Veediefstal ruk plaaslik hand uit
Plaaslike media berig dat daar tussen die week van volmaan tot 21 Julie 135 000 Namibiese dollar se beeste, gemsbokke ter waarde van 60 000 dollar, en sebras ter waarde van 9 000 dollar in die omgewing van Otjiwarongo, Karibib en Omaruru gesteel is. Boere het ook ongeveer 22 000 dollar bestee op brandstof, wagte en teenstropingseenhede. Veediefstal […]
Reaksie op Cyril en Eskom-krisis
Die DA in die buurland sê hy verwelkom die stappe wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het om die energiekrisis te hanteer, maar dis steeds onaanvaarbaar dat dit so lank geneem het om op te tree. Die president se plan berus op die herstel van Eskom se bestaande kragstasies en om onafhanklike kragverskaffers te betrek. Kevin […]
Goue munte in Zim om inflasie te beveg
Zimbabwe het goue munte bekend gestel om aan die publiek verkoop te word in ‘n poging om weghol inflasie te tem. Die sentrale bank het 2 000 munte aan kommersiële banke uitbetaal. Die munte, wat meer as 1 800 Amerikaanse dollar elk kos, kan ook vir kontant verruil word en vir aankope in winkels gebruik […]
Pous vra vir vergifnis in Kanada
Pous Franciskus het die inheemse mense van Kanada verskoning gevra vir die kerk se rol in skole wat plekke van mishandeling geword het. Daar word berig dat minstens 150 000 inheemse kinders oor ‘n tydperk van ‘n 100 jaar van hulle gesinne weggeneem en gedwing is om skole by te woon wat deur die Katolieke […]
Kalumbi is verkeerd
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het onder andere die koloniale politieke stelsel, geblameer vir wydverspreide geestesgesondheids-versteurings en verwante probleme in Namibië. Benewens die hoë werkloosheidsyfer, wat die risiko van geestes-versteurings verhoog, het die minister gesê die probleem word vererger deur ‘n dalende gevoel van solidariteit wat gedurende die moeilike jare van kolonialisme geheers het. […]
Amupanda sal help sê oor FIMA
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het bevestig dat hy aangestel is as ‘n lid van die tegniese komitee wat ondersoek instel en konsultasies sal hou in verband met die omstrede FIMA-wetsontwerp. Die wet, wat op 1 Oktober vanjaar in werking sou tree, en 75 persent van werkers se pensioengeld teruggehou het tot […]
Nujoma en Paragon skik
Die Namibiese arbiedsminister Utoni Nujoma en Paragon Investment Holding van Desmond Amunyela en Lazarus Jacobs, het volgens stukke wat by die hoërhof ingedien is, geskik. Nujoma het 150 000 Namibiese dollar in skadevergoeding van die redakteur van die Windhoek Observer Kuvee Kangueehi geëis. Volgens sy stukke het Kangueehi hom belaster deur hom as korrup uit […]
SME’s vergader vandag oor ‘lockdown lessons learned’
Vandag bring SMEs Compete plaaslike entrepreneurs byeen vir die Lockdown Lessons Learned-geleentheid wat by die SMEs Compete-hoofkantore in Windhoek plaasvind. Die doel van hierdie geleentheid sal wees dat die entrepreneurs hul ervarings tydens en na die Covid-pandemie deel. Diegene wat nie geregistreer het nie maar graag sou wou deelneem, kan steeds die kantore van SMEs […]
Biden sê Trump was ruggraatloos op 6 Januarie
Die Amerikaanse President Joe Biden, wat in die verlede nie veel kommentaar oor sy voorganger Donald Trump gelewer het nie, het op sy amptelike Twitter-blad gesê dat Trump ruggraatloos was toe hy die opstand op 6 Januarie verlede jaar in die veiligheid van die Withuis se eetkamer gekyk het en vir drie ure, nie ‘n […]
Die regering behoort nie ‘n sê te hê oor ‘n vrou se liggaam nie – Kamala
Wetgewers in die Amerikaanse deelstaat van Indiana het byeengekom om meer beperkings op aborsie te oorweeg. Indiana is die eerste deelstaat wat ‘n spesiale sitting gehou het met die doel om aborsieregte te beperk sedert die Amerikaanse hooggeregshof Roe v. Wade verlede maand omvergewerp het. Die Amerikaanse vise-president Kamala Harris meen dat die regering geensins […]