Sokker: Engelse FA-beker in volle swang

Sokker: Sestien klubs speel vandag en môre in die vyfde ronde van die Engelse FA-bekerreeks. In vandag se vier wedstryde kom Stoke City teen Brighton te staan, Leicester City teen Blackburn, Fulham teen Leeds en Manchester City teen Bristol City. Bristol is ʼn tweedevlak-kampioenskapspan wat na 12 wedstryde onoorwonne is. Manchester City se Spaanse afrigter, […]

Read More

AfriForum stel plaasmoordverslag bekend

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 gepubliseer. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die verslag vergelyk die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer is. Volgens Broodryk is slegs 33 persent van moordverdagtes in hegtenis geneem. Hy sê boere moet veiligheidstrukture vestig en aktief betrokke raak by die veiligheid van hul gemeenskappe. […]

Read More

Siek Esau se borgaansoek wéér uitgestel 

Die borgtog-aansoek van die twee Fishrot-beskuldigdes, die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, en Nigel van Wyk, die assistent van die oud-justisieminister Sacky Shangala, is vandag weer ‘n keer in die Windhoekse hoërhof uitgestel weens kommer oor Esau se gesondheid. Sy regsverteenwoordiger Florian Beukes het aan regter David Munsu gesê Esau is swak, en kon […]

Read More

SA werkloosheidsyfer daal met 0,2%

Statistieke Suid-Afrika het aangekondig die werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2022 op 32,7 persent gestaan. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê dit is ‘n daling van 0,2 van ‘n persentasiepunt teenoor die vorige kwartaal. Hy sê meer as 169 000 werksgeleenthede is tussen Oktober en Desember geskep. Die aantal werklose mense het tot 7,753 miljoen […]

Read More

Nigeriese verkiesingsuitslae begin instroom

Die verkiesingskommissie in Nigerië het begin om die uitslae van die onderskeie state een vir een bekend te maak. Al drie die grootste partye kla oor ongerymdhede, terwyl berigte van geweld en intimidasie ook ontvang is. Die omvang van die klagtes is egter minder as in vorige verkiesings. Die uitslag van 14 van Nigerië se […]

Read More

Bulle vereer Morné Steyn met ‘n bonusjaar

Rugby: Die Bulle het hul Springbok-staatmaker, Morné Steyn, vereer met ‘n bonusjaar in sy laaste seisoen vir die Pretoriase unie. Die losskakel het sedert 2003, 14 seisoene vir die unie gespeel. Steyn sal in hierdie bonusjaar een Suid-Afrikaanse rand ontvang van elke kaartjie wat vir ‘n wedstryd op Loftus verkoop word. Die Blou Bulle se […]

Read More

eThekwini ontken oorbesteding op straatligte

Die eThekwini-munisipaliteit sê berigte waarin beweer word dat die metro 579 miljoen Suid-Afrikaanse rand opgedok het vir straatligte wat in werklikheid 91 miljoen rand gekos het, is nie feitelik korrek nie. Volgens die berig toon dokumente dat die munisipaliteit tussen November 2019 en Januarie 2020 altesaam 579 miljoen rand aan 18 maatskappye betaal het om […]

Read More

Kenners meen Brent sal teen US$90 ‘n vat vanjaar verhandel

Die prys van Brent ru-olie het vanoggend effe geklim, veral in Asiatiese markte, op die hoop dat die Chinese ekonomie binnekort sal herleef en vraag vir die kommoditeit aandryf. Die prys, wat rondom 82 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel, is laag gehou deur vrese vir nog ‘n rentekoers verhoging in die VSA. Kenners en ontleders […]

Read More

Gordhan weet nie van kartelle by Eskom nie

Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy is nie bewus van enige misdaadkartelle wat in Eskom bedrywig is nie. Die Daily Maverick het skynbaar intelligensieverslae bekom wat twee lede van President Cyril Ramaphosa se kabinet met vier kartelle verbind wat in die kragvoorsiener bedrywig is. Die inligting verbind die kartelle met die sabotasie […]

Read More

Moseweni kuier by Ramaphosa Donderdag

President Cyril Ramaphosa sal te midde van verskeie uitdagings op eie bodem Donderdag sy Ugandese eweknie, President Yuweri Museveni, tydens ‘n amptelike besoek ontvang. Die twee leiers sal na verwagting politieke- en handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Uganda bespreek, en sal ook aandag skenk aan veiligheid en vrede in Afrika. ‘n Senior adviseur in Museveni se […]

Read More