Rusland sal nie in ’24 ruimtestasie verlaat nie
Russiese ruimtebeamptes het hulle Amerikaanse eweknieë ingelig dat Moskou graag sy ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) wil hou tot hul eie stasie gebou en in werking is. Dit sal nog minstens ses jaar neem om alles te voltooi. Dinsdag het Yuri Borisov, die nuutaangestelde direkteur-generaal van die Russiese ruimte-agentskap Roscosmos, NASA verras deur aan te kondig dat Moskou […]
Nanso kondig opstel-wenner môre aan
Die opstel-kompetisie wat deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, aangebied is, het afgesluit en die wenner sal môre bekend gemaak word. Die tema van die opstel was die impak van Covid-19 en malaria, regoor die wêreld. Dorothea Nangolo, woordvoerder van die organisasie, sê die doel was om jongmense aan te moedig om te lees en […]
Armoede dra by tot misdaad, maar elkeen besluit vir homself
Namibiese misdaadstatistieke toon dat daar in die 2021-2022 boekjaar ‘n gemiddeld van 270 sake daagliks geregistreer, en dit is die sake wat aangemeld word. Daar is talle kenners wat meen dat misdaad aangevuur word deur armoede en drank- en dwelmmisbruik, wat self ook toeneem met toenemende armoede. Die Suid-Afrikaanse kriminoloog dr. Pixie du Toit sê […]
Stemmery oor staking vorder goed
Meer as ‘n duisend staatsamptenare het tot dusver hul stemme gebring by verskeie lokale regoor die land. Die meeste van die werknemers sê hulle is ten gunste van die staking en word nie geroer deur die regering se standpunt van ‘geen werk, geen betaling’ nie. Minstens sewe staatsamptenare sê hulle is weggewys van ‘n lokaal […]
Reaksie op bystand wat Botswana aan sy inwoners bied
Reaksie word ontvang op die regering van Bostwana se stap om belasting op toegevoegde waarde met 2 persentasiepunte te sny na 12 persent vir ses maande. Kookolie en gaspryse sal ook vir die volgende ses maande belastingvry wees in ‘n poging om bystand aan huishoudings te bied. Studente-toelae is ook verhoog en boere word ook […]
Interessante ontleding oor bouplanne in die hoofstad
Simonis Storm in die hoofstad het ‘n interessante ontleding gedoen van die onlangse bouplanne wat Stad Windhoek goedgekeur het. Die makelaarsfirma sê aanbouings by huise in verskeie gebiede kan wees as gevolg van die impak van Covid met werknemers wat kantore tuis inrig of, dit kan wees omdat die inperkings en die huidige ekonomiese uitdagings, […]
Wateronderbrekings vind weer die naweek plaas met werk aan Okh-Whk pyplyn
Inwoners van Stad Windhoek word daaraan herinner dat daar weer vanaf môrenamiddag tot Sondag, herstelwerk aan die pyplyn van Von Bachdam na Windhoek gedoen sal word. Boorgate sal die stad se reservoirs hervul maar, inwoners van Brakwater sal geen toegang tot water hê nie. Inwoners van die hoofstad word ook gemaan om spaarsamig met water […]
AlexForbes vat hande met Kankervereniging
Die Namibiese Kankervereniging en AlexForbes het kragte saamgespan en bied op 24 September die Yellow Ribbon-fees in die hoofstad aan. Die fees sal ‘n Jazz-konsert by die DTS-sportgronde aanbied en poog om bewustheid van kanker in kinders te kweek. Die besturende direkteur van AlexForbes Stéfan du Preez.
Kenner verklaar skerp styging in Brent
Die prys van Brent ru-olie het vandag met amper 6 persent gestyg, na gister se styging van net meer as 2 persent. Die kommoditeit verhandel tans rondom 108 Amerikaanse dollar per vat. Dit volg na die Amerikaanse Federale Reserwebank die rentekoers met 75 basispunte opgestoot het. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, die Suid-Afrikaanse […]
Rundu-dorpsraad skuld blykbaar N$2m
Die beleërde Paaie-kontrakteursmaatskappy, wat reeds onder geregtelike bestuur geplaas is en miljoen in skuldeisers het wat hy nie kan betaal nie, sê die Rundu-dorpsraad skuld hom net minder as 2 miljoen Namibiese dollar. Die maatskappy het ‘n hoërhof-aansoek gebring teen die dorpsraad en die minister van stedelike ontwikkeling. Hy sê die dorpsraad het reeds op […]