Uitputting oor Oekaïnse oorlog nou baie riskant

Die Britse onafhanklike parlementslid Tobias Ellwood, sê daar is ‘n algemene uitputting in verband met nuus oor die oorlog in die Oekraïne, en dit kan nie op ‘n slegter tyd kom nie. Die grootste uitdaging nou is dat Rusland nie beheer oor die hawestad Odesa neem nie.

Read More

Windhoek se stadsraad is verrot

Die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas sê die stadsraad verval as gevolg van ‘n paar individue. Sy het vanoggend haar eie perskonferensie gehou en beskryf Maandag s’n as ‘n opportunistiese stap deur die voorsitter van die bestuurskomitee. Behalwe die wanbestuur in die stadsraad, groei die uitdagings steeds, veral met onwettige elektrisiteitsverbindings.

Read More

Kommer oor bykomende belasting op bande in SA

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika sê hy is besorg oor die uitwerking van bykomende belasting wat op ingevoerde bande na Suid-Afrika gehef word. Die uitvoerende hoof van die agentskap, Gavin Kelly, sê gebaseer op die geprojekteerde styging van 17 persent op vragmotorbande se koste ná landing, word beraam dit sal omgereken ʼn verhoging van ses-persent vir […]

Read More

Pa in Mosambiek vas vir poging om sy albino kinders te verkoop

’n Pa wat na bewering sy drie kinders met albinisme wou verkoop, is in Mosambiek in hegtenis geneem voordat hy die transaksie kon beklink. Die polisie in die noordwestelike streek van Tete sê drie kinders tussen die ouderdomme van nege en 16 jaar is gered ná ‘n anonieme wenk. Hul oom is saam met hul pa […]

Read More

VSA moedig lande aan om nie wapens aan Mianmar te verkoop nie

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sê Mianmar se militêre bewind se teregstelling van vier demokrasie-aktiviste wys weereens die regime se totale miskenning van menseregte en die oppergesag van die reg. Die vier is beskuldig van terrorisme teen die regering wat verlede jaar in Februarie die mag tydens ‘n militêre staatsgreep oorgeneem het. Die Suid-Asiatiese […]

Read More

Brent klim met 7% vanoggend

Oliepryse het vir die tweede agtereenvolgende dag gestyg weens toenemende kommer oor die vraag in Europa na uitdagings met Russiese olie ervaar word. Rusland sal net 20 persent van sy pyplyn kapasiteit gebruik om gas aan Europa te voorsien. Duitsland, Europa se grootste ekonomie, staar moontlike rantsoenering van gas aan nywerheid in die gesig om sy burgers […]

Read More

Daar kan nie vertragings wees in geboortesertifikate vir pasgebore babas nie

Daar was klagtes van die publiek dat die Namibiese ministerie van binnelandse sake maande neem om aansoekers van geboortesertifikate te voorsien. Collen Muleke, direkteur van nasionale burgerlike registrasie by die ministerie, sê wanneer ouers om ‘n pasgebore baba se geboortesertifikaat aansoek doen, word dit onmiddellik gegee. Hy het bygevoeg dat diegene wat moet wag, laat […]

Read More

Graanuitvoere vanaf Odesa sal binne dae begin

Die eerste besendings van Oekraïnse graan kan die Swartsee-hawens binne enkele dae verlaat ingevolge ‘n VN-bemiddelde ooreenkoms om ‘n wêreldwye voedselkrisis af te weer. Volgens die VN se adjunk-woordvoerder Farhan Haq het alle partye hul verbintenis herbevestig na ‘n Russiese missielaanval op die Odesa-hawe. Die ooreenkoms het ten doel om veilige deurgang vir graanverskepings in en uit Oekraïnse hawens toe te laat, wat deur Rusland geblokkeer […]

Read More

Protea-vroue fokus nou op Statebondspele

Die afrigter van die Proteas-vrouespan, Hilton Moreeng, sê die veelsydige speler, Marizanne Kapp, sal nie weer by die groep aansluit vir die Statebondspele nie. Sy het weens persoonlike redes die Engelse toer verlaat en huiswaarts gekeer. Suid-Afrika het die T20-reeks met 3-0 verloor, nadat hulle die derde en laaste wedstryd met 38 lopies verloor het. […]

Read More

Winde sê Ramaphosa moet wikkel met afdanking van Hlophe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die Regterlike Dienskommissie se besluit verwelkom om by President Cyril Ramaphosa aan te beveel dat die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe geskors word. Die kommissie het Hlophe in Augustus verlede jaar aan growwe wangedrag skuldig bevind. Dit het gevolg nadat hy in 2008 probeer het om twee regters van die […]

Read More