Ramaphosa sê gryslys-kwessie kry aandag

President Cyril Ramaphosa sê verbeterde bestuur sal help om verskeie lande, insluitende Suid-Afrika, van verhoogde monetêre strafbepalings vry te stel. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die nasionale woordvoerder van die Inkatha Vryheidsparty, Mkhuleko Hlengwa, het sy kommer oor Suid-Afrika se posisie op die gryslys geopper. Ramaphosa sê die Brics-lande sal daaraan werk […]

Read More

Pres. Geingob lewer staatsrede op 16 Maart

Die Namibiese Presidensie het aangekondig dat President Hage Geingob op Donderdag 16 Maart om half-drie die middag sy staatsrede in die parlement sal lewer. Die tema vir 2023 se staatsrede is die Jaar van Herlewing. Die Namibiese politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama gee sy vooruitsig vir die staatsrede.

Read More

Vermeende veediewe op Hochfeld-pad vasgetrek

Vermeende veediewe is op die Hochfeld-pad in die Okahandja-distrik vasgetrek. Die veediefstal-eenheid van Okahandja en Onyati het ‘n verdagte bakkie op die pad opgemerk, dit het omgedraai en is agterna gesit. Die voertuig is gestop en die bestuurder is in hegtenis geneem. Vier verdagtes het weggehardloop en die karkasse van drie beeste ter waarde van […]

Read More

SA is gasheer van 15de Brics-beraad

President Cyril Ramaphosa het bevestig Suid-Afrika sal as gasheer optree tydens die 15de Brics-spitsberaad vanaf 22 tot 24 Augustus. Die tema sal wees Brics vir Afrika, vennootskap vir wedersyds versnelde groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multilateralisme. Ramaphosa sê verskeie ander Afrika-leiers sal na die beraad genooi word. Ramaphosa het vandag tydens vraetyd in die parlement […]

Read More

Krieket: Bangladesj klop Engeland met ses paaltjies

Krieket: Bangladesj het Engeland met ses paaltjies geklop aan die begin van die T20-reeks van drie wedstryde. Die besoekers is in Chattogram tot 156 vir ses beperk met die kaptein, Jos Buttler, se 67 die hoogste telling. Al vyf Bangladesj se boulers het paaltjies geneem. Die gasheer het daarop die wenteiken bereik met nog twee […]

Read More

Skool vir blindes op Swakopmund beplan

Daar is ‘n reuse-tekort aan skole vir Namibiese leerders met gestremdhede. Daar word beplan om ‘n skool vir blinde en siggestremde leerders, Promised Land in Swakopmund te open. Volgens die woordvoerder van Promised Land, Michelle Wilson, word beplan om die skool op die laatste in Januarie volgende by Pro-Ed Akademie se kampus op Swakopmund te […]

Read More

Krieket Namibië moet geriewe opknap voor Wêreldbeker 2027

Krieket Namibië se mede-aanbieding van die 2027 Internasionale Krieketraad se Wêreldbeker-toernooi kan ‘n massiewe impak op Namibië se ekonomie hê. Dit kan egter slegs bereik word as die land se krieket-geriewe betyds opgegradeer word volgens IKR-standaarde, volgens die voorsitter Greg Barclay tydens sy onlangse besoek aan Namibië. Die IKR het in 2021 aangekondig dat Namibië […]

Read More

NSA maan teen sensus-slenter

Die Namibiese Statistieke-agentskap het gereageer op die fopnuus wat op sosiale media oor die nasionale sensus-werwing sirkuleer. Die agentskap sê geen vakatures vir die sensus-opname is nog geadverteer is nie. Die NSA waarsku die publiek teen swendelaars wat hul naam probeer misbruik en dat hulle nie die platforms of maniere wat deur die swendelaars gebruik […]

Read More

PDM: Pensioentoelae se verhoging ‘n druppel in die emmer  

‘n Parlementslid van die Popular Democratic Movement, Yvette Araes sê bejaardes en persone met gestremdhede in Namibië word nie as prioriteite in Namibië erken nie. Sy het in die Nasionale Vergadering tydens die begrotingsdebat gesê die pensioentoelae se verhoging van 100 Namibiese dollar per maand is ‘n druppel in die emmer. Araes sê maatskaplike toelaes […]

Read More

Zimbabwe gaan goeie tabak-oes hê

Zimbabwe se Tabakbedryf-bemarkingsraad sê produksie sal na verwagting in 2023 tot 230 miljoen kilogram styg ná afloop van goeie reën. Volgens die raadsvoorsitter, Patrick Devenish, beoog die tabakbedryf om vervaardiging teen 2025 tot 300 miljoen kilogram te verhoog. Die adjunkpresident van Zimbabwe, Constantino Chiwenga, het gesê tabak is een van die grootste uitvoer-verdieners in Zimbabwe. […]

Read More