Justisie se dienslewering by onderhoudsafdeling onder die loep

Die Namibiese ministerie van justisie neem kennis van die algemene openbare kommer oor onbevredigende kliëntediens by die onderhoudsafdeling by die Windhoek-landdroshof in Katutura in die hoofstad. Dit volg ná ‘n lid van die publiek in die media gekla het oor ongeskikte beamptes by die onderhoud-afdeling en telefone wat onbeantwoord bly. Die ministerie sê op sy […]

Read More

Namibiese jeug moet toerisme betree

Die Namibiese Toer- en Safari-vereniging, bekend as TASA, sê dit is tyd dat jongmense die toerismebedryf betree. Die 4de Afrika Jeug in toerisme-beraad met die Namibiese omgewingsministerie as gasheer, skop vandag in die hoofstad af en duur tot Vrydag. Die tema is “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Nathaly […]

Read More

Eerste prioriteit is om Eskom se kragstasies se prestasie te verbeter

President Cyril Ramaphosa sê ná jare van staatskaping en wanbestuur werk Eskom se bekwame en doeltreffende bestuurspan hard om die kragvoorsiener om te keer en jare se verval ongedaan te maak. Hy het uit die Uniegebou in Pretoria ‘n reeks bykomende maatreëls aangekondig om beurtkrag aan te spreek en langtermyn-energiesekuriteit te bewerkstellig. Ramaphosa sê die […]

Read More

Twitter-stelselfout: Musk giggel seker in sy mou

Elon Musk lag dalk in sy mou nadat ‘n fout in Twitter se stelsels dit vir kuberkrakers moontlik gemaak het om toegang te kry tot ‘n databasis van 5,49 miljoen Twitter-gebruikers regoor die wêreld. Die webwerf Restore Privacy berig die kuberkraker wat homself “devil” noem, vra 30 000 Amerikaanse dollar vir die inligting wat geplaas […]

Read More

Namibiese handelsminister in Ghana oor Afrika-vryhandelsgebied

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu is tans in hoofstad van Ghana, Accra om die Vergadering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied se Raad van handelsministers by te woon. Die oorhoofse doel van die byeenkoms is om te onderhandel oor uitstaande kwessies en ooreen te kom oor die stappe na die begin van kommersieel betekenisvolle handel in […]

Read More

Namibiese damme is tans saam 79,5% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,5 persent vol teenoor die 82,2 persent die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Suid-damme is tans voller op 88,9 persent teenoor verlede jaar se 87,9 persent. Die sentrale damme is tans saam op 56,3 persent baie leër as verlede jaar se 79,9 persent. Die Von Bachdam staan op 51,4 persent en […]

Read More

Ramaphosa spreek vanaand land toe oor kragkrisis

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal vanaand om agt-uur die land toespreek oor stappe wat die regering sal neem om die kragkrisis aan te spreek. Dit volg nadat adviseurs hul planne aan Ramaphosa voorgelê het om die land se kragkrisis op te los. Dit is onseker of Ramaphosa beoog om ‘n nasionale nood- of ramptoestand oor […]

Read More

Uitlewering van Guptas aan SA kan maande neem

Suid-Afrika se Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, sê die versoek vir die uitlewering van die Gupta-broers vanaf die Verenigde Arabiese Emirate kan etlike maande neem. Sy het die media ingelig oor die formele uitleweringsaansoek vir Atul en Rajesh Gupta, wat sy beskou as ‘n beduidende mylpaal vir Suid-Afrika. Batohi het weer die NVG […]

Read More

Kaapstad-burgemeester nooi sonkrag-opwekkingsaanlegte uit beurtkrag te stuit

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het vandag besighede met groot sonkrag-opwekkingsaanlegte genooi om by die Stad se inisiatief aan te sluit om beurtkrag tot ‘n einde te bring. Hill-Lewis het vandag aangekondig dat die stad nou ‘n twee-stap-inisiatief sal begin om die metro se kragvoorsiening ‘n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in […]

Read More

Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad skop môre in hoofstad af

Die Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad met die Namibiese omgewingsministerie as gasheer, skop môre in die hoofstad af en duur tot Vrydag. Die tema is “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Die beraad is ‘n eksklusiewe platform wat aan die innoverende Afrika-jeug en beginners in die reis- en toerismebedryf […]

Read More