel atlete in Namibië in die koue winterstoestande tuis geoefen het. […]

Read More

Ondersoek bevind daar is rassisme in krieket in Skotland

Krieket: ‘n Onafhanklike ondersoek het bevind daar is honderde voorvalle van rassisme in die sport in Skotland. Volgens ‘n oorsig-verslag is daar ingewortelde rassisme onder die bestuur en leierskap, terwyl mense wat gekla het eenvoudig geïgnoreer is. Sportscotland het verlede jaar die ondersoek aangevra ná ‘n aantal klagtes ontvang is. Volgens ‘n anonieme opname van […]

Read More

Brandstof-kleinhandelaars positief oor uitkoms van vergadering

Na aanleiding van die reeks vergaderings tussen die gefrustreerde plaaslike brandstof-kleinhandelaars en die ministerie van myne en energie, gaan die ministerie môre hopelik tydens ‘n vergadering antwoorde aan die kleinhandelaars verskaf. Die kleinhandelaars het geëis vir ‘n beter winsmarge op brandstofverhandeling, asook dat die ministerie standpunt inneem oor die onwettige Angolese brandstof wat in Noord-Namibië […]

Read More

Buitelandse toeriste kuier langer in Namibië

Die Namibiese toerisme-ministerie het die toerisme-verslag vir 2021 vandag bekend gestel 270 644 buitelandse toeriste wat Namibië besoek het . Volgens die minister, Pohamba Shifeta, kuier toeriste nou langer in die land en het gemiddeld 24 dae in 2021 in Namibië bestee teenoor die vorige jaar se 19 dae. Altesaam 42,2 persent kom hou vakansie, […]

Read More

Cope: Lys van dubbel-agente moet gepubliseer word

Cope sê President Cyril Ramaphosa en sy ministers moet die lys van dubbel-agente wat saam met die apartheidsregering gewerk het, publiseer. Cope se nasionale woordvoerder, Dennis Bloem, het die media toegespreek en sê die regering wat die lys spioene wegsteek, sal onbestendigheid en wetteloosheid in die land verhoog. Bloem sê oudpresident Jacob Zuma het gedreig […]

Read More

Kommer oor tekort aan beddens, chirurgiese agterstand by hospitaal

Die DA sê onvoldoende tyd in die teater en ‘n tekort aan beddens in die hoësorg-eenheid by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal is die hoofredes waarom 2 677 operasies gekanselleer is. Ontwrigting weens Covid-19 en die gedeeltelike sluiting van die hospitaal ná die brand in April verlede jaar, is ook bydraende faktore. Die DA-lid, […]

Read More