Energiekenner sê Botswana het ook uitdagings met krag
‘n Energie-kenner aan die Universiteit van Stellenbosch sê Eskom se plan om krag vanuit Botswana in te voer het meer ontleding en beter beplanning nodig. Professor Sampson Mamphweli, van die universiteit se Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie-studies sê net soos Suid-Afrika, het Botswana ook ernstige uitdagings met sy krag-opwekkingskapasiteit. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus […]
Greenwell Matongo-woongebied het daaglikse kragonderbrekings
Stad Windhoek het ‘n kragonderbreking by Boitumelostraat van Greenwell Matongo-woongebied bevestig weens ‘n toename in onwettige elektrisiteits-verbindings. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye het verduidelik dat die gebied die afgelope weke daagliks kragonderbrekings ervaar, weens die hoë onbeplande vraag na kragtoevoer as gevolg van onwettige verbindings. Akwenye het verduidelik dat die gebied van ‘n kragtoevoer […]
Suid-Afrika se bevolking het gegroei tot 60,6 miljoen
Daar word beraam Suid-Afrika se bevolking het oor die afgelope jaar toegeneem tot 60,6 miljoen. Bevolkingsberamings in die middel van die jaar dui op ‘n toename van ongeveer 640 000 mense. Volgens Statistieke SA het Gauteng steeds die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking, terwyl KwaZulu-Natal die tweede meeste mense het, met ‘n beraamde 11,54 […]
AfriForum wil Gautengse LUR vir onderwys vir laster dagvaar
AfriForum het ‘n ultimatum gestel aan die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, om verskoning te vra of ‘n saak van laster in die gesig te staar omdat hy die organisasie as rassisties bestempel het. Die LUR het na bewering verlede maand die opmerking gemaak ná sy verkiesing as die ANC se provinsiale voorsitter. Ernst […]
Sebastian Vettel sê sy uittrede was ‘n moeilike besluit
Motorsport: Die viermalige wêreldkampioen Sebastian Vettel gaan die einde van hierdie seisoen uittree uit Formule Een. Die Duitser sê dit was ‘n moeilike besluit en hy sal mettertyd fokus op waarop hy hom volgende gaan toespits. Die 35-jarige Vettel verlaat die sport as een van die suksesvolste jaers ooit. Sy skitterende F1-loopbaan het in 2007 […]
Moenie vanaand se meteorreën misloop nie!
As jy ’n aanhanger van sterrekyk is, maak seker jy slaan vanaand jou oë op na die hemelruim. Terwyl die Delta Aquariides-meteoorreën Vrydagaand amptelik sy hoogtepunt bereik, is vanaand jou beste kans om verskietende sterre te sien. Dit is omdat daar vanaand ‘n Nuwe Maan sal wees – die fase van die Maan waarin die […]
Skadevergoedingsaak tussen Harvey Boulter en Alta van Wyk vir bemiddeling verwys
Die skadevergoedingsaak tussen Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk, wat dood is na ‘n skietvoorval op ‘n plaas in die Kamanjab-distrik, en die moordbeskuldigde, die Britse miljardêr Harvey Boulter, is vir bemiddeling verwys. Van Wyk en haar drie kinders dagvaar Boulter vir skadevergoeding van 83,55 miljoen Namibiese dollar. Van Wyk eis vir […]
Maatskappy gebruik regsfirma se handelsmerk-kenteken
Die bekende Windhoekse regsfirma Sisa Namandje is in kennis gestel van ‘n beweerde besigheidsvoorstel vir beleggers en aandeelhouers wat verband hou met Gure Trading wat onder meer betrokke is by sandmyne en steenmakery. Die senior direkteur van die regsfirma, Sisa Namandje, sê die maatskappy is nie ‘n kliënt van die regsfirma nie, doen nie enige […]
Beroep op Eskom gedoen om interns te gebruik
Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, doen ‘n beroep op Eskom om interns aan te stel as deel van die regering se plan om die energiekrisis te beëidig. Die minister het in Kaapstad gepraat op Kolleges vir Gevorderde Tegniese Onderwys se eerste spitsberaad oor Strategiese Nywerheids-vennootskappe. Nzimande sê die uitbreiding van […]
Gestrande bottelneusdolfyne by Sandybaai gered
Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging het vandag twee bottelneusdolfyne gered wat op Sandybaai in Kaapstad gestrand was. Meer as tien mense moes met ‘n draagbaar help om die swaar dolfyne die see in te skuif. Die spanwerk het vrugte afgewerp aangesien die redders die dolfyne nat en gemaklik gehou het voor hulle na die […]