Beurtkrag kniehalter SA sitruskwekers

Die Sitruskwekers-vereniging van Suid-Afrika sê hoewel hawens vrygestel is van beurtkrag, word verkoelings-pakhuise buite hawens steeds deur kragonderbrekings geraak. Die vereniging sê boere sukkel om sitrus-produkte te berg teen temperature soos die Europese Unie se nuwe regulasies vereis. Die vereniging sê dit kan veroorsaak dat die bedryf vanjaar ‘n verlies van ongeveer 500 miljoen Suid-Afrikaanse […]

Read More

Skotland verbied narkosegas in hospitale

Skotland het die eerste land geword wat die gebruik van ‘n narkosegas – desfluraan – deur hospitale verbied omdat dit tot klimaatsverwarming bydra. Data van die Nasionale Gesondheidsdiens dui daarop dat die gas – wat gebruik word om mense onder verdowing te hou tydens chirurgie – ‘n aardverwarmings-potensiaal het 2 500 keer meer as koolstofdioksied. […]

Read More

Kerk-gemeentelede skenk bloed

Honderde gemeentelede van die Hope Church in Windhoek het bloed gaan skenk om bloedbanke in Namibië by te staan. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens pleit deurentyd dat Namibiese burgers bloedskenkers word en dat diegene wat reeds bloed skenk, dit meer gereeld moet doen. Titus Shivute, woordvoerder van die diens sê aan Kosmos 94.1 Nuus gepraat hulle is […]

Read More

Leerders verras met emmers higiëniese produkte  

Kosmos 94.1, Metro Hyper Namibië, The Children’s Movement Namibia en Femme Namibia het dit vandag moontlik gemaak dat 100 leerlinge by die Havana Hoërskool higiëniese produkte kon kry. Die Bucket of Hope is ‘n emmer met produkte soos sanitêre doekies vir die meisies, tandeborsels en -paste, deoderant, seep en nog meer. Hierdie emmers is aan […]

Read More

Airlink Pumas-afrigter gee mening oor Namibiese rugby  

Die Windhoek Draught Welwitschias draf môremiddag om vier-uur op die Hage Geingob-stadion teen die Airlink Pumas uit. Die Pumas is die verdedigende Curriebeker-kampioen en is die gunstelinge om die Airlink-beker te wen. Tydens die opwarmingswedstryd Woensdagaand het hulle die Welwitschias met 43-0 verslaan. Die afrigter van die Pumas, Jimmy Stonehouse met Kosmos 94.1 Nuus gepraat… […]

Read More

Eiendomslenings van N$25,25 miljoen in mosiehof

Daar was 79 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof voor regters George Coleman en Marlene Tommasi, waarvan 53 aansoeke deur kommersiële banke was. Daar was 16 reël 108-aansoeke. Daar is 21 eiendomslenings ter waarde van sowat 25,25 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 31 lenings waarop 7,44 miljoen dollar geskuld word. Een voertuig moet ook terugbesorg word. In Maandag […]

Read More

ATM vaar uit ná studente registrasie geweier is

Die African Transformation Movement verwerp die gedagte dat enigiemand weens hulle finansiële omstandighede onderwys en ʼn dak oor die kop geweier kan word. Die party sê kwessies wat studente vandag aanroer, is presies dieselfde as dit wat hulle in 2015 geopper het. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê studente word registrasie geweier weens […]

Read More

Helfte van wêreldbevolking kan teen 2035 oorgewig wees

‘n Studie het bevind meer as die helfte van die wêreld se bevolking kan teen 2035 oorgewig wees. Die Wêreld-vetsugfederasie se atlas vir 2023 voorspel dat 51 persent van die wêreldbevolking van vier miljard binne die volgende 12 jaar vetsug sal hê. ʼn Woordvoerder van die federasie, Louise Buur, maan die koerse van vetsug styg […]

Read More

Historikus: Alte Feste moet bewaar word

‘n Bekende Namibiese historikus en skrywer, het die belangrikheid van die bewaring van die Alte Feste-gebou beklemtoon. Dit is die oudste bestaande gebou in Windhoek en is in 1957 as nasionale monument verklaar, maar het vervalle geraak. Die onderwysministerie het ‘n ooreenkoms van tien jaar is met Namibia Arts, Crafts and Design gesluit wat die […]

Read More

Oudits oor Covid-verligtingskema in SA gedoen

Die Suid-Afrikaanse Werkloosheids-versekeringsfonds sê dit sal nou verder sy oudits oor die Covid-verligtingskema verskerp om soveel as moontlik fondse, wat tydens die implementering van dié skema gesteel is, terug te vind. Ouditeurs is tans besig om duisende besighede regoor die land te besoek om seker te maak dat dié noodfondse, wat deur besighede van die […]

Read More