Vermeende smokkelaar van ietermagôvel bly in aanhouding

Die 30-jarige man wat by ‘n vulstasie op Otjiwarongo in hegtenis is geneem nadat hy glo in besit gevind is van ‘n ietermagôvel, bly in aahouding. Joseph Iyambo het voor landdros Peingondjabi Shipo op klagte van die besit en handel in beheerde wildprodukte sonder ’n permit in die landdroshof verskyn. Shipo se inhegtenisneming was intelligensie-gedrewe. […]

Read More

Afrika ly weens onveiligheid in verskeie lande

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die Afrika-vasteland ly weens onstabiliteit en onveiligheid in verskeie lande. Pandor het op ‘n besoek aan die Indiese hoofstad Nieu Delhi gepraat waar sy die vergadering van die G20-ministers van buitelandse sake en die Raisina Dialogue-konferensie bygewoon het. Sy sê onveiligheid en konflik maak […]

Read More

Bekende SA radioman verloor stryd teen kanker

En Die bekende Suid-Afrikaanse radioman, die 53-jarige Mark Pilgrim het vanoggend sy stryd teen longkanker verloor waarmee hy in Februarie verlede jaar gediagnoseer is. Lloyd Madurai, die besturende direkteur van HOT 102.7 FM, die radiostasie waar Pilgrim gewerk het, het sy heengaan bevestig. Pilgrim is vreedsaam by sy huis oorlede met sy verloofde Adrienne Watskins […]

Read More

VSA se huishoudelike skuld stoot Namibiese rentekoerse op

‘n Namibiese ekonomiese kenner meen dit is onafwendbaar dat Amerikaanse huishoudelike skuld ‘n impak op wissel- en rentekoerse het, ook vir Namibië. Amerikaners raak dieper in die skuld teen die vinnigste koers in twee dekades, terwyl hulle voortgaan om te spandeer en te leen te midde van hoë inflasie en verhoogde rentekoerse. Amerikaanse huishoudelike skuld […]

Read More

Oorgrens-misdaad tussen SA en Lesotho getakel

Oorgrens-misdaad tussen Lesotho en Suid-Afrika is ‘n reuse-uitdaging. Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê die regering sal volhard in sy navolging van veiligheid en geregtigheid oor sy grense. Hy is vasberade om nie toe te laat dat misdadigers tussen Lesotho en Suid-Afrika vrylik beweeg nie. Cele het by bilaterale sekerheid-samesprekings tussen die twee […]

Read More

Soedanse President dank twee ministers af

Die President van Suid-Soedan, Salva Kiir, het twee ministers afgedank. Die afdankings word deur sommige belanghebbendes as minagting van ‘n vredesooreenkoms met opposisiepartye beskou. Die afdankings van die minister van verdediging, Angelina Teny, en die minister van binnelandse sake, Mahmoud Solomon, is op staatstelevisie aangekondig. Teny is glo getroud met een van Kiir se grootste […]

Read More

Sokker: Mamelodi Sundowns steeds voorloper

Sokker: In die buurland het Kaizer Chiefs tot die vierde plek op die plaaslike premierskaps-punteleer geklim, danksy ‘n 1-0-sege oor Richards Bay FC. Chiefs en Orlando Pirates het nou albei 34 punte op die punte-tabel, maar Pirates is danksy ‘n beter doel-gemiddeld derde. Supersport United is tweede met 36 punte, terwyl Mamelodi Sundowns steeds gerieflik […]

Read More

Drie Noorde-streke se watersituasie onder beheer

Drie noordelike streke in Namibië het water-onderbrekings ervaar, maar die situasie is onder beheer. NamWater het waterrantsoenering in Oshana, Ohangwena en Oshikoto ingestel. Plaaslike owerhede in die streke het aangekondig dat die onderbreking te wyte is aan toerusting wat onverwags by die NamWater-suiweringsaanleg in Oshakati gebreek het. Abraham Nehemia, hoof uitvoerende beampte van NamWater deel […]

Read More

SA Mensregtekommissie skors waarnemende hoof

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy waarnemende uitvoerende hoof, Chantal Kisoon, geskors, hangende die uitslag van ‘n ondersoek na bewerings dat sy rassistiese opmerkings teenoor kollegas gemaak het. News24 het voorheen berig Kisoon het na bewering tydens ‘n vergadering verlede maand na senior SAMRK-bestuurders as swart babas verwys. Die EFF het toe geëis sy moet bedank. […]

Read More

Eswatini-polisie glo betrokke by verdwyning van man

Die Kommunisteparty van Swaziland sê die polisie in Eswatini is vermoedelik betrokke by die verdwyning van een van sy lede, Mvuselelo Mkhabela. Die 21-jarige is tydens protesoptrede teen Koning Mswati se regering geskiet. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê hulle is agterdogtig oor polisielede se besoek aan Mkhabela se familie om navraag te […]

Read More