Sokker: Man City is vanaand gasheer vir Real Madrid - May 17, 2023

Sokker: Manchester City is vanaand gasheer vir Real Madrid wanneer hulle sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd van die Kampioeneliga. Die eerste ronde tussen die Europese reuse het in Madrid een-elk gelykop geëindig. Die wenner kom op 10 Junie in Istanbul teen Inter Milan te staan nadat Inter ʼn ander Italiaanse span, AC […]

Read More

Nored skuld blykbaar die meeste aan NamPower, Rehoboth en Windhoek ook daar - May 17, 2023

NamPower bly in die nuus om verskeie redes, die eerste sy dreigende beurtkrag die sy debiteure wat hom geld skuld, en die tweede, sy uitdagings met Eskom se voortslepende kragopwekkings-probleme. Die maatskappy sê verskeie plaaslike owerhede en kragverspreiders skuld hom 1,5 miljard Namibiese dollar. Van die totaal is die grootste debiteur Nored, die noordelike kragverspreider […]

Read More

LPM se Labuschagne gesels oor sy planne - May 17, 2023

Die Landless People’s Movement het beheer oor die Keetmanshoop Landelike kiesafdeling herwin met die naweek se tussenverkiesing. Die party se kandidaat Willem Labuschagne het 1 270 uit 2 912 stemme op hom verenig. Kosmos 94.1 Nuus het met Labuschagne gesels oor sy planne, veral omdat die gebied sukkel met werkloosheid en min geleenthede.

Read More

Gordhan sê daar’s ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag - May 17, 2023

Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê daar bestaan geen twyfel oor ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag nie. Hy verskyn voor die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge om getuienis te lewer oor beweerde korrupsie by Eskom. Die komitee wil weet wat gedoen is aan bewerings wat die voormalige […]

Read More

London Irish kry sperdatum oor verkoop - May 17, 2023

Engeland se beheerliggaam, die RVU, het London Irish tot die einde van die maand tyd gegee om ʼn oorname af te handel of gevaar te loop om uit die Premierliga geskors te word. Die klub onderhandel met ʼn Amerikaanse konsortium om hom oor te neem, maar daar is nog geen ooreenkoms nie. Die unie vereis […]

Read More

Dippies gesels oor die opwinding op 10 Junie - May 17, 2023

Daar heers groot opwinding vir die Shell V-Power International Oval Challenge wat op Saterdag 10 Junie by die Tony Rust-renbaan gehou word.Vivo Energy Namibia borg met sy Shell V-Power-handelsmerk die 2023 International Oval Challenge wat deur Redline-motorklub aangebied word. Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaankampioenskap uitspook, sal 26 […]

Read More

Daar’s al weer ‘n slenter, die keer met die gesondheidsministerie en opleiding - May 17, 2023

Die Namibiese gesondheidsministerie waarsku oor ‘n nuwe slenter wat die rondes doen op sosiale media platforms. Volgens die inligting, wat lyk soos ‘n advertensie, soek die ministerie na jongmense met graad 11 of 12 en goeie simbole in wiskunde en fisika. Die ministerie het blykbaar kursusse vir die kandidate in bestralingsterapie wat in Suid-Afrika voltooi […]

Read More

Ons stuur af op ‘n huishoudelike voedselramp – kenner - May 17, 2023

Die prys van tamaties is plaaslik weer deur die dak met ‘n gemiddeld van 48 Namibiese dollar vir ‘n kilogramsakkie. Daar was vroeër plaaslik uitdagings en in Maart was die blaarmot ook ‘n probleem. Maar, aartappels word ook duurder. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat. Laubscher sê ons stuur […]

Read More

SARB sal moet rentekoerse verhoog, rand is te swak - May 17, 2023

Die meeste ekonome en beleggingspesialiste verwag nog ‘n rentekoers-verhoging van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wanneer sy Monetêre Beleidskomitee op 25 Mei vergader. In Maart het die bank die mark verras toe hy die koers met 50 basispunte verhoog het, ‘n toename in die repokoers tot 7,75 persent en die prima uitleenkoers tot ‘n 14-jaar hoogtepunt van […]

Read More

Voedselhulp sal voortduur, programme is deurlopend - May 17, 2023

Politieke en gemeenskapsleiers regoor die land het hul vrees uitgespreek vir ‘n rampspoedige droogte weens die swak reënseisoen. Pio Nganate, goewerneur van Omaheke, sê sy streek het nie goeie reën gekry nie en het regstellende ingryping van die regering nodig. Hy sê baie boere in die streek het weens die droogte hul vee teen goedkoper […]

Read More