TransNamib, Natau skik, maar vakbond wil stem vir staking

Die dringende aansoek deur TransNamib om die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersvakbond, Natau, te verhoed om te staak, is van die rol verwyder. Die partye het reeds ‘n skikkingsooreenkoms bereik. Natau sal op 12 Augustus sy lede by die maatskappy laat stem oor of hulle moet staak of nie. Die vakbond sê hy sal 48-uur na die uitslae van die stemmery […]

Read More

Trump lok erge kritiek uit oor LIV-toernooi by sy ghlofklub

Oudpresident Donald Trump lok weer kritiek uit in die VSA. Sy Trump National Golf Club in Bedminster in New Jersey, speel vandag gasheer vir die LIV-gholftoernooi wat deur Saoedi-Arabië geborg word. Die jongste geklassifiseerde dokumente rakende September 11 se aanval, wat openbaar gemaak is, toon dat Saoedi-Arabië wel ‘n rol gespeel het in die aanval. […]

Read More

Die Statebondspele begin vandag, Namibië is ook daar

Prins Charles het die Spele in die Alexander-stadion in Birmingham amptelik geopen. Die openingseremonie het die vele kulture van Birmingham en die Statebondspele gevier. Meer as 5 000 atlete wat 72 nasies en gebiede verteenwoordig sal aan 280 medalje-items deelneem by die Spele wat tot 8 Augustus duur. Die ontvanger van die Nobel-vredesprys, Malala Yousafzai, […]

Read More

Kawana spreek sy frustrasie oor korrupte polisielede uit

Die minister van polisie, dr. Albert Kawana, het sy teleurstelling uitgespreek oor die aantal sake waarby korrupte polisiebeamptes betrokke is met misdadigers. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat diegene wat toevertrou is om misdaad te bekamp, terselfdertyd die skuldiges is. In sy mening maak die meeste korrupte polisielede hulle skuldig aan omkopery en vuurwapendiefstal. Hy sê […]

Read More

NamRA reik uit na Okahandja as deel van veldtog vir beter invordering

Die Namibië-inkomste-agentskap NamRA sal vanoggend ‘n inligtingsessie met die gemeenskap van Okahandja oor doeane- en belasting-aangeleenthede hê. Die sessie is deel van hul strategiese plan om inkomste-invordering te bevorder deur verbeterde en vrywillige nakoming. Die inligtingsessie sal vanoggend om tien-uur by die kiesafdelingskantoor in Okahandja wees. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder van NamRA …

Read More

Taiwan: Xi sê Biden speel met vuur

Amerika se President Joe Biden en China se President Xi Jinping het gister meer as twee ure oor die telefoon gepraat te midde van toenemende konflik tussen dié twee lande. Xi het Biden gewaarsku om nie met vuur te speel wat Taiwan betref nie, terwyl die Amerikaanse president verklaar het Amerika is gekant teen enige […]

Read More

Springbokke sê hulle onderskat nie die All Blacks nie

Die Springbokke kom volgende week in Mbombela teen die All Blacks te staan in die eerste Rugby-kampioenskapswedstryd van 2022. Nieu-Seeland is onder druk na hulle eerste tuisreeks-nederlaag teen Ierland wat hulle na vierde op Wêreldrugby se ranglys laat terugsak het. Die veelsydige agterspeler Willie le Roux sê egter die Bokke sal nie hulle teenstanders onderskat […]

Read More

Namibië vier ook Wêreld-veldwagtersdag

Wêreld-veldwagterdag word Sondag op 31 Julie gevier. Wêreld-veldwagterdag bring hulde aan veldwagters, die onbesonge helde wat kwynende natuurlike hulpbronne beskerm, bewaar en verdedig. Namibië se omgewingsministerie sluit by die wêreld aan om hierdie dag te herdenk. Namibiese veldwagters moet bedreigde spesies soos renosters en ietermagôs teen stropers en internasionale wildmisdaadsindikate beskerm. Manie le Roux van […]

Read More

Onwettige drankverkope in SA groei met 10%

Die Suid-Afrikaanse Drank-handelsmerk-eienaarsvereniging sê strenger beheer is nou meer as ooit tevore nodig oor die land se onwettige drankverkope. Dit volg nadat ‘n internasionale verslag aangedui het die onwettige mark het met 10 persent toegeneem, met die totale aandeel van onwettig-vervaardigde drank wat na beraming 20 miljard Suid-Afrikaanse rand werd is. Dit beteken een uit […]

Read More

Noord-Korea se Kim Jong Un dreig met kernwapens

President Kim Jong Un van Noord-Korea waarsku hy is gereed om kernwapens te gebruik indien militêre konflik tussen Noord-Korea, Amerika en Suid-Korea uitbreek. Internasionale nuusagentskappe berig Kim het gesê die land se gewapende magte is gereed om op enige krisis te reageer. Hy het Amerika daarvan beskuldig dat hy Noord-Korea “demoniseer” om sy vyandige beleid […]

Read More