Fikile: Wees geduldig oor kabinetskommeling

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die regerende party moet nog moontlike veranderings aan die kabinet met President Cyril Ramaphosa bespreek. Suid-Afrikaners wag steeds dat die president sy nuwe kabinet bekend maak, na sy staatsrede van enkele weke gelede. Mbalula sê die land moet geduldig wees, want Ramaphosa sal sy nuwe kabinet binnekort […]

Read More

Minstens 17 mense sterf in brand in Jakarta

Minstens 17 mense is in die Indonesiese hoofstad Jakarta dood toe ‘n brand uitgebreek het by ‘n brandstof-bergingstasie van die staats-energiemaatskappy Pertamina. Twee van die sterftes was kinders, terwyl 50 mense beseer is, insluitend een kind, volgens Rahmat Kristanto, ‘n beampte by die brandbestrydings-eenheid. Die meeste van die beseerde mense het brandwonde opgedoen en die […]

Read More

Tennis: Medvedev pootjie Djokovic in sy segetog

Tennis: Daniil Medvedev het ‘n einde gebring aan Novak Djokovic se onoorwonne 15-0 segetog aan die begin van die seisoen, met ‘n oorwinning van 6-4, 6-4 teen die wêreld se nommer een by die Dubai-kampioenskapstoernooi.  Medvedev is terug in die groep van die top-tien spelers na hy sy laaste 13 wedstryde oor ‘n tydperk van […]

Read More

Namibië gekant teen VSA se sanksies teen Venezuela, Kuba en Zimbabwe

Namibië sal voortgaan om te pleit vir die opheffing van ekonomiese sanksies teen Venezuela, Kuba en Zimbabwe deur Amerika. President Hage Geingob sê die geraakte lande probeer hul bes om te ontwikkel en het ‘n beroep gedoen dat burgers van dié lande se humanitêre regte moet seëvier. Geingob het Namibië se standpunt herhaal toe hy […]

Read More

SA sitrusbedryf in die knyp oor nuwe EU-uitvoerreël

Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf is in die knyp oor ‘n nuwe verordening. Die nuwe appelmot-verordening sal poog om die invoer van Suid-Afrikaanse lemoene na Europese Unie-markte streng te beheer. Die verordering vereis lemoene wat verskeep word moet vooraf verkoel word tot onder twee grade Celsius en vir 20 dae hierdie temperatuur handhaaf. Die Sitruskwekers-vereniging herhaal sy […]

Read More

Ontploffing by Nigeriese oliepyplyding eis minstens 12 lewens

Minstens 12 mense is dood in ‘n ontploffing by ‘n oliepypleiding in die Rivers-staat in Nigerië. Die petroleum-reus Shell besit die pypleiding. Vrese bestaan dat die dodetal veel hoër is. Die ontploffing het gebeur toe mense olie probeer steel het. Vyf voertuie het ook uitgebrand.  

Read More

Krieket: IKR sê Indiese kolfblad is swak

Krieket: Die Internasionale Krieketraad het bevind die kolfblad in die derde toets tussen die gasheer, Indië, en Australië was swak. Die toets het op die derde oggend geëindig na lae tellings met die besoekers wat met nege paaltjies gewen het. Die draaibouler Nathan Lyon het elf Indiese paaltjies laat kantel. Die uitslag was Indië se […]

Read More

Nigel van Wyk se borgaansoek tot 11 April uitgestel

Nigel van Wyk, een van die Fishrot-beskuldigdes, se borgtogaansoek is tot 11 April uitgestel. Van Wyk bly in aanhouding tot sy volgende verskyning. Hy het ook betwis dat die staat se saak teen hom swak is aangesien hy nie deel was van die skandaal of die opbrengs van misdaad in die Fishrotsaak nie. Van Wyk […]

Read More

Ghana het 14 gevalle van Lassa-koors

Ghana se gesondheidsdiens het 14 gevalle van Lassa-koors bevestig. Volgens amptenare is 12 van die 14 deur middel van kontak-opsporing geïdentifiseer. Ghana het Sondag die eerste keer twee bevestigde gevalle van die siekte aangemeld, en een pasiënt is dood verklaar. Die gesondheidsliggaam sê 97 kontakte is geïdentifiseer. Lassa-koors word veroorsaak deur die Lassa-virus, wat aan […]

Read More

DA: Cyril moet eerlik wees oor Eskom-kartelle

Die DA-leier, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die land in sy vertroue te neem en presies in te lig oor wat hy van die korrupte kartelle geweet het wat Eskom saboteer. Volgens berigte het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, Ramaphosa se nasionale veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi, en […]

Read More