Biden sê daar is nie ‘n resessie in VSA nie

Rooi vlae wapper oor die moontlikheid van ‘n resessie in die Verenigde State nadat die land se ekonomie vir die tweede agtereenvolgende kwartaal gekrimp het. Die inkrimping van 0,9 persent tussen April en Junie het kommer oor die ekonomie vererger nadat die prys van kruideniersware, brandstof en ander noodsaaklike goedere teen die vinnigste pas in […]

Read More

Lekker Oesterfees môre op Walvis

Dit is weer tyd vir die Walvisbaai Oesterfees wat môre by Laerskool Walvisbaai plaasvind. Die ingangsfooi beloop 100 Namibiese dollar vir die hele dag en dit sluit in ‘n groot verskeidenheid stalletjies, lekker musiek en natuurlike heerlike oesters. Die fees kon nie die vorige jaar plaasvind nie as gevolg van die Covid-maatreëls. Len Nel, die […]

Read More

Transnet toon reuse-wins, met uitdagings

Transnet in Suid-Afrika het ‘n reuse-wins getoon ondanks ‘n paar uitdagings wat hy die afgelope jaar in die gesig gestaar het. Die groep het egter kop bo water gehou en ‘n yslike wins van 5miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken in die 2021/22-boekjaar. Volgens Transnet se finansiële hoof, Nonkululeko Dlamini, het die instelling herstel selfs nadat hy […]

Read More

NEFF-twee appelleer vandag

Die appèlsaak teen die weiering van borg vir Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma begin vanoggend om nege-uur voor hoërhofregters Christie Liebenberg en Boas Usiku. Die saak word verdedig. Beide aansoekers sê landdros Masule Kwizi fouteer het deur nie borg aan hulle toe te staan nie terwyl die staat aanvoer dat borg wel geweier moes word as gevolg van verskeie redes. Lang hoofargumente is reeds ingedien. Die […]

Read More

LPM hou groot politieke vergadering aan die kus

Die Landless People’s Movement se nasionale en streekleierskap sal die naweek die party se vyfde Politieke Aksiekomitee-vergadering Saterdag op Swakopmund hou. Die komitee is verantwoordelik vir besluite en beleide wat bindend is vir alle partystrukture, rakende lidmaatskap-administrasie, organisasie, finansies en ander sake wat die welsyn van die party raak. Die party se nasionale woordvoerder, Eneas […]

Read More

ANC moet R1,2 miljard van staatskapers verhaal

Die DA in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die betrokke wetstoepassingsagentskappe om voorkeur te gee aan die verhaling van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand by mense wat staatskaping moontlik gemaak en gefasiliteer het. ‘n Woordvoerder van die party, Glynnis Breytenbach, sê hierdie persone het óf finansiële voordele ontvang omdat hulle die toekenning van staatskontrakte aan Gupta-ondernemings […]

Read More

Dinosourus-skelet verkoop vir amper N$100m

Die skelet van die 70 miljoen jaar oue dinosourus Gorgosaurus is in New York vir net meer as 98,8 miljoen Namibiese dollar opgeveil. Die fossiel is in 2018 op privaat eiendom in die Amerikaanse staat Montana gevind en bestaan uit 79 beenfragmente. Dit is slegs die tweede versteende dinosourus wat deur Sotheby’s opgeveil word. Die eerste een, ‘n T-rex met […]

Read More

Eerste besending graan vandag uit by Odesa

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die amptelike begin van die operasie in die Turkse stad Istanboel verwelkom om die VN-bemiddelde ooreenkoms in te stel sodat Oekraïnse graan weer via die Swartsee uitgevoer kan word. Die eerste besending verlaat vandag Odesa. Guterres sê dit is belangrik dat alle partye saamwerk om die Swartsee-graaninisiatief […]

Read More

Staking: GRN moet intree, dit sal katastrofies wees

Duisende staatsamptenare het tot dusver hul stemme gebring by verskeie lokale regoor die land. Die meeste van die werknemers sê hulle is ten gunste van die staking en word nie geroer deur die regering se standpunt van ‘geen werk, geen betaling’ nie. Die staatsamptenare stem nog vandag tot vyf-uur vanmiddag oor of hulle met ‘n […]

Read More

Mecki sê Brukkaros is ‘n slagopsie

Die Beesvleis Waardeketting-forum het volgens berigte ‘n beginselbesluit geneem om die Brukkaros-abattoir op Keetmanshoop as ‘n opsie vir verslagting te oorweeg. Dit kom na die forum se voorsitter, Mecki Schneider, vroeër gesê het die infrastruktuur by Witvlei is nie vanpas nie en Meatco het samewerking met die forum geweier. Die moontlikheid bestaan dat Brukkaros se fasiliteite tot kapasiteit van 120 beeste per dag opgradeer word. Schneider sê op die […]

Read More