
Hunter Biden kry ook spesiale regsman - August 12, 2023
Die Amerikaanse prokureur David Weiss is aangestel as spesiale regsman in die voortgesette ondersoek na die Amerikaanse president se seun Hunter Biden. Die prokureur-generaal Merrick Garland het sy aanstelling bevestig. Weiss sal verantwoordelik wees vir die ondersoek sowel as vir enige ander sake wat uit daardie ondersoek voortspruit. Die stap is aangekondig na ‘n pleitooreenkoms […]
Dis Wêreld-olifantdag, ons herdenk die grotes - August 12, 2023
Namibië sluit vandag by die res van die wêreld aan om Wêreld-olifantdag te herdenk. Wêreld-olifantdag is vir die eerste keer op 12 Augustus 2012 gevier. Namibië staar reuse-uitdagings met mens-olifant-konflik in die gesig met boere en gemeenskappe wat deurloop met hul gewasse en infrastruktuur wat deur grootvoete beskadig word. Olifante, veral die woestyn-aangepaste olifante is, […]
Internasionale Jeugdag word te midde van reuse-uitdagings herdenk - August 12, 2023
Internasionale Jeugdag word wêreldwyd vandag herdenk maar daar is min om in Namibië te vier. Regerings is vinnig om aanmerkings te maak oor hoe belangrik die jeug is maar, plaaslik, nes in talle ander Afrika-lande, is daar groot uitdagings. Namibië het ‘n baie groot jong bevolking met meer as 70 persent wat 34 jaar oud […]
MIV neem toe onder jong Zambiërs - August 12, 2023
Die Zambiese regering het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal nuwe MIV-infeksies onder jongmense tussen 15 en 35 jaar. Terwyl daar vordering gemaak is om MIV as ‘n openbare gesondheidsbedreiging te beëindig, sê die land se gesondheidsminister, Sylvia Masebo, die aantal nuwe MIV-infeksies onder jong mense dreig om die winste wat gemaak is om te […]
Jason Mamoa help met Hawaii-brandramp - August 12, 2023
Die Hollywood-ster Jason Momoa, wat in Honolulu gebore is, is verpletter oor die dodelike brande op die Hawaiise eiland Maui. Die dodetal het tot minstens 67 gestyg, terwyl daar van sowat ‘n duisend mense nie rekenskap gegee word nie. Momoa het inligting op sy Instagram-rekening aangestuur van organisasies wat hulp verleen, insluitend ‘n opspoorder-lys vir […]
Vroue-sokker: Laaste kans vandag vir ‘n plek in halfeindronde - August 12, 2023
Die mede-gasheer, Australië, Frankryk, Engeland en Colombië gaan vandag sake uitspook vir ‘n plek in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Australië speel eerste in Brisbane teen Frankryk, gevolg deur die kwarteindstryd tussen Engeland en Colombië in Sydney. Die twee wenners kom Woensdag in Sydney teen mekaar te staan vir ‘n plek in volgende […]
Suidelike skakel van HKIA-roete, oopgestel - August 12, 2023
Die eerste fase van die Windhoek-Hosea Kutako Internasionale Lughawe se suidelike skakel is amptelik oop. Die vyf-kilometer roete, wat aansluit by die padblokkade op die Windhoek-Rehoboth-pad, is oor twee jaar voltooi teen ‘n koste van 3 miljoen Namibiese dollar. Die skakel laat verkeer vanaf Okahandja toe om na die Rehoboth-polisiekontrolepunt te reis sonder om deur […]
Beter optrede in Mpumalanga teen plaasaanvalle nodig - August 12, 2023
Die Vryheidsfront Plus doen ‘n dringende beroep vir optrede teen die toenemende plaasaanvalle in Mpumalanga. Die party eis spoedige optrede ná ‘n onlangse aanranding op ‘n 75-jarige vrou se kleinhoewe. Die voorval het plaasgevind skaars twee weke ná ‘n plaasmoord en aanranding op ‘n ander egpaar. Die party betwis die provinsie se wetstoepassingsdoeltreffendheid nadat ‘n […]
Bankman-Fried se borg gekanselleer, meng met getuies in - August 12, 2023
Sam Bankman-Fried, wat verlede jaar op aanklagte van bedrog gearresteer is ná die ineenstorting van sy kripto-beurs FTX, sal agter tralies bly tot sy verhoor oor twee maande begin. Regter Lewis Kaplan het met aanklaers wat Bankman-Fried daarvan beskuldig het dat hy met getuies ingemeng het, saamgestem. Bankman-Fried is herhaaldelik daaroor gewaarsku en sy borg […]
MXOAN: Namibiese span berei voor vir eerste motocross resies vandmiddag - August 12, 2023
Die motocross-spanne wat deelneem aan die MX of African Nations in die Kaap, sal vanoggend oefensessies hou met die eerste resies wat net na een-uur afskop. Die Namibiese span van 21 het reeds vroeër die week aangekom en het al op die baan geoefen. Die spanlede en hul fietse is Vrydag reeds geregistreer en Ingo […]