
Geingob: Moord op politieke aktivies in Eswatini moet ondersoek word - January 25, 2023
President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se Troika-orgaan, die moord op Thulani Rudolf Maseko, ‘n vooraanstaande menseregte-prokureur en politieke aktivis in die Koninkryk van Eswatini, betreur. Met sy dood was Maseko voorsitter van die Multi-belanghebbende Forum wat gestig is as ‘n koalisie om ‘n proses van nasionale politieke dialoog te bepleit om […]
Opening van tersiêre instellings sal seepglad verloop - January 25, 2023
Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van hoër onderwys, Buti Manamela, is vol vertroue die opening van tersiêre instellings sal seepglad verloop. Manamela het beloof geen student sal agterweë bly nie. Hy sê aandag sal gegee word aan die bekommernisse van beide die universiteite en kolleges en alle verdienstelike studente sal finansiële bystand ontvang om hul opleiding te […]
DA gekritiseer oor Johannesburgse burgemeester - January 25, 2023
ActionSA in Gauteng het die DA gekritiseer omdat die party die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, en sy inwoners verlaat het. Phalatse staar môre ‘n mosie van wantroue in die gesig. Die party veroordeel die DA se kortsigtigheid om ‘n koalisie-alternatief aan die inwoners van Johannesburg te bied. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA […]
Vervalle toestand van Robbeneiland-museum ontken - January 25, 2023
Die Suid-Afrikaanse departement van sport, kuns en kultuur het bewerings dat die Robben-eiland-museum in ‘n vervalle toestand is, ontken. Die woordvoerder, Masechaba Khumalo, sê die narratief wat sekere belanghebbendes handhaaf, is van alle waarheid ontbloot en blyk om kwaadwillige bedoelings te hê. Sy erken daar is gebiede wat nie oop is vir publieke toegang nie […]
Leerders van Rundu ruk op - January 25, 2023
Sowat ‘n 1 000 leerders wat nie plek in skole in Rundu kon kry nie, het saam met hul ouers en voogde na die onderwysministerie se kantoor op die dorp opgeruk om antwoorde te kry. Tente sou na bewering vir die honderde leerders opgerig word, maar daarvan het daar egter dadels van gekom. Die groep […]
SA begrafnispraktysyns voorspel premie-verhogings weens beurtkrag - January 25, 2023
Die Nasionale Begrafnis-praktisynsvereniging van Suid-Afrika voorspel premie-verhogings as gevolg van die langdurige beurtkrag. Die vereniging se woordvoerder, Dududu Magano, sê begrafnisondernemers oorweeg dit om die koste van hul dienste te verhoog om die uitwerking van die kragonderbrekings te versag. Magano voeg by die koste van diesel en petrol neem buitensporig toe aangesien ‘n aantal lykshuise […]
Duitsland stem in om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur - January 25, 2023
Duitsland het na weke van onwilligheid ingestem om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur. Kiëf hoop dat die tenks die land ‘n voorsprong sal bied in sy oorlog teen Rusland. Duitse kanselier Olaf Scholz het vroeër vandag tydens ‘n kabinetsvergadering die besluit aangekondig om 14 tenks te stuur, en ander lande toe te laat om […]
Stad Kaapstad bied internasionale sporttoernooie aan - January 25, 2023
Die Stad Kaapstad bly ʼn belangrike internasionale sportbestemming met drie groot byeenkomste wat binne die eers ses maande vir die eerste keer in die Moederstad sal plaasvind. Van Saterdag af is dit ses maande tot die Netbal Wêreldbeker in Julie, terwyl dit een maand is voor die eerste Kaapstad E-Prix. Volgens ʼn woordvoerder van die […]
White Ribbon-veldtog op 29 Januarie - January 25, 2023
Die White Ribbon Namibia sal op 29 Januarie by die veldtog van ander geslagsgeweld- en menseregte-aktiviste, sowel as internasionale organisasies aansluit met ‘n aanlyn gesprek om op gesinsgeweld teen mans en seuns te fokus. Hierdie besprekings word aangemoedig met huishoudelike geweld teen mans en seuns wat óf nie aangemeld óf ernstig opgeneem word nie. Die […]
GIPF: Registreer op biometriese stelsel - January 25, 2023
Die Pensioenfonds vir Staatsinstellings, GIPF, doen ‘n beroep op alle lede met annuïteite om op die GIPF biometriese stelsel te registreer voor 28 Februarie. Die fonds se bemarkingsbestuurder, Amos Kambonde sê afgetrede lede, lede wat ongeskiktheidsvoordele ontvang, kwalifiserende kinders en gades van afgestorwe lede moet enige van die GIPF-kantore landwyd besoek. Hy beklemtoon dat alle […]