Oteya gesels oor musiekbedryf na Covid

Die Namibiese musiekbedryf het soos alle ander bedrywe in die land en wêreldwyd die impak van die Covid-pandemie gevoel. Musikante wat hul inkomste deur musiekvertonings verdien het swaar gekry met konserte wat beperk was. Twee jaar later lyk dit of dinge na normaliteit terugkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die sangeres Dapheney Willibard, bekend as Oteya, gesels oor die huidige stand […]

Read More

So lyk die stand van sake met olifant-konflik

Mens-olifant-konflik is ‘n kwessie regoor Afrika waar die grootvoete voorkom en kan tot sterftes aan beide kante lei, asook olifante wat uit hul gebiede verdryf word. In Namibië is dit ook ‘n groot probleem veral in die noordooste en noordweste met olifante wat gereeld plase en nedersettings besoek op soek na kos en water, waar hulle heinings, damme en watertenke beskadig en landerye verwoes. Dit veroorsaak konflik tussen […]

Read More

Staatsamptenare eis verhoging van 8% vanjaar

Die Namibiese Onderwysersunie en die vakbond vir staatsamptenare Napwu het ‘n voorlegging vir salarisverhogings in die huidige en volgende boekjaar by die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien. Volgens wat berig word eis hulle ‘n 8 persent verhoging, 20 persent vir behuising vir personeel wat nie in bestuur is nie met 8 persent vir bestuurders. Vervoereise is […]

Read More

Otjozondjupa se gewasproduksie nie op standaard nie, reën bly weg

Kommer heers in die Namibiese landbou-sektor oor die reën wat wegbly, veral onder gewasboere wat vrees vir mis-oeste. In die verre Noorde het vloede gewasse verspoel en dan is daar gebiede in die land wat nog geen of min reën ontvang het en droogte in die gesig staar. In die mieliedriehoek sê boere as dit […]

Read More

BoN sê groei sal gemiddeld op 3% vanjaar bly

Die Bank van Namibië het sy ekonomiese vooruitsigte vir Maart 2023 bekend gemaak en sê die ekonomie sal met 3 persent vanjaar groei met 2,9 persent wat in 2024 verwag word. Dit is ‘n daling van die 4,2 persent verlede jaar. Die sentrale bank sê die groei sal aangedryf word deur diamantmynbou en volgehoue groei […]

Read More

Onthou, lasbrief-amnestie sluit einde Maart af

Bestuurders met uitstaande boetes en lasbriewe word daaraan herinner dat hulle net tot die einde van die maand het om dit te betaal. Die Namibiese polisie gaan geen genade toon as die amnestie-tydperk vir verkeersoortreders op 31 Maart verval nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeers-lasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te […]

Read More

Versekering – inkomste daal, eise terug na vlakke voor Covid

Doodseise by versekeringsmaatskappye is weer op vlakke soos in 2019, voor die Covid-19-pandemie begin het. Volgens verskeie lewensversekeringsmaatskappye het sakevolumes swakker as verwag presteer. Die uitvoerende hoof van Momentum, Hillie Meyer, is van mening die onlangse druk op die volume van verkope wek kommer. Hy sê ʼn verlaging in verdienste is die gevolg van ʼn […]

Read More

Aanlyn-veiling vir druiweplaas sluit vandag

Die Cape Orchard Company druiweplaas by Aussenkehr is gelys op ‘n dringende aanlyn-veiling omdat die maatskappy in likwidasie is. Die prys is op 84,85 miljoen Namibiese dollar vasgemaak en die veiling sluit vandag. In September 2021 het Dave Bruni en die Grape Alliance Management-maatskappy wat in likwidasie was, ‘n dringende aansoek in die hoërhof teen […]

Read More

Nehawu-staking plaas pasiënte in gevaar

Die DA sê die nasionale onderwys-, gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, gee blykbaar niks om dat die staking landwyd pasiënte en personeel se lewens in gevaar stel nie. Die voortslepende staking ontwrig steeds dienste by staatshospitale en berigte doen die ronde van geweld, intimidasie en pasiëntesorg wat daaronder ly. Die meeste hospitale wat geraak word, […]

Read More

Navo sê Bakhmut kan binne dae onder Russiese beheer wees

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie waarsku die Oekraïnse stad Bakhmut kan binne dae onder Rusland se beheer wees. Moskou se Wagner-huursoldaatgroep het gister beweer hulle het die oostelike deel van die stad ingeneem, maar Oekraïne ontken dit. Die hewige gevegte rondom Bakhmut is van die langdurigste en bloedigste sedert Rusland se inval meer as ‘n jaar gelede. […]

Read More