George Floyd: Nog twee tronk toe

Twee voormalige polisiebeamptes van Minneapolis is op federale klagtes gevonnis in verband met die moord op George Floyd. Die Amerikaanse distriksregter, Paul Magnuson, het Tou Thao tot drie- en ‘n half-jaar tronkstraf gevonnis, terwyl J Alexander Kueng tot drie-jaar gevonnis is. Thomas Lane is verlede week twee- en ‘n half-jaar opgelê. Die drie is in Februarie skuldig bevind dat hulle Floyd […]

Read More

Statebondspele skop vanaand af

Die 22ste weergawe van die Spele begin vanaand met die openingseremonie in Birmingham, Engeland. Meer as 5 000 atlete van 72 lande sal byeenkom vir hierdie gebeurtenis. ‘n Groep van 251 atlete sal Suid-Afrika verteenwoordig. Die jong driekampatleet, Jamie Riddle, maak sy debuut op die Spele:

Read More

Shilimela sê landbou skuld hom N$16,5m

Shilimela Security and Debt Collection dagvaar die minister van landbou vir net meer as 16,5 miljoen Namibiese dollar in ‘n saak van vanmiddag in die hoërhof voor regter George Coleman sal voorkom. Shilimela sê in sy stukke dat hy kontrakte met die minister gesluit het om wagte by verskeie persele in die Zambezi- en twee Kavango-streke te verskaf. Die eerste vier-jaar ooreenkoms het […]

Read More

Uitvoere van donkie-velle na China moet end kry, waar sal alles stop?

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife South Africa sê die uitvoer van donkie-velle uit Suid-Afrika na China moet verbied word. Die velle word gekook om gelatien te vervaardig vir die gewilde Chinese medisyne ejiao. Dié tradisionele medisyne word beskou as ‘n kuur vir slapeloosheid en duiseligheid. Verdoorn sê die buurland se donkie-bevolking word vinnig minder en […]

Read More

Vierde en oudste pasiënt van MIV genees

Die oudste pasiënt nog is van MIV genees nadat hy ‘n stamseloorplanting vir leukemie ontvang het. Terwyl die oorplanting beplan was om die nou-66-jarige se leukemie te behandel, het die dokters ook ‘n skenker gesoek wat natuurlike weerstand gehad het teen die virus wat Vigs veroorsaak, ‘n meganisme wat die eerste keer suksesvol was om Timothy Ray Brown […]

Read More

Britse persepsies van erge hitte word opwaarts aangepas oor die jare

Brittanje het die afgelope tyd erge hitte ervaar. Die Britse klimaatswetenskaplike, Mike Kendon sê wat Britte op die oomblik as redelik normale temperature ag, sou voor 1990 as uiters warm beskou word. Hy sê persepsies van hitte pas opwaarts aan soos die klimaat jaar op jaar warmer word.

Read More

Universele gesondheidsplan kom volgende jaar

Plaaslike media berig dat die Namibiese regering na verwagting volgende jaar die universele gesondheidsorgplan sal begin instel. Die plan sal aan almal in die land bekostigbare gesondheidsdienste verskaf. Die direkteur van primêre gesondheidsorg in die gesondheidsministerie, Naemi Shoopala, sê die regering beoog ‘n situasie waar pasiënte nie gedwing word om duisende dollar te betaal om sekere gesondheidsdienste te beveilig nie. […]

Read More

Adjunkminister is tevrede met nywerheidspark in die noordweste

Die Namibiese adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, was op ‘n streeksbesoek aan die Kunene- en Oshikoto-streke waar sy individue en handelaars wat by verskeie klein en medium ondernemings- en nywerheidsparke werksaam is, betrek het. Die doel van die besoek was om insig te verkry oor die stand van bedrywighede by die nywerheidsparke, asook om gesprekke […]

Read More

Bek- en klouseer is steeds bedreiging in Noord-Kaap

Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Mase Manopole, maan alle boere om waaksaam te bly omdat bek-en-klouseer steeds in die provinsie voorkom. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die provinsie merk ook ‘n kommerwekkende neiging op dat diere nie permanent gemerk word soos Artikel 7 van die Wet op Diere-identifikasie vereis nie:

Read More

EU voorspel daling in opbrengste van sonneblom, mielies en sojabone

Die Europese Unie voorspel die opbrengste vir mielies, sonneblom en sojabone sal met tussen 8 en 9 persent daal. Groot dele van Europa is in die onlangse weke deur droogte en warm weer geraak, insluitende Spanje, die suidelike deel van Frankryk en die sentrale en noordelike dele van Italië. Die Russies-Oekraïnse oorlog het ook die […]

Read More