Oudgoewerneur van Maryland maan teen Trump
Die gewese goewerneur van Maryland, Larry Hogan, het Republikeine wat Donald Trump weer vir President wil benoem, gewaarsku dat dit ‘n ramp sal wees. Hogan het aangekondig dat hy hom nie vir die Republikeinse benoemings vir 2024 beskikbaar sal stel nie en het erken dat sy deelname die primêre stemme sal verdeel, wat Trump kan […]
Ruby: Hurricanes-kaptein voor tugkomitee
Rugby: Die Hurricanes se kaptein, Ardie Savea, sal verwagting vandag voor ‘n hersieningskomitee vir vuilspel verskyn. Die All Black-ster het glo ‘n keelafsny-teken teen ‘n teenstander gemaak. Hy het sy duim oor sy keel laat gly tydens ‘n argument met die Suid-Afrikaans-gebore skrumskakel Ryan Louwrens van die Rebels. Dit het gebeur net na hy ‘n […]
SA staatsdiensvakbond gaan voort met staking
Die buurland se gesondheid- en onderwysvakbond, Nehawu, sê staatsdienswerkers sal vandag voortgaan met hul staking soos beplan. Dit volg ondanks die interdik wat die departement van die staatsdiens en administrasie teen die staking bekom het. Die vakbond eis salarisverhogings hoër as inflasie vir die 2022/2023-boekjaar. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê hulle het aansoek […]
Namibië is gasheer van Internasionale Sout-konferensie
In November vanjaar word die eerste Internasionale Sout-konferensie ooit op die Afrika-vasteland in Namibië gehou. Die konferensie sal maatskappye in die internasionale soutvoorsienings-ketting op Swakopmund byeenbring en hulle sal beraadslaag oor die nuutste industrie-ontwikkelings en netwerk met eweknieë regoor die wêreld. Die besturende direkteur van die Walvisbaai Sout-maatskappy, André Snyman, gee meer besonderhede aan Kosmos […]
DA sê Landbank moet voor parlement verskyn
Die DA doen ‘n beroep op die Landbank om voor die parlement te verskyn sodat hy kan verduidelik hoe hy sy finansiële uitdagings gaan oorleef wat onder andere deur gryslysting en korrupsie veroorsaak is. Noko Masipa van die party sê die bank moet ondersteun en in die regte rigting gestuur word, maar om dit te […]
VN loof verdrag om oseane te beskerm
Die VN sekretaris-generaal, António Guterres, het VN-lidlande geloof vir die sluiting van ‘n historiese ooreenkoms om die wêreld se oseane te beskerm, ná tien jaar se onderhandelinge. Die Hoë See-verdrag het ten doel om 30 persent van die see teen 2030 in beskermde gebiede geplaas te hê, wat sal help teen die verlies van natuurlewe, […]
Rugby: Argentyne word as Sewes-kampioen in Kanada gekroon
Rugby: Argentinië het hul Kanada-sewes-titel in Vancouver suksesvol verdedig toe hy Frankryk met 33-21 in die eindstryd geklop het. Argentinië, wat verlede week in die eindstryd van die Los Angeles-sewesreeks geklop is, het in ‘n harde eindstryd die oorwinning behaal na laat drieë deur Tobias Wade en Agustin Fraga. Australië het die bronsmedalje gewen nadat […]
SA regering bring hulde aan radioman Mark Pilgrim
Die Suid-Afrikaanse regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsel sê die radioman Mark Pilgrim het ‘n onuitwisbare indruk op die uitsaaibedryf gelaat. Die 53-jarige veteraan-mediapersoonlikheid is Sondagoggend dood ná ‘n lang stryd teen fase vier-longkanker. Die waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, Nomonde Mnukwa, sê Pilgrim was ‘n baie geliefde Suid-Afrikaanse persoonlikheid wat ‘n dapper stryd teen kanker […]
Pampoentjies breek uit in Oshakati
Pampoentjies het by ‘n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek. Die hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus, is by die Laerskool Oshakati-Wes opgespoor. Johanna Haimene, direkteur van gesondheid van Oshana, sê ‘n span gesondheidsbeamptes sal vandag na die skool gestuur word om die situasie te monitor. Leerlinge wat die skool bywoon, […]
Kommer oor gewelddadige betogings van SA studente
Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, het sy kommer uitgespreek oor die gewelddadigheid van die studente se betogings by sommige van die land se universiteite, insluitend die Universiteit van die Witwatersrand. Ná onderonsies met die polisie en sekerheidswagte en die vernietiging van eiendom, het Nzimande in ‘n verklaring gesê dit is […]