Vliegtuigbrandstofvoorrade verbeter by Kaapstad-lughawe

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, Acsa, sê vliegtuigbrandstofvoorrade by die Kaapstadse Internasionale Lughawe het verbeter ná tekorte verlede week ondervind is.  Bykomende voorraad is na samesprekings ‘n prioriteit gemaak deur tenkwaens en invoere. Acsa sê hy doen alles in sy vermoë om kansellasies te voorkom en ontwrigting tot ‘n minimum te beperk. Ondanks die verbetering, word […]

Read More

Lesotho sê beter emigrasiestelsel moet oorgrensmisdaad bekamp

Die minister van plaaslike regering, hoofmanskap, binnelandse sake en polisie in Lesotho, Lebona Lephema, sê ‘n doeltreffende emigrasiestelsel is noodsaaklik in die stryd teen oorgrensmisdade tussen sy land en Suid-Afrika. Lephema het tydens bilaterale gesprekke in Maseru gesê hulle het besluit om ‘n permitstelsel in te bring om enige skuiwergate in die koop en verkoop […]

Read More

Tennis: Medvedev wen Dubai-kampioenskap

Tennis: Die Rus Daniil Medvedev het sy landgenoot Andrey Rublev met 6-2, 6-2 uitgeskakel om die Dubai-kampioenskap in te palm. Die 27-jarige het nou drie agtereenvolgende titels ingepalm ná oorwinnings in Doha en Rotterdam. Medvedev het van die begin af oorheers en in die eerste spel teen Roblev deurgebreek. Hy is nou in 14 wedstryde […]

Read More

DA: Tshwane kan nie nuwe burgemeester en sy speelgoed bekostig

Die DA in Gauteng sê die Stad Tshwane se nuutverkose burgemeester, Murunwa Makwarela, het nie gras onder sy voete laat groei om byvoordele en luukshede vir homself op te eis nie. Dit word erger gemaak deur die realiteit dat inwoners van Tswhane dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Die DA-raadslid, Jacqui Uys, sê na wat […]

Read More

Windhoekers moet water spaarsamig gebruik

NamWater en Stad Windhoek versoek inwoners van Windhoek en omliggende gebiede om water spaarsamig te gebruik nadat die pypleiding vanaf die Von Bachdam naby die weegbrug by Brakwater gebreek het. Tans is al Windhoek se reservoirs op hul normale bedryfsvlakke en dit behoort waterverbruik in die stad te onderhou tot vanmiddag. Inwoners moenie tuine natmaak, […]

Read More

Koning Charles gaan met heilige olie uit Jerusalem gesalf word

Die heilige olie wat gebruik gaan word om die Britse koning Charles tydens sy kroning op 6 Mei te salf, is tydens ‘n seremonie in die Kerk van die Heilige Graf  in Jerusalem ingewy. Die olie is gemaak van vrugte uit boorde op die Olyfberg, ‘n bergreeks wat ‘n belangrike godsdienstige simbool vir Christene en […]

Read More

Rugby: Pumas gee Welwitschias pakslae

Rugby: Die Airlink Pumas het die Windhoek Draught Welwitschias met 81-8 op die Hage Geingob-stadion in Windhoek afgeransel. In Suid-Afrika het die Leeus ‘n waardevolle oorwinning van 29-25 teen die Bulle in ‘n Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op Loftus behaal. Die Haaie het in Kaapstad die Stormers so amper die loef afgesteek, maar die Kaapse span kon […]

Read More

Gewapende rooftog by kampeerterrein buite Keetmanshoop

‘n Gewapende rooftog het vandag by die Quiver Tree Lodge buite Keetmanshoop plaasgevind. Twee toeriste wat daar kampeer, is glo deur onbekende verdagtes met ‘n vuurwapen van hul besittings beroof. Adjunk-kommissaris Nicodemus Mbango, Nampol se koördineerder van misdaadondersoeke in die Karas-streek, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die verdagtes is steeds op vrye voet, maar […]

Read More

Nxesi veroordeel kuberaanvalle op Staatsdiens-bedingingsrade

Die waarnemende minister van die staatdiens en administrasie, Thulas Nxesi, het die kuber-aanval op Staatsdiens-bedingingsrade veroordeel. Die staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad, die Algemene Staastdienssektor-bedingingsraad en die Veiligheid- en Sekuriteitsektor-bedingingsraad se stelsels het onlangs onder ‘n aanval deurgeloop. Die rade het ‘n force majeure  tot die einde van maand  op dispuut-oplossingsp

Read More

Mexikaanse dwelmkartel oopgevlek

Amerika en Australië het in ‘n gesamentlike misdaadvoorkomings-operasie ‘n internasionale dwelmkartel oopgevlek.  Wetstoepassers het bevestig dat altesaam 12 verdagtes in hegtenis geneem is sedert die begin van die operasie wat verlede jaar van stapel gestuur is. Volgens die owerhede is daar in November op ‘n skip aan die kus van Suid-Amerika toegeslaan wat na Australië […]

Read More