Menopouse veroorsaak 900 000 bedankings jaarliks in Brittanje

Daar is kommer in Brittanje met die verlies van veral ervare vroulike werkers. Volgens berigte uit daardie land, verlaat een uit tien vroue hul poste jaarliks as gevolg van menopouse-simptome. Dit lei tot ongeveer 900 000 bedankings ‘n jaar. Die Arbeidersparty het ‘n plan voorgestel om die bedankings, wat groot verliese aan sake beteken, te […]

Read More

Namibië moet Botswana naboots met BTW-verwydering

Reaksie word ontvang op die nuus dat Botswana BTW verwyder het op agt produkte. Dit sluit sout, sanitêre doekies, groente, kookolie, babaformule, kondome, babadoeke en vloeibare petroleumgas in. Die Botswana lynministerie sê hy beplan om landbou-implemente en kondome te nulkoers, terwyl private gesondheidsdienste van BTW vrygestel word. Die oud-ombud, advokaat John Walters sê in hierdie […]

Read More

Swak weiding handel oor agteruitgang van graslande

Die Namibiese Landbou-unie het die beskikbare weiding vir verskeie gebiede in die land bekend gemaak. Daar is dele wat goed vertoon maar, ook talle dele wat uiters swak vertoon. Otjozondjupa vertoon die beste. Volgens Erastus Ngarukua, Agribank se tegniese adviseur op lewende hawe en weiding, handel dit oor agteruitgang van graslande oor die algeheel en […]

Read More

GRN moet N$35 miljard soek in die volgende paar jaar vir lenings

Die Namibiese tesourie ontwikkel ‘n strategie vir die terugbetaling van 35 miljard Namibiese dollar se lenings wat oor die volgende vier jaar gaan verval en sê hy sal verskeie strategieë toepas om aflossing te verseker. Hierdie strategie kan blykbaar selfs daartoe lei dat die staat nuwe lenings aangaan om betalings te maak. In sy nasionale […]

Read More

900 leerders huis toe, skool vol rou riool

Uitdagings met onderwys in Namibië duur voort. Plaaslike media berig dat die gekombineerde skool op Onesi in die Omusati-streek sy deure moes sluit as gevolg riool wat in die skoolgronde loop na pyp verstop het. Daar is ongeveer 900 leerders in die skool. Die hoof, Junias Shende, sê dit het reeds verlede Donderdag plaasgevind en die probleem vererger daagliks. Selfs […]

Read More

Onthou om jou tenk vol te maak vandag…

Namibiese verbruikers word daaraan herinner om vandag hul tenks vol te maak. Die Namibiese petrolprys styg vannag met 1 dollar 50 sent ‘n liter. Diesel bly onveranderd. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, sê die styging so hoër gewees het maar, van die onderverhalings word deur die regering geabsorbeer.

Read More

Zambezi se vlakke is op, Okavango, Kunene sak

Vlakke van die Zambezi-rivier is tans op 5,22 meter met die rivier wat in vloed gaan op 4 meter. Die vlak is meer as dubbel die vlakke wat in Februarie verlede jaar gemeet is. Die watervlakke sal na verwagting verder styg omdat goeie neerslae in die opvangsgebied steeds ontvang word. Inwoners is gemaan om uiters […]

Read More

Staatsdiensvakbonde betoog by Tesourie in Pretoria

Lede van staatsdiensvakbonde in Suid-Afrika het die ingange na die Nasionale Tesourie se kantore in Pretoria versper. Hulle eis dat die owerhede met vakbondhoofde vergader om die uitstaande loongeskil oor die 2022/23-salarisverhoging vir staatsamptenare op te los. Die woordvoerder van die polisievakbond Popcru, Richard Mamabolo, sê hul eis is deel van hul beplande massa-optrede wat […]

Read More

Oekraïne: Dit blyk of Saoedi hom by die Weste skaar

Dit wil voorkom asof Saoedi-Arabië ‘n toenemende rol in die oorlog in die Oekraïne begin speel. Die land blyk om homself met die Weste in die konflik te skaar. Die afgetrede Britse generaal, Sir Richard Dannat, sê dit kan wees as gevolg van die groeiende verhouding tussen Saoedi en die VSA.

Read More

Turk agter tralies vir migrante wat by Italië verdrink

Amptenare het bevestig ‘n Turkse burger is in hegtenis geneem in verband met mensehandel nadat ‘n boot met migrante in onstuimige water suid van Italië gesink het. Die sterftesyfer staan op 62 wat 12 kinders insluit. Tagtig mense is gered. Daar was mense van Afghanistan, Pakistan, Somalië, Sirië, Irak en Iran aan boord. Intussen doen […]

Read More