
Nog verhogings vir plaaslike raadslede geëis - August 12, 2023
Die Vereniging van Plaaslike Owerhede van Namibië sê hy sal homself volgende jaar weer vir ‘n verhoging van plaaslike raadslede se toelaes beywer. Dit is ten spyte daarvan dat die ministerie van stedelike ontwikkeling verlede maand tussen 15 en 25 persent verhogings in toelaes vir burgemeesters en raadslede goedgekeur het. Maar, dit is minder as […]
Zuma se vrylating ontbloot Ramaphosa se oneerlikheid - August 12, 2023
Die Vryheidsfront Plus sê President Cyril Ramaphosa se goedkeuring van oudpresident Jacob Zuma se vonnis-vermindering ontbloot sy oneerlikheid. Die party beskuldig Ramaphosa van ontwyking van ‘n vraag oor kwytskelding twee jaar gelede, wat bewys dit was altyd ‘n moontlikheid. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê Zuma se vrylating bewys waaraan die ANC voorkeur […]
Nuwe Covid-variant Eris nie ‘n bron van kommer nie - August 12, 2023
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n nuwe Covid-19-variant, Eris, geïdentifiseer wat na verwagting verhoogde besmettings sal veroorsaak, maar sonder verhoogde erns. Ten spyte van sy teenwoordigheid in 51 lande, hoofsaaklik China, het daar nog geen groot kommer ontstaan nie. Alhoewel dit nie ernstig is nie, het die Eris-variant eienskappe wat immuniteit vryspring en kan tot ‘n toename […]
Groot motorongeluk op Copps 94.1 - August 12, 2023
Die Copps 94.1-span het Vrydagaand te make gehad met ‘n groot motorongeluk waar die geslote-kring kameras gebruik moes word om te bepaal watter bestuurder fouteer het. Pasassiers in ‘n taxi, wat nie die verkeersreëls verontagsaam het nie, het baie seer gekry. Francois Lottering was op grondvlak.
SAOG-leiers moet ware kwessies aanspreek - August 11, 2023
Die SAOG-leiers sal op 17 Augustus by die 43ste Gewone SAOG-beraad van staatshoofde in Luanda, Angola, vergader. Die beraad sal onder andere ook kwessies van strategiese belang vir die streek bespreek. Dit sluit in onder meer ‘n oorsig van die streeks-ekonomie, vrede en veiligheid in die streek, finansies en beleggings, en voedsel- en voedingsekuriteit. Professor […]
Verbod op pluimvee-invoere van Nederland, Denemarke weens voëlgriep - August 11, 2023
Die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie sê die invoer en in transito-vervoer van lewende pluimvee, voëls en rou pluimvee-produkte vanuit Nederland en Denemarke is opgeskort as gevolg van ‘n uitbreking van voëlgriep, HPA1, in daardie lande. Dr. Albertina Shilongo, die hoof van die direktoraat, sê in ‘n verklaring die eerste gevalle is reeds ‘n […]
Weermaghoofde van Wes-Afrika gaan in Accra vergader oor Niger - August 11, 2023
Die weermaghoofde van Wes-Afrika-lande sal in die komende dae in die Ghanese hoofstad, Accra vergader om voor te berei vir moontlike militêre ingryping in Niger. Dit volg nadat die streeks-liggaam, Ecowas tydens ‘n noodvergadering in Nigerië opdrag gegee het dat ‘n bystandsmag geaktiveer moet word. Die vergadering het gevolg nadat die leiers van ‘n militêre […]
Sokker: Man City takel nuweling Burnley - August 11, 2023
Sokker: Die Engelse Premierliga-seisoen begin vanaand met die verdedigende kampioen, Manchester City, op pad na Burnley. City begin die seisoen as gunsteling na verlede seisoen se driedubbele oorwinnings. Hulle het vyf van die laaste ses Premierliga-titels gewen en verlede seisoen ook die FA-beker en ook die eerste keer die Kampioeneliga-trofee omhoog gehou. City se bestuurder, […]
Gratis rekenaarklasse vir leerders en volwassenes - August 11, 2023
Veutile Education Consultancy bied gratis rekenaarklasse aan vir kinders vanaf graad 7 tot graad 10, sowel as aan volwassenes in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die hoofstad. Hierdie program maak voorsiening vir meer as 500 leerders en soms word hulle ook daar gevoed, sodat hulle tydens hul klasse kan konsentreer. Die program word egter uitgedaag, want […]
Begrotingsoorsig met burgerlike organisasies bespreek - August 11, 2023
Die ministerie van finansies en Nasionale Beplanningskommissie hou Maandag sy konsultasies oor die middeltermyn begrotings-oorsig met burgerlike organisasies soos die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing en die Hanns Seidel-stigting. Die vergadering vind Maandagmiddag vanaf half-drie in die hoofstad plaas. Die minister van finansies, Ipumbu Shiimi sal die hoofspreker wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende […]