Kunsmatige intelligensie kort regulering – OpenAI-baas - May 17, 2023

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, doen ‘n beroep op Amerikaanse wetgewers om kunsmatige intelligensie te reguleer en sodoende die voordele te verbeter maar gevare te bekamp. OpenAI is die maatskappy agter ChatGPT. Altman het voor ‘n Amerikaanse senaatkomitee getuig. Hy sê ‘n reeks veiligheidstandaarde moet gestel en ‘n spesifieke toets geslaag word voordat kunsmatige […]

Read More

SA se graad 4-leerlinge kan nie met begrip lees nie - May 17, 2023

Die Suid-Afrikaanse onderwysersvakbond Sadou is diep ontsteld oor die onlangse statistieke wat onthul dat 81 persent van graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, beklemtoon die behoefte aan bykomende opleiding om onderwysers met doeltreffende onderrigmetodes toe te rus. Hy glo belegging in onderwysers-opleiding sal ‘n deurslaggewende rol speel in die […]

Read More

Mandrax, kokaïen beslagleggings styg skerp - May 17, 2023

Die Namibiese polisie het in April beslag gelê op 1 589 Mandrax-tablette en 148 kilogram dagga. Daar was ook 147 gram kokaïen, met 52 stukkies kokaïen wat ook gevind is. Die beslagleggings is meer as die wat in Maart gedoen is met byvoorbeeld net 266 Mandrax-pille wat in Maart gevind is, sowel as 108 kilogram dagga […]

Read More

Daar is geen dreigende ineenstorting van die kragnetwerk nie - May 17, 2023

Eskom se waarnemende hoof, Calib Cassim, sê hy is vol vertroue die land se kragnetwerk sal nooit totaal ineenstort nie, maar beurtkragvlakke hoër as fase ses is ‘n moontlikheid. Suid-Afrika het vanjaar elke dag gemiddeld fase vier beleef teenoor die gemiddeld van fase drie verlede jaar. Die kragverskaffer se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar […]

Read More

Afrika-leiers sal met Zelensky, Putin vergader - May 17, 2023

President Cyril Ramaphosa het aangekondig die presidente van Rusland en Oekraïne, Vladimir Putin en Volodymyr Zelensky, het ingestem het om ‘n groep Afrika-leiers te verwelkom om ‘n moontlike vredesplan te bespreek. Ramaphosa sê die lande sluit Suid-Afrika, Senegal, Uganda en Egipte in. Hy sê sy gesprekke met die twee leiers het getoon hulle is albei […]

Read More

Skeidsregters aangewys vir Rugbykampioenskap, Wêreldbeker-opwarmingswedstryde - May 17, 2023

Vyf van die skeidsregters op die paneel vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk is ook aangestel vir die Rugbykampioenskap en Wêreldbeker-opwarmingswedstryde. Hulle is Jaco Peyper van Suid-Afrika, Ben O’Keefe van Nieu-Seeland, Mathieu Raynal van Frankryk, Andrew Brace van Ierland en Nika Amashukeli van Georgië. Die Springbokke speel in Julie toetse teen Australië in Pretoria, Nieu-Seeland […]

Read More

NamPower: Term ‘beurtkrag’ word misbruik - May 16, 2023

NamPower se besturende direkteur Kahenge Haulofu het vandag gesê die term ‘beurtkrag’ word misbruik in onlangse mediaberigte oor die kragvoorsiener se skuld-invorderingsplan wat verlede week deur ‘n openbare kennisgewing heringestel is. Haulofu het verduidelik dat die plan, wat die geskeduleerde afsny van elektrisiteit aan wanbetalende kliënte is, ‘n herinstelling is van ‘n skuld-invorderingsplan en skuldterugbetalings-aansporing […]

Read More

Pasiënte het nou makliker toegang tot chroniese medisyne - May 16, 2023

Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanmiddag by die Katutura-staatshospitaal 19 Pelebox Smart Locker-toestelle van die Amerikaanse President se noodplan vir vigshulp, Pepfar, ontvang. Die toestelle verbeter dienslewering aan pasiënte om toegang tot chroniese medikasie te vergemaklik en word regoor die land versprei. Hierdie masjiene is gebruikersvriendelik wat dit vir pasiënte moontlik maak om hul […]

Read More

Thabo Bester-saak mag uitgesaai word - May 16, 2023

Die Bloemfonteinse landdroshof het die media toestemming gegee om die verrigtinge in Thabo Bester se saak regstreeks uit te saai. Die borgtogaansoek-verrigtinge van beskuldigde nommer een, die voormalige veiligheidswag, Senohe Matsoara, het vandag begin. Die voorsittende landdros, Motlholo Khabisi, het beveel die wysigings wat volgens die aanvanklike riglyne uitgereik is, moet in werking gestel word. […]

Read More

Vyf gevonnis na diefstal van kunsskatte uit Duitse museum - May 16, 2023

‘n Duitse hof het vandag vyf mans tot etlike jare agter tralies gevonnis vir ‘n juwele-rooftog in 2019 by ‘n museum in Dresden wat een van Europa se grootste kunsversamelings huisves. Die kunsstukke wat by die inbraak by die Green Vault-museum in Dresden gesteel is, sluit meer as 4 300 diamante in met ‘n geraamde […]

Read More