
Kragtariewe is onaanvaarbaar, veral omdat Nam opwekkingsvermoë het - July 30, 2023
Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, het sy kommer uitgespreek oor die heersende hoë elektrisiteitskoste. Sy kommentaar kom ná die aankondiging deur die Elektrisiteitsbeheerraad in Mei van ‘n verhoging van 8,9 persent vir NamPower se grootmaat elektrisiteitstarief wat van 1 Julie van krag is en die verwagte aankondiging van verhogings by […]
China sê armoede kan in Afrika uitgewis word - July 30, 2023
Die adjunk direkteur-generaal van die Internasionale Armoedeverligtingsentrum in China, Li Xin, is optimisties oor die uitroei van uiterste armoede in Afrika. Volgens syfers van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling het 490 miljoen mense in Afrika in 2021 onder die armoedevlak geleef. Li Xin beklemtoon om die doel te bereik sal politieke […]
Israeli’s, 170 000 van hulle, betoog vir 30ste week - July 30, 2023
Meer as 170 000 Israeli’s het weer die land se strate ingevaar in hul betogings teen premier Benjamin Netanyahu se wysigings aan die mag van die land se hooggeregshof. Die nuwe wetgewing, wat deur Netanyahu en sy verregse regering deurgevoer is, het ‘n ongekende krisis in die land ontketen. Die betogings is in hul 30ste […]
O-19 Eagles speel vandag hul laaste, teen Nigerië - July 30, 2023
Die Walvis Bay Salt Eagles speel vanoggend om half-tien teen Nigerië in die laaste van hul vier wedstryde in Tanzanië. Die onder-19 span neem deel aan die IKR se onder-19 Mans-Wêreldbeker Afrika kwalifiserende reeks. Die Eagles spook sake uit teen die gasheerland, asook Nigerië, Sierra Leone en Uganda vir ‘n plek in die toernooi in […]
Skaapsektor toon reuse-groei in tweede kwartaal - July 30, 2023
Die bemarking van skaap het baie goed vertoon in die tweede kwartaal van die jaar. Volgens die Namibiese Vleisraad, is ‘n totaal van 276 325 diere in die tydperk bemark vergeleke met 234 354 in 2022. Die verbeterde prestasie in skaapbemarking is aangedryf deur ‘n volgehoue groei in op-die-hoef-uitvoere van skape tesame met verhoogde verslagting […]
Zim se Kasukuwere kan nie in verkiesing staan nie - July 30, 2023
Die Hooggeregshof in Zimbabwe het die appèl verwerp van die onafhanklike presidensiële kandidaat Saviour Kasukuwere. Hy het dit ingedien teen die hof se vorige beslissing om sy kandidaatskap vir die presidensie in die komende verkiesing te skrap. Volgens die hof was daar nie meriete in Kasukuwere se appèl nie. Die ZanuPF-aktivis, Lovedale Mangwana, het die […]
Vuurwerkpakhuis in Thailand ontplof, 9 dood - July 30, 2023
‘n Kragtige ontploffing het by ‘n vuurwerkpakhuis in Thailand voorgekom met nege mense wat dood is en meer as 115 beseer. Die ontploffing in die dorp Sungai Kolok in die suidelike provinsie Narathiwat is vermoedelik deur sweiswerk veroorsaak tydens konstruksiewerk aan die gebou. Owerhede het die brand onder beheer gebring maar beeldmateriaal van plaaslike media […]
Ross vat weer die Backyard Ultra, voltooi 18 siklusse, 120,6km - July 30, 2023
Die tweede Brandberg Backyard Ultra is afgehandel op Uis en ongeveer vier-uur vanoggend tot ‘n einde gekom met die Swakopmunder, die 51-jarige Andre Ross wat 18 siklusse van die 6,7 kilometer loep voltooi het. Hy het dus 120,6 kilometer voltooi. Ross het verlede jaar se eerste Ultra ook gewen met 20 siklusse. Kirsty Brits, wat […]
Leerders in jeugdiens moet ervaring opbou - July 30, 2023
Agnes Tjongarero, minister van jeug en sport het ‘n beroep op alle regeringskantore, ministeries en agentskappe, sowel as ondernemings in staatsbesit gedoen om plek te maak en geleenthede te skep vir vrywillige dienste vir die leerders in die Nasionale Jeugdiens. Op die oomblik is die jongste opname van jongmense op Hentiesbaai waar 310 opleiding ontvang. […]
Dokters moet swangerskappe by minderjariges aanmeld om verkragting aan te spreek - July 30, 2023
Nes in Namibië, het Suid-Afrika ook uitdagings met die verkragting van minderjarige meisies. Maatskaplike aktiviste in die buurland pleit by die regering om maatreëls in te stel om die toename in die verkragting van minderjariges te keer. Dit gebeur terwyl die land ‘n toename ondervind in tienerswangerskappe by kinders tussen die ouderdom van tien en […]